Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Skerp Wildehont. Jy het my…
Skerp Wildehont. Jy het my met hierdie een. Hy tref
Hehehehe ou Spekkies. Oom…
Hehehehe ou Spekkies. Oom Skerpioen, ken jy vir Spekkies?
Als in goeie gees, alhoewel ek partykeer ook maar 'n eelt raaktrap
As ek doen, sorry.
Opreg jammer as ek jou tone…
Opreg jammer as ek jou tone trap.
Ou Spekkies en ek was tjomme op CP. Hy het n skerp sin vir alles gehad. Wonder waar is hy.
Dan behoort ek en jy baie…
Dan behoort ek en jy baie goed oor die weg te kom![]()
![]()
Gelykop hantering
Ek sien 'n gelykop telling gaan as volg hanteer word, indien julle ook vergeet, gewonder het;
1] spanne speel 20 min ekstra, ruil kante na 10 minute, met 5 minute rus tussenin
2] indien gelykop, dan verdere 10minute "sudden death". Eerste span wat punte aanteken, die wen.
3] indien die periode sonder enige punte verby is, word wedstryd beslis met doelskoppe. Elke span stuur 5 spelers op die veld, wat dan van sekere posisies af moet pale toe skop. Elke speler mag 1 maal skop.
Ai tog, wie kan skop behalwe Pollard????
Ai tog, wie kan skop behalwe…
Ai tog, wie kan skop behalwe Pollard????
Faf, Manie, Cheslin, en Frans Malherbe (ek twyfel egter of dit gaan oor wees) Skuus Frans.
Raakskop !!!
Môre Groot G
Ek het eintlik bedoel wie kan raak/oorskop. Die hele span kan skop, party kan egter nie eers gatskop nie.![]()
![]()
Politiek en ‘n slim afrigter
Ek het gedink ou Wildehont gaan byt aan my brief inset oor die Bokke.
Nee, die hond gaan nie weer byt nie. Politiek gee my sooibrand.
Ek kyk gisteraand ‘n kort video waar Rassie gevra word of die skrum wat ons Sondag van ‘n skoonvang af gekies het vooraf beplan was. Ek het ook gewonder, want Willemse het nie eers ons kaptein gevra nie, net aangedui ons wil skrum. Hy beaam dit toe, en sê toe ons laas teen hulle gespeel het was die Franse nie lief vir skrum nie terwyl ons is. Afgesien daarvan, was dit ‘n strategiese aksie.
As ons die vryskop gevat het, was dit die Franse se lynstaan en gee jy net vir hulle besit terug nadat jy bietjie verligting gekry het. Deur te skrum behou jy besit, en na ons besluit om te skrum het hulle minder geskop of nie weer so diep geskop nie. Ek moet erken, ek het nie eers geweet dis ‘n opsie nadat ‘n merk gevang is nie.
Joel Stransky se skepskop in ekstra tyd.
Van die manne, oa Wessel, was seker nog te jonk om die 1995 wêreldbeker eindstryd teen die All Black's te onthou. Dít was n naelbyter, en al die punte in die game was net skoppe, nie een drie nie. Joel Stransky sou n MBE gekry het as ons nog n Unie was.
Dankie Wessel
Ek sien 'n gelykop telling gaan as volg hanteer word, indien julle ook vergeet, gewonder het;
Dankie vir info Wessel. Sal nogals opwindend moet wees om n doelskop beslissing te moet ervaar.
Soos die onlangse sensus?
neutrone getel
Hoe tel jy goed wat jy nie kan sien nie? Raai jy soos met die sensus?
Daar was darem...
al slim goete soos neutrontellers beskikbaar. Dan pleeg jy beter statistiek as deesdae, en kom by 'n redelike antwoord uit.![]()
Onder andere het ons Kobalt bestraal, dan tel mens weer die stukkie kobalt se radio-aktiwiteit [gamma strale]. Dan maak mens 'n sommetjie, gebaseer op die waarskynlikheid dat die aktivering sal gebeur, en dan weet mens baie akkuraat hoeveel neutrone die kobalt getref het.
Ai man, hoe verlang ek nou om op SAFARI te gaan.
Net so....
....sal ek niks weet as jy en ander oor julle forte's begin skryf nie. Gelukkig verstaan ons 'n menige ander goete tesame.
ek verstaan f met 'n kol…
ek verstaan f met 'n kol waarvan jy praat
Ja, stem oom Chris, hier word nou groot woorde gebruik.
2x WB wedstryde teen Engeland
Saterdag word daar 2x wêreldbeker wedstryde teen Engeland gespeel....krieket en rugby





FAAAAAAIT, waar is Spekkies …
FAAAAAAIT, waar is Spekkies
n Klein onderbroek is nie te erg nie. Myne het gate.
Ek het gedink ou Wildehont gaan byt aan my brief inset oor die Bokke. Hy like sy Bokke. Hou baie van sy insette
Ek was al 100de name genoem in hierdie topic. Soms sleg, beledigend, soms lekker spot name wat ek oor lag as goed. Aan my kant is daar is nie plek vir n dun velletjie nie.
Op n tyd het ek ook ander begin name noem en dan is hulle ongelukkig. Ek staan ook skuldig. Miskien het ek dit te ver gevat. Ek vra onverskoning as ek op jou tone trap en dit maak seer.
Alles net omdat ek n ander span ondersteun. Ek trek baie been en spot soms ook om lewe te blaas aan hierdie stil forum. Rugby is n sport. Ek gaan ongelukkig wees as my span verloor maar iemand se span moet verloor en iemand sin wen. Twee weke na die final is alles weer normaal. Dis die lewe. Daar is ernstiger goed wat gebeur in Israel.
Faaaait oor