Laat ons bietjie lag oppie Maandag.
Wat van 'n 1-vinger
Wonder sommer of mens dit kan kry met 'n enkel vinger ook???
Dit sal dan wees vir gewone openbare paaie waar taxis beweeg
3D-drukker
Ek het nogal belang gestel in die "gadget" en toe gou gaan loer by "odditymall". Maar dit blyk dat jy net die programmatuur aankoop en met jou eie 3D-drukker moet uitdruk. En dit is bokant my vuurmaakplek.
Chris , kry vir jou n …
Chris , kry vir jou n "Surgical" handskoen en vra vir Wessel om vir jou van sy speelgoed Silikoon aan te stuur. Dink net aan al die gebare wat jy kan giet met so handskoen. Die een vinger, die twee vinger, die duim tussen die vingers en so is daar n hele klomp wat jy op die Hilux se dashboard kan staanmaak. Tot n "mindae" vir die ou weermag manne.
Mindae teken
Middag Herman
Net daar verloor jy my met die "mindae" teken.
Jy moet maar dit omskryf, of as dit rof en onbeskof is, maar whatsup. Ek bly vergeet om my woorde omsigtig te kies op die forum, kinders, dames, sensitiewe lesers en ou mense sonder jig.![]()
Tydens my diensplig jare, vind ons lot ouens van Necsa wat saam diensplig gedoen het, uit dat ons nie grens toe gestuur word nie, maar terug werk toe. Daar moes ons, ons diensplig voltooi in eie kommando by die nasionale sleutelpunt. Ons buig toe die bokoortjies op ons beret's nader aan mekaar en vorentoe. So sien die korporaal dit raak een oggend, en wil weet waarom.
Deel hom toe mee dat ons huistoe gaan, en die bok luister vir die aankoms van die mindae trein. Pluk hy my beret van my kop af, en slaan die arme wapentjie moertoe van kwaadgeit.
🤘 Is dit nie die mindae een…
🤘 Is dit nie die mindae een nie ? 🤷♂️
Toets van forum
Hello Willem
Hierdie is 'n toets om te sien of insette gelaai word.
Lyk of blad werk, maar daar is baie gesprekke/insette weg. Hoe lyk dit aan jou kant
Kampforum ???
Is dit net ek en Wessel wat dié probleem gekry het ?

Ek en Wessel het op 'n nuwe gesprek lyn plasings gedoen en nou is dit net weg.
Sien die Oktober koffie gesprek is ook weg 🤷♂️?
Die Boesman
Ek moes hierdie een aanstuur vir my familie WhatsApp-groep. ![]()
Myne is....
....die Lifeboy model. Na twaalf ruik mens nie meer die "life" nie.












Handige toestel vir die wildtuin