So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.
Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.
By ons dogter aangekom en ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier.

Fantasties Jan.................
..............wens dit was ek ! Ons het lanklaas 'n renoster gesien ten spyte daarvan dat ons laas lekker daar in die suide van die Wildtuin gekuier het. Plaas 'n bietjie 'n foto van julle kampplek in Skukuza asb.
Lekker ou Jan
naand Jan
Na aanleiding van die openbaring van jou ouderdom, sal jy seker die woordspeling oorsien.
Genugtig man, jy het omtrent huis opgeslaan daar onder die boom. Julle is wraggies fluks, met so 'n groot wa, sal ek so min as moontlik opslaan.
Ten minste het julle lekker koelte, mits jou stert nie WES front nie.
Laat rol maar die fotos en verhale, dan kan ons darem saam lekker kamp.
Interessant Jan,....................
............slaan julle altyd die voltent op en hoeveel dae staan julle daar in Skukuza ?
Voltent. Len, ons staan…
Voltent.
Len, ons staan vir 20 nagte in Skukuza. Is al waar ons vir so lank kon plek kry. Het besluit dat ons nie weer gaan rondtrek nie en dus die voltent. Vir korter staan sal ons net die awning wat aan die anderkant van die wa opgerol is, voor aansit.
Laasnag het iets - vermoed dit is 'n ratel- wat ons al voorheen hier gekry het - ons waeco vrieskassie oopgemaak en melk uitgedrink en biltong halfpad opgevreet. Sal nou maar met 'n band vasmaak.
Wessel, ons het spesiaal die ekstra tent gekry vir wanneer ons lankkamp. Was veral gerieflik met die reëntjie wat heelnag lekker geval het.
Darem nie alles nie
Bedagsame ratel wat darem net helfte van die biltong gevreet het. Is daar tekens dat dit ‘n dier was? Hopelik is dit nie ‘n aap wat regop loop nie.
Met ons laaste besoek aan Onrus ‘n jaar gelede, was daar ‘n Afrikaanse kampeerder wat by ons wa kom snuffel het. Hy het nie geweet ek was nog wakker nie, en was baie verbouereerd toe hy in my vasloop. Daar het wel ‘n kopliggie, en om een of ander rede ‘n slotjie weggeraak daardie aand nadat ek gaan slaap het.
Geniet julle tyd daar in die natuur!
Voltent se dak
Môre Jan
Ryg julle elke keer die voltent se dak in? Indien nie, en dis ook opgerol, sal ek dit as "awning" gebruik, in plaas van die ander ene afhaal en links kom opsit. Gebruik die regterkant dan sommer om die trokkie onder te bêre.
Jy kan mos die sykant en voor-panele modulêr aanrits aan die voltent-dak.
Ekskuus ek lees nou weer jou inset. Julle sit met kort stane die "awning" voor aan julle voltent, in plaas van die 2de eksta voltent.
Ons kamp vir kort droë tye net met tent se dak en dalk sypanele soos nodig om son/wind te keer.
Ek sal maar nie met my plakkershut naby julle fancy kampeerders kom kampeer nie. Ek dink daar is 'n munisipale regulasie wat dit verhoed![]()
Deel van ...
Laasnag het iets - vermoed dit is 'n ratel- wat ons al voorheen hier gekry het - ons waeco vrieskassie oopgemaak
.... die wildtuin-opwinding - alhoewel dit nie lekker is as sulke dinge gebeur nie.
Ons geniet dit om bobbejane en ape se manewales in die veld dop te hou. Maar as die helsempies by my karavaan kom kwaad doen is sommer die bliksem in. In die Karoo Nasionale Park het die ystervark sommer my koelsak (gelukkig leeg) weggedra. Ek was glad nie beïndruk nie, want die betrokke koelsak het nogal sentimentele waarde gehad.
Ek maak ook maar soos Wessel - my Snomaster vrieskas word met twee slotjies gesluit.
Ons vrieskassie word ook...............
.................maar altyd met 'n slotjie gesluit en met 'n ketting aan die karavaan-wiel vasgesluit.
(So 'n klein slotjie, nie op die foto nie, beteken nie veel vir 'n mens-skelm nie, maar tog vir 'n verbyloop skelm en vir diere).

Kruger bly maar lekker.,…
Kruger bly maar lekker.,.............................................
Baie lekker koel weer en goeie wild besigtiging. Gister leeu mannetjie en wyfie gesien wat eenkant besig was om te paar. Rooibok in boom gesien wat nog nie aangeeët is nie maar nie die kat nie.
Vandag twee wilde honde in die pad met twee haienas agterna. Hulle vir omtrent 3km gevolg - slegs ons alleen - en die volgende oomblik is daar drie leeuwyfies voor in die pad wat vir hulle lê en wag.
By Tshokwane gaan ontbyt maak en met ons terugkeer weer wildehonde gesien by die afdraai na Onder Sabie. Veld is pragtig groen en meeste van die paaie is aan die eenkant voorbranding gedoen.
Ook weer renoster gesien oppad terug. Wat nogal skaars is, is widebees en buffels. Zebras ook min.
Kruger was nog altyd lekker maar omdat niks ons jaag nie en baie tyd het geniet ons dit baie meer.
Dankie Jan, .................
..............net wat ek nodig het om ons twee weke kampering in Skukuza in Mei 2024 te regverdig. Ons het 'n lekker rustige tydperk in die Wildtuin nodig om ons gesondheids-probleme van die afgelope paar jaar in die bed te sit.
Dankie vir die fotos en mooi wedervaringe wat julle gehad het.
Lees eerder hier
Hierdie behoort die gewildste gesprekslyn op die Kampforum te wees tans. Ek is saam met julle bly (en bietjie jaloers) dat julle sulke goeie wild en interaksie tussen wild te sien gekry het.
Die Suide van die wildtuin is maar die beste vir wildbesigtiging. Buite seisoen is dit duidelik nog paradys soos julle ervaring om alleen met die diere te wees getuig. Ongelukkig is ons beperk tot skoolvakansies en dan wil ek nie verder Suid as Satara beweeg nie. Hopelik kry ons weer kans oor 12 jaar as ons gespaar bly.
Geniet die rus en mag julle geluk so goed bly!
Hou van die naam " Lekker ou…
Hou van die naam " Lekker ou Jan". En dit lyk of Jan ń man is wat kan. Flip 20 dae en dan nog so paar maande by kan net lekker wees.
Geniet die lekker toer, en stuur maar die fotos en vertellings asb. Groete.
Skukuza temperatuur…
Skukuza temperatuur..........................................
was gister 39grade en ek het die mense met net tente jammer gekry. Ons Waeco yskas staan onder die tent en alhoewel ek die silverseil oorgetrek het het hy gesukkel. Dankbaar vir die koelte en lugversorger. Die kamp bly redelik vol.
Wild is nogal volop en ons het nou twee keer luiperd net gemis en is hulle agter bosse in. Kan net die stert sien wat vlieë wegwaai.
Woensdag ry ons die Salitje grondpad na Onder Sabie en dit klink of ek roomys verkoop so raas dit onder die Ford. As ander voertuie ons nader stop ek uit skaamte en die mense dink ek is baie ordentelik. By die kamp loer ek onder en sien die een bout van die beskermingsplaat onder die enjin is los. Maak hom mooi vas en toe is my ordentlikheid ook verby.
Gisteraand die Bokke by die trein restaurant gekyk en dit was gepak met mense. Baie lekker gees gewees en ons was maar stil vir 70minute. Toe ontplof alles.
Verder kuier ons heerlik hier op die plaas. 
Netjiese buffel
Middag Jan
Dit is 'n pragtige buffel met mooi horings. Hoeveel van die groot 5 het julle nou al gekry.? Seker darem al almal.
Innige simpatie met hitte, laat jy die aircon die tent ook koudmaak, of slegs die woonwa.
Nou verstaan ek waarom al die Rangers stilstaan as ek in wildtuin hulle nader. Ek dog dis omdat die mense net beleefd is teenoor my hoedjie.![]()
Hoe gaan dit in die paradys?
Ek glo julle geniet nog julle uitspan daar in die wildtuin se hoofstad. Ek sou wat wou gee om nou daar te wees, selfs in die hitte.







Arriveer in Skukuza…
Arriveer in Skukuza...........................................
Vanoggend vroeg weg in die reën vanaf Nelspruit en was net na 7uur in by Malelane hek.
Lekker misreentjie en net 3 minute in die Kruger toe sien ons renoster en buffel. Gelukkig het die reën ons tyd gegee om die tent op te slaan. Reën saggies nou en voorspelling is dat dit 19h00 sal ophou maar ons gee nie om nie want rooiwyn doen sy ding.
Res van die week voorspel warm dae.