Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -29 minutes ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Sterkte Verskoning Geert -2 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

Lag 'n slag

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ons bietjie lag oppie Maandag.

Smart car

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/10/2022 - 12:30

Wonder sommer of mens dit kan kry met 'n enkel vinger ook???

Dit sal dan wees vir gewone openbare paaie waar taxis beweeg

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 20/10/2022 - 13:24

Ek het nogal belang gestel in die "gadget" en toe gou gaan loer by "odditymall". Maar dit blyk dat jy net die programmatuur aankoop en met jou eie 3D-drukker moet uitdruk. En dit is bokant my vuurmaakplek.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 20/10/2022 - 14:28

Chris , kry vir jou n "Surgical" handskoen en vra vir Wessel om vir jou van sy speelgoed Silikoon aan te stuur. Dink net aan al die gebare wat jy kan giet met so handskoen. Die een vinger, die twee vinger, die duim tussen die vingers en so is daar n hele klomp wat jy op die Hilux se dashboard kan staanmaak. Tot n "mindae" vir die ou weermag manne.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/10/2022 - 14:40

Middag Herman

Net daar verloor jy my met die "mindae" teken.

Jy moet maar dit omskryf, of as dit rof en onbeskof is, maar whatsup. Ek bly vergeet om my woorde omsigtig te kies op die forum, kinders, dames, sensitiewe lesers en ou mense sonder jig.laugh

Tydens my diensplig jare, vind ons lot ouens van Necsa wat saam diensplig gedoen het, uit dat ons nie grens toe gestuur word nie, maar terug werk toe. Daar moes ons, ons diensplig voltooi in eie kommando by die nasionale sleutelpunt. Ons buig toe die bokoortjies op ons beret's nader aan mekaar en vorentoe. So sien die korporaal dit raak een oggend, en wil weet waarom. 

Deel hom toe mee dat ons huistoe gaan, en die bok luister vir die aankoms van die mindae trein. Pluk hy my beret van my kop af, en slaan die arme wapentjie moertoe van kwaadgeit.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/10/2022 - 15:50

Hello Willem

Hierdie is 'n toets om te sien of insette gelaai word.

Lyk of blad werk, maar daar is baie gesprekke/insette weg. Hoe lyk dit aan jou kant

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 20/10/2022 - 16:19

Is dit net ek en Wessel wat dié probleem gekry het ?

.

Ek en Wessel het op 'n nuwe gesprek lyn plasings gedoen en nou is dit net weg.

Sien die Oktober koffie gesprek is ook weg 🤷‍♂️?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/03/2023 - 14:05

....die Lifeboy model. Na twaalf ruik mens nie meer die "life" nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus