Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -9 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -12 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -17 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -17 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -23 hours ago

Len en die Kruger Wildtuin in Mei 2024

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Nee, ek het nie kop verloor nie !

Ek (of eerder ons) het nou geleentheid gehad om die idee vir Mei 2024 te oordink en die volgende besprekings by SANParke is vasgemaak :-

  • 28 April : vertrek uit Brackenfell
  • 28 & 29 April : Karoo Nasionale Park
  • 30 April : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 1 Mei tot en met 5 Mei : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 6 Mei : Malelane satelietkampie
  • 7 Mei tot en met 20 Mei : Skukuza
  • 21 Mei tot en met 29 Mei Satara 
  • 30 Mei : Malelane satelietkampie
  • 31 Mei tot en met 1 Junie : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 2 Junie : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 3 Junie : Beaufort-wes (iewers in)
  • 4 Junie : Tuis

 

Nou sal my siel seker rus.

Opgedateer  15 Maart 2024

--------------------------------------------------------------------------------------------

I

Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/11/2023 - 05:53

Môre mater, alles wat jy gespaar het met die chlorenator se transformator, gaan handig te pas kom met die pappery.

Jou battery verhaal laat my wonder, dalk is die stelling reg wat sê----'n battery wat werk EN permanent gelaai bly, hou die beste.

Tyd vlieg, ons is alreeds meer as 2 maande terug van ons Namakwaland toer, en dit voel soos gister. As julle weer kyk, dan is julle 30 dae weg van hak en sleep af.

julle moet nou soos soet grootmense julle medisyne drink, sodat daar volkome genesing kom, en dan vat julle die N1 met mening.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 30/11/2023 - 13:25

Aangesien Oom Len waarskynlik die volgende lid is om die Kruger wildtuin te besoek plaas ek die onderstaande inligting wat ek raakgelees het op hierdie gesprekslyn. 
 

The R700 million injection will be used to implement the following high-impact projects:

Tokai Precinct bulk services infrastructure upgrade in Table Mountain National Park to unlock various Public Private Partnership (PPP) opportunities.

Rhodes Memorial bulk services and roads in Table Mountain National Park to unlock the restaurant Public Private Partnership (PPP)..

Tar road maintenance at Cape Point section, Table Mountain National Park.

Shangoni Entrance Gate development in the north of Kruger National Park will continue with the construction of river crossings and upgrading of the gravel road.

Phalaborwa Activity Hub in Kruger National Park will be further developed to accommodate tourists at a backpacker’s lodge, main activity hub, and swimming pool area..

Skukuza Rest Camp in Kruger National Park will have a huge intervention with 70% (147) of the units due for upgrade.

Upgrade of main buildings in Shingwedzi and Satara Rest Camps – Kruger National Park

Upgrade and renovations of 40% (66) Bungalows in Satara Rest Camp – Kruger National Park

Upgrading of Bungalows in Olifants Rest Camp – Kruger National Park

Punda Maria luxury tents upgrade – Kruger National Park

Sweni Trails Camp revamp – Kruger National Park

Construction of 120 new staff accommodation units, and the upgrade of a further 158 units – Kruger National Park

Upgrade of tourism facilities, interpretive centre, roads, and fences and the construction of 6 new staff houses in Mapungubwe National Park and World Heritage Site.

Upgrade of Nyathi Rest Camp in Addo Elephant National Park and tourism roads to support the 8 new units in the Main Camp and ten new Lendlovu Lodge units.

Upgrade of the Namibian border fence, road, and replacement of Twee Rivieren camp site ablution - Kgalagadi Transfrontier Park.

Construction of park management office, new R27 entrance gate, upgrade of the Duinepos Chalets - West Coast National Park.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 30/11/2023 - 16:12

Wonder wie die budget uitgewerk het. As n Rdp huisie vir R1m gefix word, dan gaan 147 eenhede in Skukuza klaar R300m wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/11/2023 - 16:28

....en opgraderings monitor, of dit wel gebeur.??

Dis jammer dat Satara se ablusieblokke nie opgradeer, of nuwes gebou word nie. 

Ek was paar jaar terug in Twee rivieren en het gedink dat ablusieblok eintlik heel goed en netjies is. Nou gaan dit vervang word met nuwe.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 30/11/2023 - 17:51

By Satara het hul daai grasdak huise wat afgebrand het, met hierdie vervang. Pas seker nie baie in nie, maar lyk nice. In die ander sirkels was hulle besig om rondawels oor te doen....doen regtig n baie netjiese werk, maar kan sien dis n baie tydsame proses...meeste van tyd nie eers kontrakteurs gesien nie

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 01/12/2023 - 09:47

By Shingwedzi waar hulle besig was om die winkel en die restaurant se stoep se dakke oor te doen in Julie het hulle ook van daardie swart sintetiese materiaal gebruik in plaas van gras. Dis vir my nogal jammer, want die gras het maar ‘n nostalgie en ‘n reuk daaraan wat my terugvoer na my kinderdae in die wildtuin. Die bobbejane maak egter amok met die gras, en dit verg meer onderhoud oor die algemeen. Dis ook omtrent drie keer duurder om te verseker. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 01/12/2023 - 15:48

Sintetiese materiaal vir dakke? Wat word dit genoem, ek het nog nie so iets teegekom nie. Jare gelede was daar n Onduline plaat met corrugated profiel. n Soort van teer papier besigheid. Was maar rubbish, na n paar jaar in die son het dit begin "sagg" tussen die purlins, dan raak jy seesiek om daarna te kyk.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 01/12/2023 - 16:23

Sintetiese materiaal vir dakke? Wat word dit genoem, ek het nog nie so iets teegekom nie

Jammer vir die besoedeling Oom Len. Ek weet nie wat die materiaal genoem word wat hulle gebruik vir die dakke by Shingwedzi nie, maar dis vir seker nie gras, klei, sement of sink nie. Dis sulke dun swart plate wat plasties lyk met ‘n effense tekstuur wat op ‘n hout raamwerk vasgekap word. Aan die onderkant kap hulle bloemkom latte vas om dit natuurlik te laat lyk. Hier onder is die enigste foto wat ek nou kon kry - nie die rommel in die voorgrond nie, die dak links agter.  

 

A

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 01/12/2023 - 22:59

.................dit alles lees lekker en dit berei ons voor vir wat voorlê teen die tyd wat ons daar in Meimaand aankom.  Die gewerskaf van kontrakteurs op so 'n groot skaal kan seker lastig wees, maar dis aan die ander kant fantasties om te verneem dat alles oral opgeknap word.  Ons sal dus maar oor die gewerskaf kyk !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 26/12/2023 - 21:07

Sjoe mense, nou loop die tyd vinnig tot ek en Lappies (Lapskag) op 6 Mei 2024 mekaar in Malelane-kampie gaan raakkamp en 'n glasie gaan klink !  Dis vandag oor 132 dae.

Alhoewel Annatjie nog rolstoel-gebonde is, vorder haar twee voet-wonde baie mooi en behoort sy oor 'n maand te kan begin loop.  Die twee wonde word nog steeds deur 'n wond-suster elke derde dag behandel en versorg.

Intussen merk ek op dat die Wildtuin die afgelope klompie dae baie reën gehad het en dat daar vir môre 'n 80% kans op reën van die noorde tot die suide is, en dis nou eers die begin van die reënseisoen.  As dit so aanhou, gaan ons in Mei 'n lushof ervaar.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 26/12/2023 - 21:09

Jammer, amper gedupliseer.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 27/12/2023 - 05:44

Len, ek raak nou opgewonde vir julle. Die kampdroogte is sekerlik nou ook gebreek.

Het jy al gedink aan ń paar lekker lank kampe na die wildtuin. Addo, Karoo, Hartenbos...... 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 27/12/2023 - 05:50

Ek hoop die tannie se herstel sal aanhou vorder. Julle gaan die toer baie geniet!

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 06:11

Môre Len, my buurman het vanoggend die pad gevat wildtuin toe, tot 7 Januarie. Hy trakteer sy kinders wat op besoek is uit Amerika. Ek sal sy derms uitryg as hy terug is. Hulle gaan na Pretoriuskop, Mopanie en Onder Sabie.

Dalk moet julle [Len en Herman] 'n opvolg kamp bespreek, saam met my in;

KarooNP gedurende 11 tot 16 Mei 2024.

Camdeboo tussen 16 tot 22 Mei en

Bergkwagga  van 22 tot 27 Mei

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 27/12/2023 - 06:22

Intussen merk ek op dat die Wildtuin die afgelope klompie dae baie reën gehad het en dat daar vir môre 'n 80% kans op reën van die noorde tot die suide is, en dis nou eers die begin van die reënseisoen.  As dit so aanhou, gaan ons in Mei 'n lushof ervaar.

Vriende van ons was begin Desember by Berg en Dal. Die foto's wat hulle toe gestuur het, was die KNP reeds vreeslik groen. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 27/12/2023 - 10:40

Dalk moet julle [Len en Herman] 'n opvolg kamp bespreek, saam met my in;

..........dis ongelukkig onmoontlik  -  jou datums val binne ons KNP-besoek datums. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 10:53

....ek het soos my blaker gelees. Nadat ek die inset gestuur het, het ek my fout besef, Jy sal tog nie jou Kruger datum skuif sodat julle saam met ons in KarooNP kan wees nielaugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 27/12/2023 - 16:42

Ek het pas 'n oproep van 'n vriend gehad (hy kamp nie) wat op die oomblik in Satara is.  Dis hulle 3de dag in die Wildtuin en sedert hulle Pretoria drie dae gelede verlaat het, reën dit vanaf Bronkhorstspruit sonder ophou.  Hy lê in die bed onder 'n kombers met 'n temperatuur van 16º.  Die teerpaaie is 'n nagmerrie want almal vermy die grondpaaie en die verkeer is verskriklik.  Die restourante sukkel om by te bly want almal eet daar - niemand kan braai nie ! Die winkelrakke is leeg want almal koop nou daar in plaas van om wild te soek. Dit reën nog steeds en die diere is uiters skaars.  Hulle het darem al vir 'n papnat Casper , die wit leeu, (of een van sy wit-familie) net buite Satara gesien. Ai tog, as soiets jou moet tref kan dit 'n groot teleurstelling wees.

In Meimaand is die kanse darem baie skraal dat reën ons Wildtuin-vakansie só in die wiele sal ry.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 16:59

...wat 'n heerlike temperatuur vir Kruger, die tyd van die jaar.

koue sal my nie pla nie, maar aanhoudende reën terwyl mens kamp, is net sleg vir kosmaak.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 28/12/2023 - 12:54

Vriende van ons is nou in Satara en hulle het nou all 2 dae reën gehad. Dit is so 19 graade C max.

Aan die begin van November in Punda Maria het ons 19C max gehad vir 5 dae. Ons het verwarmers gebruik in die woonwa. Toe die son uit kom was dit oor twee dae in die viertigs. Ons het vir 5 dae op n' ry in Satara 46 graade gehad.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus