Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -12 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -12 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -16 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -20 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -21 hours ago

Geert - KNP Trip 2023

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Ons is gereed om te vertrek op ons KNP trip. Dit gaan wees Krokodilbrug, dan Lower Sabie, dan Satara, dan Skukuza en laaste Berg en Dal. 

Pretoria

Geert

Sat, 22/07/2023 - 22:04

Vanmiddag oppad terug van Orpen was daar weer n jagluiperd wat gestap het langs teerpad. Was baie naby aan Satara want mens kon kamp in agtergrond gesien het. Daar was heelwat karre wat hom gevolg het. Mens kon hom ver volg want gras is baie kort daar. 

Sal later foto plaas van die 2 sightings

Foto

0
Pretoria

Geert

Sat, 22/07/2023 - 22:07

Gister oppad terug van Nwanetsi picnic plek het ons teerpad terug gery. So 2km vanaf picnic spot kom n Sanparks Quantum bussie van teenoorgestelde rigting aan en begin vir ons flash en dui aan ons moet stop. Die man vra toe of ons luiperd gesien het. Ons sê toe nee....hy sê toe ons het so 200m terug verby een gery. Ons draai toe om en hy wys toe een in boom so 60m vanaf teerpad. Was nice van die man om te wys.

Foto

0
Pretoria

Geert

Sat, 22/07/2023 - 22:11

Wyfie leeu so 3km op S126 vanaf Satara/Tshokwane teerpad gekry. Sy was pragtig mooi en dikkerig en net heeltyd daar gelê en brul. Iemand sê dat sy moontlik binnekort welpies gaan kry.....kan dit nie bevestig nie.  

0
Pretoria

Geert

Sat, 22/07/2023 - 22:17

Vanoggend weer die S100 probeer met min sukses. Ons het toe regs gedraai na Nwanetsi picnic plek. So 2km voor teerpad kry ons 2x wyfies en 3x welpies in die pad wat van die water drink in pad van reens wat laasnag geval het. Terwyl ons na hulle kyk, hoor ons n leeu brul in bosse....dit was toe n groot maanhaar so 200m aan

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 23/07/2023 - 07:32

....geluk met katte raakloop het ek nog nie beleef nie. Geert, jy moet tog die geheim deel, wat lok die katte pad toe as jy oppad is!!!

Dit blyk dat Satara sy naam gestand doen, dis leeu en luiperd  wêreld om Satara.

0
Pretoria

Geert

Mon, 24/07/2023 - 14:27

Ons het gister oorgeskuif na Skukuza toe. My been het weer vreeslik opgeswel en gepyn. Ek moes pille kry vir bloedklonte. Oorspronklik was idee om Nelspruit Medikliniek toe te gaan, maar is gehulpe by Hazyview. Hier is dokter in Skukuza wat R750 vir n besoek vra, maar sal voorstel dat as mens moontlik mediese hulp gaan benodig, mens liewer by n kamp naby aan hospitaal of groter mediese instansies en apteke kampeer soos Berg en Dal 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/07/2023 - 14:31

Ek hoop die been word gou beter, en dat verdere behandeling nie nodig is nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/07/2023 - 15:57

Middag Geert

Hoe is jy dan nog in die wildtuin? Het jy dan nie skoolgaande kinders nie, of tuisskool julle??

Dalk moet jy agter op die bakkie se klap sit as julle rondry. Sodoende kan jy jou bene lekker rondswaai. laugh Sterkte en ek hoop jy kom reg.

0
Pretoria

Geert

Tue, 25/07/2023 - 17:40

Hoe is jy dan nog in die wildtuin? Het jy dan nie skoolgaande kinders nie, of tuisskool julle??

Nee, het nie meer skoolgaande kinders nie. My seun swot en hulle vakansie is 9-30 Julie

0
Pretoria

Geert

Tue, 25/07/2023 - 17:43

Ons het Sondag Skukuza toe gekom en sederdien geen katte gesien nie. Vandag egter die laaste dier gesien na 2 weke om Big5 lys vol te maak

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 26/07/2023 - 05:36

Geert, ek neem aan dat jy boek hou van jou kilometers gery binne die Wildtuin. Sal graag wil weet aangesien jy elke dag op roetes is. Geniet die laaste paar dae.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 26/07/2023 - 09:49

................Geert se wildritte in die Wildtuin sal ± 200km per dag wees.  Ons het vriende wat gereeld in die Wildtuin kuier (kamp nie) en hulle ry elke dag van die môre tot (amper) die aand, klok dan daagliks 200km elke dag.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 26/07/2023 - 11:52

Jammer dat ons nou jou gesprekslyn oor julle heerlike Kruger wildtuin besoek besoedel Geert. Ek het sommer gedink om 200km ‘n dag op wildritte af te lê (n.a.v Oom Len se vriende wat dit doen) gaan mens werklik omtrent heel dag moet ry. Ek het daarom gou uitgewerk hoeveel het ons gemiddeld per dag gery tydens ons laaste besoek.
 

Ek het net die dae getel wat ons ‘n oggend- en middag rit gedoen het en nie tussen kampe geskuif het nie. Die gemiddeld was 86km per dag. Dis eintlik verder as wat ek gedink het, want by Shingwedzi het ons ‘n paar dae na mekaar net 13km op die S50 gevorder en daar kort stukkies agter bewegende leeus aangery voor ons terug is kamp toe. Ons was wel een dag Babalala toe van Shingwedzi af en Letaba toe van Tsendze af. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 26/07/2023 - 12:13

Ons het vriende wat gereeld in die Wildtuin kuier (kamp nie) en hulle ry elke dag van die môre tot (amper) die aand, klok dan daagliks 200km elke dag.

My gemiddelde afstand per dag is net meer as 90 km. Dit sluit wisseling tussen kampe in.

0
Pretoria

Geert

Wed, 26/07/2023 - 15:03

Soos ons laasjaar gery het, is Len Loader reg. Maar dan ry ons 6am uit die kamp en kom eers sluiting tyd terug en vang net vinnig n middag ete. Die meeste wat ons op een dag laasjaar gery het was 240km, maar dan sluit dit heelwat roetes in waar diere skaars is waar mens basies dan maksimum spoed ry. Hierdie jaar het ons nog nie eenkeer voor 7h30 in die veld gegaan nie. Km ook heelwat minder laaste tyd oor been wat swel en pyn, maar is steeds veel meer as 100km n dag gemiddeld 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus