Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het.
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier.
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie.

Ai, deposito vir kappie,…
Ai, deposito vir kappie, deposito vir 2024 Dwarswegstrand.......tenminste goeie vooruitsigte.
Deposito my rot en kaal
Ja-nee, my begroting is in sy maai. Ek het vir die kinders elkeen ‘n rekenaar bestel vir hulle verjaardae, so dis nog R4k. En dan wag die vakansie ook nog.
Ai Chris...............
..................ek stort sommer 'n traan as jy so aanhou geld blaas (op goeie goed natuurlik !)
Vermoënde man
Chris, ek het nuwe respek vir jou gekry. Nuwe bakkie, vakansiedeposito vir 2024, nuwe canopy, highlift Jack, rekenaars vir die kinders, en... ń vinnige wegbreek komende naweek. Kyk maters, ons het hier met n vermoēnde man te doene.
Alles vir die kinders
Ons het ‘n staande grappie (en soos met meeste grappies is dit waar). As ons praat van geld wat uitgegee is sê ons dis alles vir die kinders.
Ons het ‘n staande grappie …
Ons het ‘n staande grappie
Soos my skoonseun ook altyd sal sê, hy het baie probleme, maar geld is nie een van hulle nie. (natuurlik met tong in die kies) Jy moet dan die fronse van mense sien,
Te veel gas in lugversorging
Ek het voorheen genoem dat die Ranger se lugversorging nie koud genoeg was as dit baie warm is buite nie. Ek het die stuifmeel filter skoongeblaas met ‘n kompressor, en dit het gehelp. Ek was egter steeds nie tevrede met die temperatuur as dit 30° of meer buite is nie.
Ek het die bakkie toe gevat na spesialiste toe vanoggend. Hulle toets die lugversorging breedvoerig onder druk en vakuum vir lekplekke asook sirkulasie en ander komponente van die stelsel. R966 en nuwe gas later werk dit weer yskoud. Die tegnikus sê daar was nie ‘n lekplek nie, daar was te veel gas in die stelsel. Dit veroorsaak dat die lugversorging werk wanneer dit nie baie warm is nie, maar as dit baie warm is, is die druk in die stelsel te hoog en maak dit warm.
spesialis aandag
Chris, dit onderstreep net weer dat die kundiges weet wat om te doen.
ek verstom my altyd aan mense wat sommer so langs die paaie gou hulle aircon gas laat aanvul, en wat ook nog.
wie sou nou kon dink dat te veel gas, oneffektief is. Die wetenskap is darem wonderlik, hitte, geslote ruimte en druk bou op.
Chris, het jy toe laat kyk…
Chris, het jy toe laat kyk na die bedrading of is alles nou al uitgesorteer met die ligte. Ek weet van die drade was los.
Ligte werk nou 100%
Aanvanklik het ek gedink die een parkeerlig se gloeilamp is dood. Ten minste die een filament, want dit het twee. Nadat die drade mooi vasgemaak is, het die linker voorste parkeerlig nie aangekom as die ligte af is nie. Die ander een kom saam met die LED running lights aan. As die ligte aangeskakel word het dit egter gewerk, so dit was nie geblaas nie. Ek het toe aanvaar dat die body management unit besluit het dit hou nie daarvan as die liggie saam met die ander aan is nie.
‘n Paar dae later sien ek dit is aan. Waar ek die bakkie parkeer tuis weerkaats die voorkant in ‘n huis venster, so elke middag en oggend kan ek sien watter ligte is aan. Dis nou elke keer aan, so ek aanvaar die BMU het vrede gemaak daarmee. Al die ligte werk nou soos dit moet.
Ek sal binne liggies vir die kappie maar direk bedraad van die battery af. Dalk moet ek dit sommer krag gee van die tweede, los battery wat ek agter in die kappie gaan sit om die Engel yskas krag te gee. Sodoende weet die BMU nie daarvan nie. Die tegnologie darem…
Dors
Ek het vanoggend vir die eerste keer sedert ek teruggekom het van Pretoria af die bakkie weer vol gemaak. Die Ranger is maar net so dors soos my ou Everest. Afgesien van een dag wat ek De Doorns toe is vir inspeksies was die res van die 434,2km wat ek gery het maar hier in die dorp. Ek het net 7,1km/l gekry (maw die bakkie het 14,08l/100km gebruik). Ek wonder hoe dors gaan dit wees as dit vol gelaai is met die Kavango op sleeptou.
Toe word ons dors
More Chris
Die manne wat ook sulke trokke ry, moet maar kommentaar lewer. Dit is dalk die normale verbruik vir 'n 3.2 outomaties.
Wanneer laas was die bakkie gediens, is sy lugfilter mooi skoon, of versmoor hy?
Hoe vergelyk dit met die Prado in die dorp.
Die groot dors
Hoe vergelyk dit met die Prado in die dorp.
Dit sal ek nie weet nie. Die verste wat die Prado in die dorp ry is kerk toe en terug. As ek moet raai gaan dit waarskynlik omtrent 5km/l lewer.
Ek het vermoed die 3.2 outomaties wat boonop ‘n 4x4 is gaan dors wees in die dorp. Onthou, ek het maar 8,9km/l gekry van Beaufort-Wes tot hier. Ek vermoed ook ek gaan maar so 7km/l kry as ek sleep. Altans ek hoop so, want Grootwind (en ander) sê mens moet in sport modus sleep.
Die probleem met tieners
Die Ranger se lugversorging is toe nog nie reg nie. Die oggend nadat hulle die regte hoeveelheid gas ingesit het, het dit 100% gewerk. Toe ek egter daardie middag in die bietjie verkeer wat ons hier het huis toe ry, was dit koelerig maar nie koud nie. Ek ry toe sommer reguit na die plek toe wat daaraan gewerk het, sodat hulle kan voel.
Hulle koppel hulle drukmeter daaraan, en sit 'n termometer in 'n lug uitlaat. Aanvaklik gaan dit af na 16 grade, maar toe styg die druk en die lug raak warmer. Hulle rig toe hulle industriële waaier op die sierrooster, en die lugversorging werk reg. Toe trek die een ou 'n braai handskoen aan, en stop die Ranger se waaier met sy hand.
Die viscous fan clutch is moeg volgens hulle. Die waaier trek dus nie genoeg lug deur die lugversorger se kondensor teen lae snelheid nie, en daarom raak dit warm en druk bou op in die stelsel. Toe ek daar weg ry het ek 'n stukkie op die snelweg gery, en kon duidelik voel hoe koud die lugversorging word.
Goldwagen vra R2 200 vir 'n nuwe een, en ek soek toe op die internet. Op Takealot kos net die clutch R889, en ek bestel een. Die waaier maak los met boute en kan oorgeplaas word op die nuwe een. Dit is vanoggend afgelewer na kerk, en ek spring aan die werk.
Die werking van die koppelaar is nogal interessant. Kyk gerus na die video hier onder om dit te verstaan. As dit nie meer reg werk nie, dan werk die waaier nie soos dit moet nie. Dit gaan natuurlik veral teen lae snelhede moeilikheid maak, want dan is daar nie veel lugvloei oor die kondensor en verkoeler nie. Ek vermoed dis waarom die vorige eienaar te veel gas in die lugversorger laat pomp het - die waaier het nie meer reg gewerk nie en teen lae snelhede het die lugversorger nie lekker koud gemaak nie.
Afgesien van die lugversorger wat nie meer lekker koud maak teen lae snelhede nie, kan die enjin oorverhit en dit kan 'n baie duur speletjie raak.
Om die waterpomp stil te hou sodat ek die ou koppelaar kon losmaak daarvan, moes ek 'n stuk gereedskap maak uit plat staaf en 8mm boute. Die twee boute teen 65mm middelpunt to middelpunt pas in gate in die waterpomp se pulley. Hulle sit in gate in die plat staaf, wat as hefboom dien.
Ek kon die ou koppelaar redelik maklik los kry. Ek sien toe die nuwe een se moer wat vasdraai aan die waterpomp is heelwat korter as die oue. Dit sou veroorsaak dat die waaier te naby aan die enjinblok sit en daarteen kap.
My vriend wat by Diesel Electric werk sal môre vir my 'n ander een bestel. Hopelik kry ek dit Dinsdag, sodat ek die waaier kan terugsit. Intussen kan die Ranger natuurlik nie ry nie, en moet ek met die Prado ry. Sien, ek kan nie bekostig om dit te verkoop nie!
Terug na die opskrif; dis die probleem met tieners as dit by rygoed kom. Hulle onderdele is nie meer so jonk nie, en kan begin ingee. As die lugversorging my nie bewus gemaak het van die waaier probleem nie kon dit vir my groot skade veroorsaak het.
Dit begin al hoe meer lyk of ons die komende naweek met die Prado Onrus toe gaan. Ek wag ook nog vir die Ranger se kappie. Die tweedehandse een wat ek reeds halfpad betaal het is nog op die ontevrede vorige eienaar se bakkie tot hy 'n plaasvervanger kry, en dit is eers Vrydag gestuur van Gauteng af.
Ontevrede eienaar
Ek hoop die ontevrede eienaar met die beskadigde kappie is ook in Worcester. Ek dog die beskadigde kappie is oppad van handelaar na jou toe.
So gepraat van bakkie se lugreeling, waaiers en oorverhit, kyk asb met 'n flits af tussen die 2 verkoelers. Dalk is dit vuil, vol sade en stof tussen in. Dit gaan lugvloei belemmer en lei tot oorverhitting. Ek het my vorige bakkie s'n laat skoonmaak. Die voorste verkoeler moet afgehaal word om goed skoon te maak. Aangesien die vorige eienaar blykbaar gereeld van die pad af was, is dit 'n sterk moontlikheid.
Nuwe onderdeel is bestel
Darem lekker om iemand te ken by Diesel Electric. Ek vergeet gewoonlik om hom eerste te vra. Die onderdeel behoort teen 11:00 hier te wees so ek kan dit vanmiddag probeer insit. Die moeilike deel gaan wees om die koppelaar se moer te kry om te vat op die bout van die waterpomp. Spasie is beperk tussen die enjin en verkoeler.
Ek sal kyk of daar sade is tussen die verkoeler en kondensor. Ek glo egter nie so nie. Ek het Vrydag ‘n kasregister strokie teen die voorkant van die kondensor gehou terwyl die warm enjin luier. Ek wou kyk of daar genoegsame lugvloei is om dit te laat sit teen die kondensor. Dis moeilik om met die oog te bepaal hoe vinnig die waaier draai, omdat ‘n viskose koppelaar nie aan- en afskakel soos ‘n elektriese waaier nie maar teen wisselende tempo draai afhangend van hoe warm dit is. Die strokie het afgeval so toe weet ek die waaier draai nie vinnig genoeg nie. Daar was geen gras sade teen die kondensor se voorkant nie, en dis die eerste plek waar hulle behoort vas te slaan.
Ontevrede kappie eienaar
Die effe gebuigde kappie is in die Paarl. Om sy nuwe kappie op te sit moet hulle die gebuigde een afhaal, en kan dit dan vir my opsit. Dit hang dus net af wanneer die nuwe kappie hier aanland. Daar is gevolglik nog ‘n kans dat ons Donderdag met die Ranger kan ry Onrus toe. Ek hoop ons kan. Die Prado ry vrek lekker, maar die hoof tenk is amper dolleeg terwyl die Ranger se hoof tenk vol is en die tweede een nog amper vol. My beursie en bankrekening is beide leeg. Lg verby die bodem leeg.
Die nuwe waaier is in en die lugversorging 100%
Ek het gedink ek gaan meer sukkel om die moer van die waaier se as te kry om te vat op die draad van die waterpomp se as maar ek het dit vinnig reggekry. Ek het teen 20kph gekruie tot die enjin werkstemperatuur bereik het en die lugversorging het yskoud gebly. Die ou waaier se koppelaar was dus stukkend. Die olie wat uitgelek het op die bimetaal strokie en die waaier se blaaie bevestig dit.
Lyk my die Ford het by…
Lyk my die Ford het by Landrover afgekyk hoe om olie te lek.
Ook goed dat jy dit so agter gekom het. Jou enjin sou beslis warm begin loop het teen n bergpas op met die wa agterna.





Deposito betaal
Dankie Oom Len. Hulle verlang ‘n 50% deposito met bestelling. Ek het dit vanoggend betaal. Hopelik kry ek die kappie voor volgende Donderdag. Ons gaan Onrus toe vir die langnaweek wat die Springbokke vir ons gewen het. Ons bly naby die oord by ‘n Airbnb selfsorg plekkie so die Kavango gaan nie saam nie maar dit sal lekker wees om met die bakkie te ry. En goedkoper as met die Prado. Verskoon maar as hier tikfoute is. Ek kom nou van ‘n oogkundige af nadat hy getoets het vir retinale loslating of so iets. Hy het darem nie tekens daarvan gekry nie, maar alles is nou uit fokus.