Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -45 minutes ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -48 minutes ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -11 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 19/10/2023 - 12:20

Aggenee ou Geert.   Jou plekkie was klaar geboek langs my en ou Gerrit sin.  5 ster al die pad.  Verblyf klaar gereel. 

Jy het daren nog tyd by Amazon om 'n pragtige swart truitjie aan te koop as jy van plan verander. 

Suur kaapse wynsakke is goedkoper as 'n box tissues.  Ek stel voor jy koop een van elk voor Saterdag se game teen Engeland.   Net ingeval.   cheeky

 

 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 19/10/2023 - 12:32

arrogante donner

Gelukkig is daar nie baie mense op die forum nie.  Ek gee my kontak nommer gewoonlik net vir All Blacks uit maar as iemand my graag wil bel is julle welkom.   Ek sal 'n uitsondering maak vir 'n paar ou Bokkies.  Sal graag ook help met huweliks probleme teen 'n paar sent in die sak.devil  As jy baie huil hou dit maar kort.

0AGT3393oDrie00 Vriendelike Groete    Gert Viljoen Alais Zack Alias Skerpioen.   Chris jy is welkom om te bel, Jy sal sien ek is einlik "OK" of ten minste hoop ek so. 

Gelukkig is die WB net elke vier jaar. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 19/10/2023 - 13:01

Ek het lankal agtergekom Mnr Viljoen is lief daarvoor om mense se kettings te trek. Moenie dat hy julle ontstig nie. Mense wat vir die ander span speel (of skree) sukkel maar met ‘n identiteitskrisis. devil

Al kom hy soms baie neerhalend voor sien ek dit as draakstekery en laat my nie ontstel daardeur nie. Ek is ook gewoond aan die plaaslike varingdraers se swak maniere. Gelukkig is die regte All Black ondersteuners nes die regte Springbok ondersteuners galante here met goeie sportmangees, nes die sportmanne wat ons so opgewonde kan maak. 
 

Ek sien uit na die naweek se rugby, en ek hoop ons kan die knoop deurhaak. Ek sien die span is onveranderd. Ek dink nie dis nou tyd om verder te eksperimenteer nie, so ek is gemaklik daarmee. Ek is net bekommerd dat ons manne moeg gaan wees as ons dit deur maak tot in die finaal. Die Engelse is nie kanonvoer nie, en die Varings is altyd gedugte teenstanders. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 19/10/2023 - 13:12

Hierdie een man Satire is nou heeltemal deurgeluister. Ek hoop die akteur gaan nou  die gordyn toetrek en sy gehoor verlos......

0
Pretoria

Geert

Thu, 19/10/2023 - 13:14

Ek het lankal agtergekom Mnr Viljoen is lief daarvoor om mense se kettings te trek. Moenie dat hy julle ontstig nie.

.....maar daai skerpioen se angel maak seerdevil

0
Bloemfontein

Skerpioen

Thu, 19/10/2023 - 13:15

Dankie vir die goeie getuigskrif ou Stinkhond.

Ek hoop ou Ben O’Keeffe sit hierdie keer nie sy leesbril op nie.  Hy moet sommer 'n groot pak ROOI kaarte saambring om sy blapse van die vorige game reg te maak.   Hopelik help die ander skeidsregters, Andrew Brace, Paul Williams en Brendon Pickerill hom om "regverdig" te wees teen 'n vergoeding.  Alles in die lewe werk mos in "Kickbacks" soos on ou volkie nou al weet.   Dis seker ook al manier vir sekere spanne in die semies kan kom.   Ou arme Hansie Cronje sal nou in sy graf omdraai as hy sien wat in Rugby gebeur.  

ek hoop ons kan die knoop deurhaak.

Kom ek verduidelik gou die woord HOOP vir jou Wildehond. 

Hoop is 'n lelike woord.   Jy HOOP dit as 'n droe een maar toe vind jy uit dis 'n natte.

0

My genugtig.  Nee wat oom Chris ek ken jou nie as 'n "DK" nie.  Neem van die skrywes met 'n knippie of meer sout.

Ek soek asb nie 'n AB trui nie.  Ek het 'n ander nice borsel met so pyp wat kan uitskuif waarmee ek toe bo op die lorrie se dak kan kom as ek hom waswink

Ek gaan ook nie graag rugby kyk op stadions nie.  Ek geniet dit by my eie huis met paar vriende of sommer net alleen ook

0

O ja, dankie oom Len, nou lekker gelag oor daai opmerking van jou.  Dis nou maar so, vir die volgende 2 weke gaan als net oor die wereld beker gaan.  Een van die dae kan ons weer gesels oor penne inkap en met watse hammers en wat grondseil is beter dan is die vervelige rugby topic weer iets van die verlede 

0

Smaak my ek gesels nou met myself op die draad. Kom nou man, daar is alewig 'n gekla oor hoe stil die plek is maar nou wil julle julself wip vir Skerpioen en nie meer op die draad saampraat nie? Nou wat nou?  

Wat is julle voorspelling vir die naweek se uitslae?  Ons weet natuurlik wat is krulstert se voorspelling, ek wonder net met hoeveel?

Ek skat die AB gaan wen met so 13 punte en Bokke met 8.

 

  

0
Worcester

Wildehont

Fri, 20/10/2023 - 11:00

Nieu-Seeland met 21 en twee geel kaarte. O nee wag, hulle kry net geel as hulle onder druk is en begin foute maak. 
Springbokke met 6

0
Worcester

Wildehont

Fri, 20/10/2023 - 11:03

Ek soek asb nie 'n AB trui nie.  Ek het 'n ander nice borsel met so pyp wat kan uitskuif waarmee ek toe bo op die lorrie se dak kan kom as ek hom was

Oom Sker Pion ry seker’n Ford. Daai swart lap werk lekker vir olie kolle afvee. 

0

Nieu-Seeland met 21 

Ek sien op Superbru daar is manne wat groot scores opsit vir die AB's.  Ek dink hulle onderskat bietjie vir Arg.   

Oom Sker Pion ry seker’n Ford. Daai swart lap werk lekker vir olie kolle afvee. 

hehehehelaugh 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 20/10/2023 - 11:20

Gerrit dis die beste draad van die jaar.   Baie geluk aan die persone met die dun velletjies wat deelgeneem het en nog steeds skelm hier inloer sodat niemand hulle sien nie. 

Ek stem nogal saam met jou voorspelling. 

Springbokke 37           Engeland 25

As Eben speel soos laas week kan dinge vinnig sleg word vir Engeland.   Hy bly darem 'n yster.  Hopelik bly hy weg van die geel en rooi kaarte.  Hopelik drink ou "Ben One Eye" minder voor Saterdag se game en sien nie spookbeelde nie.

All Blacks 32                Argentina 17   

Dissipline en weer eens dissipline.   Die All Blacks kan nie bekostig om weer vir 20 minute met 13 man te speel nie.   Lyk my dit word nou 'n gewoonte.  Sies man.   Sam Whitelock moet weer 'n haas uit 'n hoed trek met goeie spel.  Hou die game vinnig en laat elke punt tel.  Ons soek weer 'n groot score soos in 1995 teen Japan van 145-17

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 20/10/2023 - 11:33

Oom Sker Pion ry seker’n Ford

HAHA, ou Wildehond.  Jy is reg.  cheeky

Eintlik hou my vrou die meeste van BMW en Audi.  Ek het tans drie.  Ons skiboot manne hou maar van sterk bakkies wat swaar kan sleep teen 120km/h.  3 Ton plus is swaar as jy 'n paar brannas inhet.  Dis amper dan soos die All Blacks, Almal maak plek vir jou.  

Ek hou nie te lank by 'n brand nie, maar dis al wat hou by hierdie vinnige ou oomie.  Die lewe is te vinnig en te vervelig om 'n ou Toyota Rollux te ry.   Die ergte van alles--Ek hou nie van "laaaang" dienste nie.    Jy dink hierdie rugby draad is erg.  Wag totdat ek 'n Rollux / Ford draad oopmaak.  Dan sal hierdie vervelige forum regtig "opstart" en begin rook soos net 'n regte Toyota kan. Ek sal 'n gratis pak tissues stuur per door to door delivery vir die mannetjies wat tantrums gooi en huil. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 20/10/2023 - 11:42

Wonder wat se nare voorgevoel Wessel  vandag het. Gelukkig was sy voorspellings laughtot dusver nie raak nie. Met die wat hy onlangs ook n olielap oor die skouers begin hang het, of so het dit deurgeskemer.....  Maar as ek hy is, trek ek die Witdulsies nader vir sy wedstryd vanaand.

Viva Los Pumas Viva.

Bokke se game is blykbaar n uitgemaakte saak, of so spekuleer die kundiges. Wie is ek om te stry. So 15 punte verskil.

0

Ja oom Neef, ek sal ook baie bly wees as die Los Pumas die blaartjies van die AB's varing aftrek.  Maar my kop en my hart het 'n gestryery aan die gang.

Die Bokke sal moet jol maar ek reken hulle sal genoeg skietgoed he om die bleekbene te troef.

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 20/10/2023 - 12:07

En hier speel ons "Raai Raai" dat die spoeg so spat so tussen die olie en toyota rook deur.  Gelukkig weet ek net van een Landi eienaar.  devil

Julle moet eerder vra watter skeidsregter gaan hierdie naweek die meeste geld maak? 

My geld is nog steeds op Ben One Eye. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 20/10/2023 - 13:27

Ek het middagete na die SPAR toe gestap om iets te kry, en het sover vandag nog net twee varing truie gesien hier in ons dorp wat veronderstel is om die grootste varing ondersteunersklub buite Nieu-Seeland te hê. Dit wemel egter van groen en goud, en die meerderheid van die draers is bruin mense (die groep waaruit die AB ondersteuners gewoonlik kom).  En die varings speel vanaand. Hulle ondersteuners ry seker almal Fords en moes verlede naweek onderhoud doen en na die tyd afvee met die handige stuk swart lap met net ‘n paar stukkies wit op die bors. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus