Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -2 minutes ago
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago

Manier van kampeer en kosmaak

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek begin die gesprek en hoop daar is nie reeds ene waarby ek kon aansluit nie. Na aanleiding van Chris S se pitza braaier, het dit my laat dink oor uiteenlopende idees van kosmaak tydens kampering.

Sit ek die afgelope week en kyk na my kampbure se gewoontes. Hulle maak omtrent vir alles vuur, van koffiewater in 'n swart ketel, of dalk moerkoffie, mieliepap, en roosterkoek maak.

Ons weer is kortpad verslaafdes. As daar elektrisiteit is, gebruik ons dit vir ketel en mikrogolf. Laasgenoemde vir opwarm van vooraf bereide bevrore kos en bykosse. Ook vir warm maak van oorskiet wors en tjops.

Ek maak vuur slegs vir braai, en sommer houtskool blokkies ook. 

Dan maak ons ruim gebruik van 12V ligte buite waar ons eet, kuier onder sytent, en by die braaiplek. Ek het my verkyk hoe die bure omtrent in donker aangaan met ou lanterntjies, en weinig kunsmatige ligte.

So verskil ons almal ten opsigte van wat lekker is, en manier van kampeer. Laat hoor of julle 1ste wereld kampeerders, of vervloë dae se kampeerders is.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 18/03/2023 - 12:40

Jou beskrywing van kosmaak tydens kampering is identies soos ons ook "operate".  Ek weet ongelukkig bitter min van kosmaak, maar ek kan darem ordentlik braai. (Maar ek verkies hout bo houtskool, behalwe in die Wildtuin wil ek tog nie die Kaapse Stomkop-kewer die Wildtuin indra nie.  As daar lekker droë hout in en om die Wildtuin te koop is, sal ek oorslaan na 'n hout-braaivuur.

Koffiewater word ook in 'n elektriese ketel gekook, maar wanneer daar nie krag is nie kook ons die water met ons fluit-ketel op gas).

Jy praat nie van ontbyt nie. Wat is nou lekkerder as 'n skottelskaar ontbyt met (ek verkies) roereier, gebraaide tamate en spek  -  en sommer daarby broodjies wat ook so gebraai word.

Ek verkyk my vir my volwasse kinders met hulle kookvernuf  wat hulle beslis nie by hulle pa geleer het nie.  Ons kinders kook ook graag soos jy beduie julle bure kook.  Ek hou veral van die brood bakkery, maar het dit nog nooit self probeer nie.

Ai, die kamplewe in al sy vorms bly darem maar lekker !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 18/03/2023 - 13:04

.... ons doen dit ook op die makliker manier. Vuur - in my geval brikette in 'n mini-Weber - is vir braai. Dalk sal daar soms 'n ui of patat, toegedraai in foelie, ook op die kole gaargemaak word, maar die res word op 'n stofie - hetsy elektries of gas - voorberei.

Ons braai bykans elke aand, maar ons is lief om in ons karavaan, by die eethoekie te eet. Vir ontbyt sal 'n eier of twee gebak word - ook op die stofie. Ek het dit voorheen ook genoem - ek kom nie reg met 'n skottelbraai nie. Daarom, as ons in die wildtuin by piekniekplek "brunch" geniet, neem ons die klein koffertjie gasstofie en 'n pan saam. Maar meeste van die kere neem ons sommer net padkos saam.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 18/03/2023 - 14:22

Op die vuur kosmaak is darem net te lekker.  Of dan "gadgets" wat met hout werk. Ons het n broodoondjie wat met warm kole gestook word. Ysterpot, Dutch oven" kan op n 3 poot vir n vetkoek of enige oond gereg ingespan word. Selfs eiers bak, spek braai word in die platboom ysterpot gedoen. n Kelly kettle wat kookwater maak waneer ons tentkamp in die bundus. Die karavaantjie het n klein Webertjie. Pasta en groente word op die binne stoof maak. Mikrogolf word net gebruik om te ontvries, ek hou nie van "ge-nukte" kossies nie, val net verkeerd by die gedagtes.

Die lekker is vir my die gewoel en gevroetel so om die vuurtjie. So af en toe rook in die oge kry, en dan die brandgevoel afsluk met n slukkie wyn. Hemels.

0
Pretoria

Geert

Sat, 18/03/2023 - 14:42

Ek is mal oor n vuurtjie. My aand etes tydens kampeer word sò beplan dat daar n vuur aangesteek mòèt word. Pizzas braai ons ook op vuur. Braai pie ook lekker afwisseling van gewone braai af. Eending wat ek nog nooit self gebraai het nie, is vis....ons is nie mal oor vis nie. Soms maak ons hele ontbyt ook op vuur....braai spek en worsies en toast brood op rooster, eiers word dan in pan op vuur gesit. Op beide fotos is ontbyte by Willemsrus

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/03/2023 - 15:22

Middag Geert

Daai braaiers by Willemsrus is darem wraggies netjies en in goeie toestand.

Ek bekyk jou rooster kos so, en word sommer lus vir ontbyt.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/03/2023 - 15:27

...waar val jy nou uit met "ge-nuke" te kosse. Ek het mos niks gerep van verrykte Uraan en stoomturbines nie.

Jis man, as ek so lees aan julle katoeters moet ons weer saam kampeer as dit nir reën nie. Dan kan ons so saambietjie rook in die oge kry, en dokter met paar slukkies wyne.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 21/03/2023 - 09:44

Gert is heel eerlik met sy ontbytsappie so langs die brekfisbraai. 

....................jy is darem skerp met jou waarneming.  Ek moes eers weer na die foto kyk om te sien na watter sappie verwys jy nou ! 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus