Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -8 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -9 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 16/10/2023 - 16:28

FAAAAAAIT, waar is Spekkies

n Klein onderbroek is nie te erg nie.  Myne het gate.devil   Ek het gedink ou Wildehont gaan byt aan my brief inset oor die Bokke.  Hy like sy Bokke.  Hou baie van sy insette

Ek was al 100de name genoem in hierdie topic.  Soms sleg, beledigend, soms lekker spot name wat ek oor lag as goed.  Aan my kant is daar is nie plek vir n dun velletjie nie.  

Op n tyd het ek ook ander begin name noem en dan is hulle ongelukkig.  Ek staan ook skuldig.  Miskien het ek dit te ver gevat.  Ek vra onverskoning as ek op jou tone trap en dit maak seer. 

Alles net omdat ek n ander span ondersteun.   Ek trek baie been en spot soms ook om lewe te blaas aan hierdie stil forum.  Rugby is n sport.  Ek gaan ongelukkig wees as my span verloor maar iemand se span moet verloor en iemand sin wen.  Twee weke na die final is alles weer normaal.  Dis die lewe.  Daar is ernstiger goed wat gebeur in Israel.  

Faaaait oor

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/10/2023 - 07:05

Ek sien 'n gelykop telling gaan as volg hanteer word, indien julle ook vergeet, gewonder het;

1] spanne speel 20 min ekstra, ruil kante na 10 minute, met 5 minute rus tussenin

2] indien gelykop, dan verdere 10minute "sudden death". Eerste span wat punte aanteken, die wen.

3] indien die periode sonder enige punte verby is, word wedstryd beslis met doelskoppe. Elke span stuur 5 spelers op die veld, wat dan van sekere posisies af moet pale toe skop. Elke speler mag 1 maal skop.

Ai tog, wie kan skop behalwe Pollard????

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/10/2023 - 08:01

Môre Groot G

Ek het eintlik bedoel wie kan raak/oorskop. Die hele span kan skop, party kan egter nie eers gatskop nie.devillaugh

0
Worcester

Wildehont

Tue, 17/10/2023 - 08:06

Ek het gedink ou Wildehont gaan byt aan my brief inset oor die Bokke. 

Nee, die hond gaan nie weer byt nie. Politiek gee my sooibrand. 
 

Ek kyk gisteraand ‘n kort video waar Rassie gevra word of die skrum wat ons Sondag van ‘n skoonvang af gekies het vooraf beplan was. Ek het ook gewonder, want Willemse het nie eers ons kaptein gevra nie, net aangedui ons wil skrum. Hy beaam dit toe, en sê toe ons laas teen hulle gespeel het was die Franse nie lief vir skrum nie terwyl ons is. Afgesien daarvan, was dit ‘n strategiese aksie. 
 

As ons die vryskop gevat het, was dit die Franse se lynstaan en gee jy net vir hulle besit terug nadat jy bietjie verligting gekry het. Deur te skrum behou jy besit, en na ons besluit om te skrum het hulle minder geskop of nie weer so diep geskop nie. Ek moet erken, ek het nie eers geweet dis ‘n opsie nadat ‘n merk gevang is nie. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 17/10/2023 - 10:29

Van die manne, oa Wessel, was seker nog te jonk om die 1995 wêreldbeker eindstryd teen die All Black's te onthou. Dít was n naelbyter, en al die punte in die game was net skoppe, nie een drie nie. Joel Stransky sou n MBE gekry het as ons nog n Unie was.

0
Pretoria

Geert

Tue, 17/10/2023 - 11:09

Ek sien 'n gelykop telling gaan as volg hanteer word, indien julle ook vergeet, gewonder het;

Dankie vir info Wessel. Sal nogals opwindend moet wees om n doelskop beslissing te moet ervaar. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/10/2023 - 11:10

... dankie vir die kompliment "te jonk vir 1995". In daardie jaar het ek al toentertyd se volk en vaderland gedien en neutrone getel by SAFARI-1.

So 'n mooi afkorting vir;

South Africa Fundamental Atomic Research Installation, nr 1

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/10/2023 - 11:21

al slim goete soos neutrontellers beskikbaar. Dan pleeg jy beter statistiek as deesdae, en kom by 'n redelike antwoord uit.laugh

Onder andere het ons Kobalt bestraal, dan tel mens weer die stukkie kobalt se radio-aktiwiteit [gamma strale]. Dan maak mens 'n sommetjie, gebaseer op die waarskynlikheid dat die aktivering sal gebeur, en dan weet mens baie akkuraat hoeveel neutrone die kobalt getref het.

Ai man, hoe verlang ek nou om op SAFARI te gaan.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 17/10/2023 - 11:41

... ek verstaan f met 'n kol waarvan jy praat. Maar soos Nataniël se ouma (volgens hom) blykbaar gesê het: "Ouma verstaan niks wat jy doen nie, maar dis vir ouma mooi. Gaan net so aan".

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/10/2023 - 11:57

....sal ek niks weet as jy en ander oor julle forte's begin skryf nie. Gelukkig verstaan ons 'n menige ander goete tesame.

  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus