Die swembad was vol alge,weens verwaarlosing daarvan. Ek is beslis nie swembad kenner en het baie gesukkel toe ek swembad begin skoonmaak. Die water is nou kristalhelder , PH blyk reg, het gebackwash, maar ek sukkel steeds om ontslae te raak van wat lyk soos n laag sand onder op die vloer. Sit ek kreepy aan word die water melkerig,sit ek kreepy af/pomp af, dan is water weer helder,maar n sandlaag onder op die vloer, raad of n les in swembad skoonmaak asseblief? Wil graag swembad mooi hè vir die somer. Die enigste alternatief wat ek oorweeg , is om al die water te verwyder , uit te vee en van voor af volmaak, maar gaan dit die enigste oplossing wees, wil nie onnodig die water mors ?
Wel gedaan ChrisS...................
....................my mandjie-deksel het ook 'n kraak gehad wat ek moes vervang.
Hoekom sand filter sand kan aanhou werk
Hier is die artikel waarna ek hoër op verwys het, en hier onder is ‘n uittreksel daaruit. Dis altyd gaaf om eerlike raad raak te lees of te kry. Ongelukkig is dit skaars.

Chris, baie dankie. Hierdie…
Chris, baie dankie. Hierdie is 'n goeie inseggewende artikel.![]()





Chris S....
...baie bly vir jou part. Swembadkenners is baie gou om raad te bedien wat beleggings by hulle gaan lewer.
Ek is ook geneig om die ergste fout "oop te grawe", in plaas van die voorhandliggende/ooglopende probleem te herken.
Die ander feit is wel----hoe skoner en losser jou sand, hoe beter werk die vloei daardeur.