Ons is gereed om te vertrek op ons KNP trip. Dit gaan wees Krokodilbrug, dan Lower Sabie, dan Satara, dan Skukuza en laaste Berg en Dal.
Luiperd
Gister oppad terug van Nwanetsi picnic plek het ons teerpad terug gery. So 2km vanaf picnic spot kom n Sanparks Quantum bussie van teenoorgestelde rigting aan en begin vir ons flash en dui aan ons moet stop. Die man vra toe of ons luiperd gesien het. Ons sê toe nee....hy sê toe ons het so 200m terug verby een gery. Ons draai toe om en hy wys toe een in boom so 60m vanaf teerpad. Was nice van die man om te wys.
Foto
Leeus en welpies
Vanoggend weer die S100 probeer met min sukses. Ons het toe regs gedraai na Nwanetsi picnic plek. So 2km voor teerpad kry ons 2x wyfies en 3x welpies in die pad wat van die water drink in pad van reens wat laasnag geval het. Terwyl ons na hulle kyk, hoor ons n leeu brul in bosse....dit was toe n groot maanhaar so 200m aan
Soveel van....
....geluk met katte raakloop het ek nog nie beleef nie. Geert, jy moet tog die geheim deel, wat lok die katte pad toe as jy oppad is!!!
Dit blyk dat Satara sy naam gestand doen, dis leeu en luiperd wêreld om Satara.
Grap. Hy smeer rou bloed om…
Grap.
Hy smeer rou bloed om sy bakkie om die diere te lok![]()
Soos my kinders sal sê
Dis onregverdig! Mapstieks, dit moet ‘n rekord wees vir roofdier besigtigings in een besoek. Julle is vrek gelukkig!
Sjoe Geert,................
..............dis wonderlike fotos van die leeuwyfies en hulle welpies - baie dankie !
Been
Ons het gister oorgeskuif na Skukuza toe. My been het weer vreeslik opgeswel en gepyn. Ek moes pille kry vir bloedklonte. Oorspronklik was idee om Nelspruit Medikliniek toe te gaan, maar is gehulpe by Hazyview. Hier is dokter in Skukuza wat R750 vir n besoek vra, maar sal voorstel dat as mens moontlik mediese hulp gaan benodig, mens liewer by n kamp naby aan hospitaal of groter mediese instansies en apteke kampeer soos Berg en Dal
Skool tyd???
Middag Geert
Hoe is jy dan nog in die wildtuin? Het jy dan nie skoolgaande kinders nie, of tuisskool julle??
Dalk moet jy agter op die bakkie se klap sit as julle rondry. Sodoende kan jy jou bene lekker rondswaai.
Sterkte en ek hoop jy kom reg.
Skukuza- Geen katte
Ons het Sondag Skukuza toe gekom en sederdien geen katte gesien nie. Vandag egter die laaste dier gesien na 2 weke om Big5 lys vol te maak
Geert, pragtige foto van die…
Geert, pragtige foto van die twee. Stomp horings en al is hulle steeds majestueus!! Magties, jou geluk het geen einde of perke nie.
Geert, ek neem aan dat jy…
Geert, ek neem aan dat jy boek hou van jou kilometers gery binne die Wildtuin. Sal graag wil weet aangesien jy elke dag op roetes is. Geniet die laaste paar dae.
Ek raai.................
................Geert se wildritte in die Wildtuin sal ± 200km per dag wees. Ons het vriende wat gereeld in die Wildtuin kuier (kamp nie) en hulle ry elke dag van die môre tot (amper) die aand, klok dan daagliks 200km elke dag.
Gemiddelde km per dag wildritte
Jammer dat ons nou jou gesprekslyn oor julle heerlike Kruger wildtuin besoek besoedel Geert. Ek het sommer gedink om 200km ‘n dag op wildritte af te lê (n.a.v Oom Len se vriende wat dit doen) gaan mens werklik omtrent heel dag moet ry. Ek het daarom gou uitgewerk hoeveel het ons gemiddeld per dag gery tydens ons laaste besoek.
Ek het net die dae getel wat ons ‘n oggend- en middag rit gedoen het en nie tussen kampe geskuif het nie. Die gemiddeld was 86km per dag. Dis eintlik verder as wat ek gedink het, want by Shingwedzi het ons ‘n paar dae na mekaar net 13km op die S50 gevorder en daar kort stukkies agter bewegende leeus aangery voor ons terug is kamp toe. Ons was wel een dag Babalala toe van Shingwedzi af en Letaba toe van Tsendze af.
Nie vir hierdie ou nie
Ons het vriende wat gereeld in die Wildtuin kuier (kamp nie) en hulle ry elke dag van die môre tot (amper) die aand, klok dan daagliks 200km elke dag.
My gemiddelde afstand per dag is net meer as 90 km. Dit sluit wisseling tussen kampe in.
200km
Soos ons laasjaar gery het, is Len Loader reg. Maar dan ry ons 6am uit die kamp en kom eers sluiting tyd terug en vang net vinnig n middag ete. Die meeste wat ons op een dag laasjaar gery het was 240km, maar dan sluit dit heelwat roetes in waar diere skaars is waar mens basies dan maksimum spoed ry. Hierdie jaar het ons nog nie eenkeer voor 7h30 in die veld gegaan nie. Km ook heelwat minder laaste tyd oor been wat swel en pyn, maar is steeds veel meer as 100km n dag gemiddeld





Jagluiperd
Foto