6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -31 minutes ago
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
URC Springbok rugby Geert -2 hours ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -4 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -5 hours ago

Daar is twee!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek gaan nie veel verduidelik nie en sal maar die foto toelaat om die storie te vertel...

2

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/01/2024 - 10:05

Baie jammer om van hierdie terugslag te hoor.  Baie sterkte vir julle albei.

Van kolon-probleme weet ek gewis, dis erge pyne en as daar lekkasies is, is dit 'n ernstige saak.  Gelukkig is sy reeds onder mediese sorg en kon dadelik hulp kry.  Ek is oortuig daarvan sy sal volkome herstel.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 09/01/2024 - 12:51

Hallo.     Jonika word moontlik vanmiddag geskuif vanuit High Care na 'n gewone kamer - so dit is goeie nuus.       Ons bid dat sy van die trauma kan herstel.

Baba's doen goed onder hulle prem omstandighede.  Altwee haal nou vrylik asem sonder enige suurstof. 

Ek voel bietjie moeg en moet myself mooi passeer sodat ek die momentum kan behou.

Môreoggend gaan haal ek die 2 latte op Pienaarsrivier sodat hulle huistoe kan kom en begin regmaak vir skool wat volgende week weer begin.

Potentiële kliente bel my - ek probeer tyd maak daarvoor en kla glad nie vir geleenthede om besigheid in te bring nie.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 13/01/2024 - 20:44

Die tweeling is vandag 12 daggies oud.    

Hierdie foto's was Donderdag namiddag geneem toe ons almal vir die eerste keer saam was.

1

2

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 13/01/2024 - 20:48

..................dankie ! Gesinnetjie van 4 is nou 'n gesin van 6 !  Bly om te sien Jonika is op die been na die kolon-probleem.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/01/2024 - 06:06

Môre Anton

So bly dat alles goed afgeloop het. Kyk ek reg, is elke dogtertjie in haar eie kassie? Dit lyk vir my so,as ek na die kleure van die mussies kyk. 

Vir een of ander rede het ek gedink die 2-ling sal saam in 'n kassie wees.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 14/01/2024 - 06:36

Wonderlik om almal met glimlagte op die gesig te sien !!. Die twee boeties gaan lekker pop speel met hulle kleìn sussies.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 14/01/2024 - 06:54

Môre Anton, ons is baie dankbaar dat dit beter gaan, en bid vir volkome herstel van Jonika en die tweeling, mag die Heer die geneeshere rig🙏

Baie mooi fotos, dankie dat jy dit ons deel.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 24/01/2024 - 14:46

Bennanta sê hulle is pragtig, en groete vir Jonika.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 24/01/2024 - 14:49

Al wat hulle doen is melk verwerk, slaap en poef!   En dan so nou en dan huil hulle vir melk.

Ek het darem al 'n hele paar poefdoeke geruil vir die oulike goedjies.    Anja nou 1.65kg en Jana 1.35kg

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 25/01/2024 - 06:43

Baie dankie vir die opdatering. Hulle het darem al lyfie gekry. Word nou mooi groot. (alhoewel nog bitter klein). Hoe gaan dit nou met Jonika?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus