Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -17 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -17 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -21 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/11/2023 - 11:59

.... die tipe met die lekker baie rondings/valleie, maak jy vas op die dakrak. Die plaat verf jy dan sommer so lekker blink emalje. Maak die plaat lekker lank sodat tot voor oor die enjinkap gaan. Waar jy stop, is jy klaar onder 'n afdak.

As jy nie van my idee hou nie, kan jy dit ignoreer.laugh

Ek het nog nooit temperatuur gemeet binne kappie nie. Ons vrieskas ry agter onder die kappie, sonder dat dit aan krag gekoppel is. Selfs na 6 ure op die pad, het nie eers die boonste vleise in die kas ontdooi nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/11/2023 - 15:31

....eerder vir die forum!!!Ford het omtrent blootstelling gekry met die gesprek. Ek wonder of die aankoop van 'n nuwe Ranger ook soveel aandag sal trek.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 30/11/2023 - 16:06

Soos Warrelwind tereg noem, die ou omies is verveeld, en het bokkerol om oor te gesels. Ek gaan nou maar weer loop en parte was, van n Landrover, nie n Ford nie.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 30/11/2023 - 17:17

Vandag is dit lekker warm hier, en vanmiddag voel ek toe die lugversorging is nie yskoud nie. Toe ek tuis stop vanmiddag het ek die ventilasie se filter uitgehaal en uitgeskud en daar het omtrent ‘n vrag sand uitgeval. Seker die Namib se sand van die vorige eienaar se laaste toer af. Toe werk die lugversorging sommer baie beter. 

Ek het dit uitgeskud op die afgesaagde boomstomp. Kyk die klein strandjie:

A

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/11/2023 - 17:37

....met druklug. dit werk stukke beter daarna. 

Nou wonder ek hoe lyk die lugfilter van die masjien, dalk net so vuil. Maak skoon en jou dieselverbruik sal verbeter.

0
Irene

Grootwind

Thu, 30/11/2023 - 17:38

Die Ranger het 'n lugreëling stelsel wat nooit sukkel met koud maak nie, kan nie onthou of jou model volle links/regs klimaat beheer het nie, my huidige XLT het wel. Daai filter is relatief goedkoop, draf eerder gou by jou vriendelike Ford handelaar verby!

0
Worcester

Wildehont

Thu, 30/11/2023 - 18:06

Ek sal dit nog vervang. Wou net eers kyk of dit die fout was. Die snorkel sou gehelp het vir die lugfilter van die enjin. 

0
Irene

Grootwind

Thu, 30/11/2023 - 19:32

Laat my ook nou dink, daai groot en duur woord "Diens"!

Toe die T6 Ranger vrygestel is rondom 2012 was die diensinterval 15 000km (of 1 jaar), op 'n stadium het Ford dit verander na 20 000km. En toe weer terug na 15 000km Chris, doen jouself 'n guns en bly by 15 000km, die boekie reken ook die lugfilter word net elke 2de diens vervang. Ek stem nie daarmee saam nie en tydens dienste word my handelaar elke keer gevra om alle filters (olie, lug, kajuit) te vervang, ongeag. Al ene waar ek bly by die voorgeskrewe intervalle is die diesel filter, dink dis iets soos elke 3de of 4de diens (as jy jou gewone vulstasie se diesel kwaliteit vertrou!). As jy laat diens by 'n nie-Ford handelaar noem ook dat die olie binne omtrent 10 minute na die ou olie afgetap is vervang moet word. Sekere vroeë modelle het die probleem gehad, dis op 'n stadium reggestel en nie meer 'n probleem nie sover ek weet baie debatte dink daar is ook 'n Ford bulletin hieroor, het myne erens maar kry dit nie nou nie. Kyk ook die skakel hieronder (die skakel is spesiaal vir die Kavango manne soos jy en Wessel - dis nou hoe 'n regte boswa moet lyk!)

https://magazine.unseale…

Laastens, soos met alle hoëtegnologie stelsels, kyk mooi na hom dan kyk hy mooi na jou. Olie is belangrik, daai enjin het baie olie in (10l), maak maar seker dis altyd op die merkie. En maak seker die regte kwaliteit en spesifikasie word gebruik. Die specs is in die einaarshandleiding maar moet 5W30 (spesifikasie ACEA A5/B5) wees en vol sinteties...bly weg van die wat op die houer sê "synthetic technology", dis 'n ander woord vir 'n mengsel van mineraal en sintetiese olie en nie die regte spec nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/11/2023 - 19:56

Naand Grootwind, dis 'n vreeslike gedoente wat daar pryk. Mens het 'n bul bakkie nodig om dit te sleep, iets soos 'n Land Cruiser V8. My ou intree Hiluxie is net reg vir my bossiewaentjie.

Junie maand toe ons in Berg&Dal staan,  kom daar so 'n bielie boswa, genaamd Overlander, agter 'n 3.2 Ranger in. Kom staan en wag hy daar langs my luukse Kavango vir 'n plek om oop te gaan.

Kry ek mos toe skaam vir die ou se part, om met so 'n kombinasie op teerpaaie te ry.laugh Nodeloss om te noem, 'n afgetrede wingerdboer van Chris se omgewing. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 30/11/2023 - 21:03

Ek ry nie ver genoeg nie, so my voertuie word jaarliks gediens. Pierre Nolte haal filters, tyd kettings ens uit en kyk daarna en vervang wat nodig is. Hy gebruik ook net die olies wat Ford voorskryf. Salomien se Fiesta gebruik ook ‘n duur sintetiese olie maar Pierre weet dit moet net daardie olie kry. Ek vertrou hom. 
 

Ek behandel die bakkie mooi, dis maar moeilik hier in n kleinerige dorp want die enjin is nie lief vir poer-poer teen lae revolusies nie, maar ek glo nie daaraan om ‘n enjin se gal te werk voordat dit werkstemperatuur bereik het nie. 
 

Dankie vir die goeie raad, dis gaaf om die regte raad te kry van iemand wat die voertuig ken. Ek is maar gewoond aan ouer tegnologie, maar ek voel bv die ratkas skakel self terug om te help rem wanneer ek stadiger ry. Dalk het dit reeds my bestuurstyl geleer?

0
Irene

Grootwind

Fri, 01/12/2023 - 10:40

Chris, jy maak my nou bekommerd. Sekerlik haal jou mekaniek nie die tydketting uit met 'n diens nie? Dis juis die mooi van 'n ketting ipv 'n band wat gereeld vervang moet word. Ketting hou vir amper ewig en beginne effe raas as teken dat hy aandag nodig het, anders los mens hom uit (don't fix it if it ain't broke")

Wat die ratkas aanbetref is dit 'n 6-spoed ZF (Duitsland) ontwerp en onder lisensie deur Ford vervaardig. Die skakelpunte as mens versnel vs. rem verskil. Oor tyd sal die skakelpunte ook effe skuif na gelang van die ratkas se aanpassing (leer proses) aan die bestuurder se styl.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 01/12/2023 - 11:33

Wat ek bedoel het, is dat hy volgens die skedule diens maar nie vervang wat onnodig is nie. Ford beveel aan dat my 2011 Everest se cambelt (nie tydketting nie) vervang word op 100000km (net na die laaste diens wat hulle betaal). Pierre het myne s’n vervang vir ‘n kwart van wat dit by Ford sou kos. Hy het ook gesê hy kan sien die kar het toe nog omtrent net teerpad gery want die lugfilter was skoon. Baie ander werktuigkundiges vervang maar net alles al is dit onnodig. Eerlikes is skaars. En die by agente luister net na die rekenaar, dink nie vir hulself nie. 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 03/12/2023 - 21:46

Die kappie is nog nie hier nie. Dit gaan waarskynlik eers die week van die 11de hier wees. Ek plaas ‘n foto sodra ek dit het. 
 

Al wat ek intussen het om te wys, is ‘n plaas domkrag wat eergister afgelewer is. Wanneer die kappie kom gaan ek dit sommer aan die een kant van die bak teen die binnekant monteer. Die bakkie het punte waar dit opgelig kan word met die domkrag. Ek het dit aanlyn gekoop by Adendorf vir net onder R1000 plus aflewering. Die straal wat my uit die slaap hou met ander mense se katte steek bo die Ranger se enjinkap uit regs van die deur. 
 

A

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 04/12/2023 - 06:40

Lyk my die Ford gaan bietjie off- Road gebruik word. Het jou punte die ronde gat vir die Jack. Ek het so " skoen" wat oor die punt pas wat dit aanpas vir die gate. Los nou die katte man.wink

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 04/12/2023 - 07:08

..... bo-op die dakrak vas met vakansies. 

Dit gaan net pakplek opneem teen die kant van die bak. Moet ook nie teen sykant van kappie sit nie, dit gaan die oopmaak bemoeilik.  

0
Worcester

Wildehont

Mon, 04/12/2023 - 07:59

Die ARB buffer voor het links en regs vierkantige gate waar die domkrag se standaard voet inpas. Agter aan die balk waaraan die trekstang vas is, het die vorige eienaar twee ronde passtukke aangebring aan weerskante omdat die balk te diep onder die agter buffer sit. Ek moet dus nog die “skoen” wat in die ronde passtukke pas aanskaf. 
 

Wat die montering betref is dit eintlik onnodig, want die domkrag pas agter die agtersitplek in. Ek sal dit eerder binne die kar of die kappie berg as buite teen die dakrak. Afgesien van die risiko vir diefstal, is dit ‘n swaar ding om aan een kant van die dakrak te hang en die meganisme raak vol stof. 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 04/12/2023 - 12:42

Daai dompkrag is baie gewild sal later ook so een aanskaf Chris hy is gebou om te hou en vertrou maar net nie die sker tipe wat ek het nie veral op ongelyke oppervlak

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus