Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
arrogante donner Gelukkig…
arrogante donner
Gelukkig is daar nie baie mense op die forum nie. Ek gee my kontak nommer gewoonlik net vir All Blacks uit maar as iemand my graag wil bel is julle welkom. Ek sal 'n uitsondering maak vir 'n paar ou Bokkies. Sal graag ook help met huweliks probleme teen 'n paar sent in die sak.
As jy baie huil hou dit maar kort.
0AGT3393oDrie00 Vriendelike Groete Gert Viljoen Alais Zack Alias Skerpioen. Chris jy is welkom om te bel, Jy sal sien ek is einlik "OK" of ten minste hoop ek so.
Gelukkig is die WB net elke vier jaar.
Stout kind
Ek het lankal agtergekom Mnr Viljoen is lief daarvoor om mense se kettings te trek. Moenie dat hy julle ontstig nie. Mense wat vir die ander span speel (of skree) sukkel maar met ‘n identiteitskrisis. ![]()
Al kom hy soms baie neerhalend voor sien ek dit as draakstekery en laat my nie ontstel daardeur nie. Ek is ook gewoond aan die plaaslike varingdraers se swak maniere. Gelukkig is die regte All Black ondersteuners nes die regte Springbok ondersteuners galante here met goeie sportmangees, nes die sportmanne wat ons so opgewonde kan maak.
Ek sien uit na die naweek se rugby, en ek hoop ons kan die knoop deurhaak. Ek sien die span is onveranderd. Ek dink nie dis nou tyd om verder te eksperimenteer nie, so ek is gemaklik daarmee. Ek is net bekommerd dat ons manne moeg gaan wees as ons dit deur maak tot in die finaal. Die Engelse is nie kanonvoer nie, en die Varings is altyd gedugte teenstanders.
Angel maak seer
Ek het lankal agtergekom Mnr Viljoen is lief daarvoor om mense se kettings te trek. Moenie dat hy julle ontstig nie.
.....maar daai skerpioen se angel maak seer![]()
Dankie vir die goeie…
Dankie vir die goeie getuigskrif ou Stinkhond.
Ek hoop ou Ben O’Keeffe sit hierdie keer nie sy leesbril op nie. Hy moet sommer 'n groot pak ROOI kaarte saambring om sy blapse van die vorige game reg te maak. Hopelik help die ander skeidsregters, Andrew Brace, Paul Williams en Brendon Pickerill hom om "regverdig" te wees teen 'n vergoeding. Alles in die lewe werk mos in "Kickbacks" soos on ou volkie nou al weet. Dis seker ook al manier vir sekere spanne in die semies kan kom. Ou arme Hansie Cronje sal nou in sy graf omdraai as hy sien wat in Rugby gebeur.
ek hoop ons kan die knoop deurhaak.
Kom ek verduidelik gou die woord HOOP vir jou Wildehond.
Hoop is 'n lelike woord. Jy HOOP dit as 'n droe een maar toe vind jy uit dis 'n natte.
Hallo Spekkies. Dis lekker…
Hallo Spekkies.
Dis lekker om weer van jou te hoor.
Miskien moet ek en jy 'n bietjie pleisters en raad uitdeel.
My genugtig. Nee wat oom…
My genugtig. Nee wat oom Chris ek ken jou nie as 'n "DK" nie. Neem van die skrywes met 'n knippie of meer sout.
Ek soek asb nie 'n AB trui nie. Ek het 'n ander nice borsel met so pyp wat kan uitskuif waarmee ek toe bo op die lorrie se dak kan kom as ek hom was![]()
Ek gaan ook nie graag rugby kyk op stadions nie. Ek geniet dit by my eie huis met paar vriende of sommer net alleen ook
O ja, dankie oom Len, nou…
O ja, dankie oom Len, nou lekker gelag oor daai opmerking van jou. Dis nou maar so, vir die volgende 2 weke gaan als net oor die wereld beker gaan. Een van die dae kan ons weer gesels oor penne inkap en met watse hammers en wat grondseil is beter dan is die vervelige rugby topic weer iets van die verlede
Smaak my ek gesels nou met…
Smaak my ek gesels nou met myself op die draad. Kom nou man, daar is alewig 'n gekla oor hoe stil die plek is maar nou wil julle julself wip vir Skerpioen en nie meer op die draad saampraat nie? Nou wat nou?
Wat is julle voorspelling vir die naweek se uitslae? Ons weet natuurlik wat is krulstert se voorspelling, ek wonder net met hoeveel?
Ek skat die AB gaan wen met so 13 punte en Bokke met 8.
Voorspelling
Nieu-Seeland met 21 en twee geel kaarte. O nee wag, hulle kry net geel as hulle onder druk is en begin foute maak.
Springbokke met 6
Varing trui
Ek soek asb nie 'n AB trui nie. Ek het 'n ander nice borsel met so pyp wat kan uitskuif waarmee ek toe bo op die lorrie se dak kan kom as ek hom was
Oom Sker Pion ry seker’n Ford. Daai swart lap werk lekker vir olie kolle afvee.
Nieu-Seeland met 21 Ek…
Nieu-Seeland met 21
Ek sien op Superbru daar is manne wat groot scores opsit vir die AB's. Ek dink hulle onderskat bietjie vir Arg.
Oom Sker Pion ry seker’n Ford. Daai swart lap werk lekker vir olie kolle afvee.
hehehehe
Gerrit dis die beste draad…
Gerrit dis die beste draad van die jaar. Baie geluk aan die persone met die dun velletjies wat deelgeneem het en nog steeds skelm hier inloer sodat niemand hulle sien nie.
Ek stem nogal saam met jou voorspelling.
Springbokke 37 Engeland 25
As Eben speel soos laas week kan dinge vinnig sleg word vir Engeland. Hy bly darem 'n yster. Hopelik bly hy weg van die geel en rooi kaarte. Hopelik drink ou "Ben One Eye" minder voor Saterdag se game en sien nie spookbeelde nie.
All Blacks 32 Argentina 17
Dissipline en weer eens dissipline. Die All Blacks kan nie bekostig om weer vir 20 minute met 13 man te speel nie. Lyk my dit word nou 'n gewoonte. Sies man. Sam Whitelock moet weer 'n haas uit 'n hoed trek met goeie spel. Hou die game vinnig en laat elke punt tel. Ons soek weer 'n groot score soos in 1995 teen Japan van 145-17
Oom Sker Pion ry seker’n…
Oom Sker Pion ry seker’n Ford
HAHA, ou Wildehond. Jy is reg. ![]()
Eintlik hou my vrou die meeste van BMW en Audi. Ek het tans drie. Ons skiboot manne hou maar van sterk bakkies wat swaar kan sleep teen 120km/h. 3 Ton plus is swaar as jy 'n paar brannas inhet. Dis amper dan soos die All Blacks, Almal maak plek vir jou.
Ek hou nie te lank by 'n brand nie, maar dis al wat hou by hierdie vinnige ou oomie. Die lewe is te vinnig en te vervelig om 'n ou Toyota Rollux te ry. Die ergte van alles--Ek hou nie van "laaaang" dienste nie. Jy dink hierdie rugby draad is erg. Wag totdat ek 'n Rollux / Ford draad oopmaak. Dan sal hierdie vervelige forum regtig "opstart" en begin rook soos net 'n regte Toyota kan. Ek sal 'n gratis pak tissues stuur per door to door delivery vir die mannetjies wat tantrums gooi en huil.
Olielap bende !!
Wonder wat se nare voorgevoel Wessel vandag het. Gelukkig was sy voorspellings
tot dusver nie raak nie. Met die wat hy onlangs ook n olielap oor die skouers begin hang het, of so het dit deurgeskemer..... Maar as ek hy is, trek ek die Witdulsies nader vir sy wedstryd vanaand.
Viva Los Pumas Viva.
Bokke se game is blykbaar n uitgemaakte saak, of so spekuleer die kundiges. Wie is ek om te stry. So 15 punte verskil.
Ja oom Neef, ek sal ook baie…
Ja oom Neef, ek sal ook baie bly wees as die Los Pumas die blaartjies van die AB's varing aftrek. Maar my kop en my hart het 'n gestryery aan die gang.
Die Bokke sal moet jol maar ek reken hulle sal genoeg skietgoed he om die bleekbene te troef.
En hier speel ons "Raai Raai…
En hier speel ons "Raai Raai" dat die spoeg so spat so tussen die olie en toyota rook deur. Gelukkig weet ek net van een Landi eienaar. ![]()
Julle moet eerder vra watter skeidsregter gaan hierdie naweek die meeste geld maak?
My geld is nog steeds op Ben One Eye.
Lyk my almal ry Fords
Ek het middagete na die SPAR toe gestap om iets te kry, en het sover vandag nog net twee varing truie gesien hier in ons dorp wat veronderstel is om die grootste varing ondersteunersklub buite Nieu-Seeland te hê. Dit wemel egter van groen en goud, en die meerderheid van die draers is bruin mense (die groep waaruit die AB ondersteuners gewoonlik kom). En die varings speel vanaand. Hulle ondersteuners ry seker almal Fords en moes verlede naweek onderhoud doen en na die tyd afvee met die handige stuk swart lap met net ‘n paar stukkies wit op die bors.





Aggenee ou Geert. Jou…
Aggenee ou Geert. Jou plekkie was klaar geboek langs my en ou Gerrit sin. 5 ster al die pad. Verblyf klaar gereel.
Jy het daren nog tyd by Amazon om 'n pragtige swart truitjie aan te koop as jy van plan verander.
Suur kaapse wynsakke is goedkoper as 'n box tissues. Ek stel voor jy koop een van elk voor Saterdag se game teen Engeland. Net ingeval.