Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -1 hour ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -1 hour ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -9 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -10 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Worcester

Wildehont

Mon, 11/12/2023 - 21:07

Lyk my die Ford het by Landrover afgekyk hoe om olie te lek.

Dis darem net die silikoon olie wat uit die viskose koppelaar gelek het. Van wat ek gelees het is dit een van die mees sigbare tekens dat die viskose koppelaar gegroet het of besig is om te groet. Ek is bly ek het dit agtergekom, dit kon lelike gevolge gehad het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/12/2023 - 15:22

...Chris, rerig baie netjies. As ek jy is, sal ek nie eers sukkel om dit 'n ander kleur te verf later nie.

Daai dakrak lyk baie handig. is dit plat[gelyk] bo, of het dit 'n effense randjie wat kan keer dat goete af[uit] glip of skuif. 

dis nou so op die hons se blaker, maar betyds vir julle uitstappie Onrus toe, EN natuurlik Dwarswegstrand toe. 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 14/12/2023 - 15:32

.............ek stem saam met Wessel, die kappie se donker kleur pas pragtig by die bakkie se ligter kleur, 'n mooi "two tone" affêre !  Moenie lol met nog verf nie.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 14/12/2023 - 17:56

Nee wat, ek gaan nie geld mors op verf nie. Die dakrak is plat, sonder rante. Rante sou handig gewees het maar sou meer windweerstand gebied het en daar is hegpunte aan beide kante en op elke dwarsbalk self. Die kappie het ook luggate  (vents) ingebou voor op die dak om dit onder positiewe druk te hou en stof uit te hou. 
 

Ek wag nou buite SPAR in Onrus vir Salomien. Ek moet sê, alhoewel die Prado baie lekkerder ry as die Ranger en meer krag het, is dit lekker om weer ‘n bakkie te hê en dit laai baie maklik met die deure aan die kante van die kappie. Daar is ook vir seker meer pakplek.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/12/2023 - 19:26

...jy sal moet beter verduidelik, oor die "meer krag"  van die Prado. ek vermoed dit gaan rukkie neem voordat jy gewoond is aan die Ranger se "sleepkrag" wat beslis meer as die Prado moet wees.

Jy gaan daai trok nog baie geniet, veral nou met die BAIE pakplek.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 14/12/2023 - 21:29

jy sal moet beter verduidelik, oor die "meer krag"  van die Prado. 

4l vs 3.2l

Petrol vs diesel

6 silinder vs 5 silinder

179kW vs 147kW 

Voet neersit in Prado vs voet neersit in Ranger

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/12/2023 - 11:37

Middag Chris, ek speel sommer met my spreitabel nav. jou opmerking oor die Prado.

Kyk bietjie na die vergelyking van wringkrag/rat nadat rat-en ewenaar -verhoudings ingereken is.

rat    Prado        Ranger

Nm    380          470

1        5348         7310

2       3105          4008

3       2210          2666

4       1485           2004

5        1020          1520

6        862            1211

Ek is dus van mening dat jy binnekort gaan vind dat die Ranger baie beter gaan woonwa sleep, as die Prado. Grootwind moet maar reghelp, maar ek is onder die indruk dat sleepvermoe deur die wringkrag op die wiele bepaal word, en nie die kilowatte nie.

Dit mag so wees dat die Prado net veel lekkerder op die lyf is, en baie meer luuks, maar 'n toets teen Goree hoogte uit, gaan jou persepsie dalk verander.

Die 2019 Prado se spesifikasies was gebruik, en die 2013 Ranger se waardes.  

0
Pretoria

Slowstrike

Fri, 15/12/2023 - 13:38

Nice kappie daai.

Ek stem saam oom Len ek sal hom net so los. Hy is dalk effe warmer as `n ligter kleur maar dit lyk nice

Geniet hom..

Daar kom baie sakkies hout bo op daai rak wink

0
Worcester

Wildehont

Fri, 15/12/2023 - 21:04

Ons geniet hom. Die kinders ry lekker agter in hier by Onrusrivier, en mens kom maklik by alles uit. Lyk is ‘n dooie ding, maar dit lyk nie sleg nie. Vakmanskap lyk ook skaflik. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/12/2023 - 07:04

More Chris, kamp julle in Onrus, of is julle in 'n vakansiehuis??

Indien julle kamp, is die woonwapark redelik vol en hoe is die weer.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 16/12/2023 - 07:06

Nee wat, die effense buiging in die kappie se onderkant pla glad nie. Ek gaan dit net so los. 
 

Ons bly in ‘n Airbnb plek naby die Kleinmond kant van die oord. Van buite lyk die oord stampvol. 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 16/12/2023 - 20:59

Ek het vergeet hoe lekker is dit om ‘n bakkie te hê. Dis ook die eerste keer sedert ons kinders het wat ek ‘n bakkie het. En hier by die see werk dit soos ‘n bom. Afgesien van spasie, kan mens nat en vuil goed inlaai sonder om te skroom. Perfek vir ons gesin. 
 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/12/2023 - 21:41

....kinders kan ook sonder skroom agterin gelaai wordlaugh

Wag tot jy regmaak vir kamp, dan gaan jy daai bakkie geniet!!! 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 18/12/2023 - 08:14

Die Ranger is my vierde Ford. Sover is ek nog tevrede met al vier van hulle. Een (‘n 2006 Ranger 2,5 Supercab) is verkoop voor ons Worcester toe gekom het. Ander handelsmerke wat ek al besit het is Datsun, Nissan, Audi, Mitsubishi, Hyundai en Toyota (x3).
 

Die enigste van die klompie wat ek ernstige probleme mee gehad het was die Colt, waarvan die vyfde rat gebreek het net voor ons troue. Ek het nie toe geld gehad nie, en die bakkie het by ‘n skurk beland wat ‘n Pajero se oordragkas en ratkas daarin gesit het. Ek wou hom nie betaal nie, en het op die ou end die polisie saamgevat daarheen. Toe ons daar aankom het hulle gesê hulle ken hom, hy het al voorheen kliente se voertuie se onderdele afgehaal en aan ander verkoop. Ek moes toe die bakkie na ‘n ander werkswinkel toe vat om ‘n ander ratkas en oordragkas te kry. Daarna het dit weer gewerk en is ons Botswana en Zimbabwe toe daarmee. Dis ook verkoop voor ons Worcester toe gekom het. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 19/12/2023 - 11:35

Ek neem aan jy gaan die Ranger gebruik vir jou weggaan na Dwarswegstrand toe.

Dit is definitief die plan ja. Ook maar goed so, want die Prado se lisensie het einde November verval, en ek het met alles wat aangaan eers gister op e-Natis se webwerf betaal vir die hernuwing. Nou is ek bekommerd dat ek dieselfde as Geert oorkom en die lisensie nie binne die beloofde 3 dae by my uitkom nie. 
 

Ek is natuurlik ook nuuskierig om uit te vind hoe die Ranger sleep. Ek het gister weer met die Prado gery omdat die Ranger tuis gebly het om gewas te word na die naweek by Onrusrivier. Die Prado versnel definitief baie vinniger as die Ranger, en die throttle response is onmiddelik. Dalk is dit turbo lag wat ook ‘n rol speel. Natuurlik is die Ranger ‘n diesel, maar die Prado het nie ‘n turbo nie. 
 

Ek sal ook graag wil weet hoe vergelyk die verbruik as ek sleep tussen die twee. Vir die Prado het ek net sleep verbruik. Dis nou amper leeg na die laaste volmaak in Julie toe ons teruggekom het van die wildtuin af, maar ek kan nie bekostig om dit nou vol te maak net om die vebruik wat sedertdien meestal sonder die Kavango en hier in die dorp was te bepaal nie. Ek weet die Ranger is maar dors hier in die dorp, en ek hoop nie dis nog dorser as dit gepak is en ek sleep nie. 
 

Die ander rede natuurlik waarom ons eerder met die Ranger gaan is omdat daar meer pakplek is. Die Prado het wel definitief bietjie meer beenruimte in die tweede ry. Vriende van ons het nou die aand saam met ons gery in die Ranger. Hulle sê toe die beenruimte is nie sleg nie, veral in ag geneem dat ek lank is en my sitplek amper heeltemal agtertoe skuif. Die man sê toe ook dat hy al agter in ‘n Ranger en ‘n Hilux gery het en die eg het blykbaar aansienlik meer beenruimte agter. Gelukkig is ons kinders nog redelik klein en pas maklik in. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus