Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -3 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Daar is twee!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek gaan nie veel verduidelik nie en sal maar die foto toelaat om die storie te vertel...

2

Vaalpark

Johann L

Wed, 02/08/2023 - 13:25

Baie geluk met die tweeling op pad, hoop die ses Loutjies gaan 'n heerlike lewe saam geniet. Dalk twee dogtertjies.

As ek na die foto kyk, lyk dit my of ek verstaan die datum verkeerd, of dit is 'n sci fi foto, die datum sê,19/02/2024 en 21/02/24, 

Of is dit nou die geskatte geboorte datums van elkeen?

Verskoon tog my stupitgeid, onthou ek was lank voor die sonars se tydwink

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 02/08/2023 - 13:35

Dankie Johann.

Dit is geskatte datums vir elkeen gebasseer op hulle lengte wat op die sonar gemeet was.

Die dokter het al oor die 16 000 babas gevang en hy sê dit lyk vir hom of dit 2 dogtertjies kan wees.   Blykbaar die klein lyntjies wat alreeds aan die onderkant gesien kan word.

Ek was verwar toe hy begin met die sonar en ek sien wat lyk soos 2 koppe.  Na die 2 ontdek is kon ek sien die dokter krap nog rond.  Ek het toe vir hom gegsê hy moet asseblief ophou krap, want netnou kry hy nog een smiley

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/08/2023 - 14:05

Middag Anton

Mag dit net goedgaan met die swangerskap. 

Daarna kom die sterkte gedeelte, met die grootmaak van 4 kinders. Eersre groot uitgawe is die stootwaentjie en derglike dinge. Die kleinere uitgawes soos 'n 7-sitplek SNV kom darem effe later.laugh

0
Pretoria

Geert

Wed, 02/08/2023 - 14:18

Baie geluk Anton! Sterkte met die swangerskap tydperk, vertrou alles sal voorspoedig verloop. Die 2x seuns is seker ook baie opgewonde?

Ns. Ek het hierdie karavaan op Gumtree gesien....moontlik stel jy belang? 😆🤣

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 02/08/2023 - 14:27

Dankie Hennie en Wessel.

Wessel die stootwaentjie pla my min en ek het alreeds 'n 8 seater (dankie tog)  -  ek is bekommerd oor al die doeke  en my huis wat te klein is...

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 02/08/2023 - 21:15

Haha, jy moet baie sterk oë hê om daai prentjies te kan uit maak, ek dink dit lyk soos 'n maanlandinglaugh

Ernstig, baie bly vir julle as dit dogtertjies is, wed daai twee boeties gaan hulle soos prinsessies behandel.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 02/08/2023 - 22:33

.................met die tweetjies in wording.  Die kamplewe gaan nou drasties aangepas moet word want minimalisties kamp is nou vir die voëls !

0
Worcester

Wildehont

Thu, 03/08/2023 - 06:44

Geluk julle! Toe ons uitvind Kara is ‘n dogtertjie was ek aanvanklik nogal skrikkerig. En na sy gebore is was dit ‘n aanpassing want ek was gewoond aan seuntjie gereedskap as dit by bad en doeke gekom het. Maar ‘n dogtertjie (of twee) is ‘n groot seën vir ‘n pappa. 

0

Baie geluk Lolla en Anton. Dis 'n groot geskenk. Alle voorspoed vir julle.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 17/08/2023 - 10:11

Gister was ons 2de besoek en sonar by die dokter en die 2tjies staan nou op 13 weke en so 71mm.

Nêk velletjies is lekker dun en neusbeentjies lyk reg.  Hartklop en bloedvleoi deur hulle hartjies is als reg.  

Ek probeer nogsteeds my kop reg kry vir hierdie gedoente wat voorlê.     Die grootste uitdaging is om te besluit watse bank om te gaan beroof sonder om gevang te word.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/08/2023 - 10:55

Môre Anton

Onse Vader deel sulke geskenke uit aan persone wat dit kan hanteer. Julle sal kan regkom. 

Soms  gaan dit lol, maar met goeie finansiële vroegtydige beplanning, sal julle regkom. Gesels met goeie makelaar, dalk is daar beter beleggings opsies beskikbaar, as die outydse kinderpolisse.

Dankbaar dat die rakkers gesond is.  

0
Worcester

Wildehont

Thu, 17/08/2023 - 11:30

Ek koop vir ons twee kinders elke maand effektetrusts. Dis wat my makelaar voorgestel het as spaar meganisme vir hulle studies. Skoolfondse moet maar uit die sak uit kom. Gelukkig is dit net meer as die koste van een 90l tenk petrol vir die Prado per maand. Die effektetrusts kos aansienlik meer. 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 23/08/2023 - 19:16

Dankie Shaun.      Skuus ek antwoord nou eers.   Ek is so besig om huis op te ruim en plek te maak vir nog 2 kinders dat ek nie kans kry om hier te loer en skryf nie.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 22/09/2023 - 20:00

Julle, my vrou se pens swel nou vreeslik en sy is nou eers 4 maande swanger.

Ons was Dinsdag weer by die dokter vir sonar en afmetings gepaard met wiskundige formules om seker te maak dat produksie nog in spesifikasie is.   Dinge lyk heel goed en toleransies is lekker laag.

Die dokter sê alhoewel dit nog teoreties te vroeg is om met sekerheid te sê,  hy wel glad nie enige teken van knaters sien nie en dat dinge baie pienk lyk!  Ek onthou met ons seuns se swangerskappe kon 'n mens glad nie die veregroeisels wat seuns identifiseer miskyk nie, maar hierdie keer is daar niks nie.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus