So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.
Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.
By ons dogter aangekom en ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier.

Dokumente en prokureurs…
Dokumente en prokureurs..............................het my moer lelik in die rooi vandag.
My moer meter sou ook in die rooi gewees het. Dit maak mens woedend.
Skaduwee by Dwarswegstrandoord
Ons het ook in pal son gestaan, maar was meeste van dag uit op besigtiging van omgewing...so nie veel gepla nie. Ook gesien daai klompie staanplekke naby ontvangs is populer weens skaduwee. Daar was eintlik bet 1x ding wat my daar gepla het en dit was die toilet papier dispensers....maar later self eie rol saamgeneem. Verder baie lekker daar gebly
Toilet papier…
Toilet papier...........................................................................stem ek saam mee Geert.![]()
Dit werk ook nie vir my nie.
Ons het al die 8ste Desember…
Ons het al die 8ste Desember die volle koopprys betaal.
Jan, ek dink sommer nou weer hardop rakende jou probleem met die prokureurs firma. Daai geld van jou lê in hulle Trust rekening en trek lekker rente. Die feit dat hulle vir jou blatant gejok het rondom die uitklaringsertifikaat laat my wonder of hulle gereed is om ook in te dien by die Aktekantoor.
Ek kry weekliks 'n opdatering vanaf 'n "tracking applikasie" wat gebruik word sodra 'n sekere "milestones" bereik is. Indien daar iets voor die tyd gebeur kan ek dit ook self sien dmv hierdie applikasie.
Die dame het wel vir jou gesê dat dit 10 dae gaan neem, Ja, dit is korrek as hulle dit wel ingedien het vandag. Is daar 'n bode wat daagliks deurry Akte kantoor toe in die Kaap, of gebruik hulle 'n korrespondensie maatskappy in die Kaap. Die uitklaringsertifikaat moet saam die doks ingedien word.
Jammer vir hierdie plasing, maar dit is wat moet gebeur.
Trustrekening
Die rente wat verdien word op jou geld in die trustrekening, is aan hou betaalbaar.
Self vertrou ek nie die trustrekening juis nie. ń Naby vriend het n sleg stel afgetrap toe oordragprokureur sy geld gaan wegdobbel het. Was vir n eiendomstransaksie. Prokureursorde het vriend se geld terugbetaal,maar sonder rente.
Onlangse eiendom wat ek aangeskaf het, n bankwaarborg gegee wat by oordrag oorbetaal word.
Hennie…
Hennie.........................................................ons kry ook die " tracking " en dit is waar ons gesien het niks vorder nie en toe self stappe geneem het. Gister laat weet dokumente is nou by hulle Kaapstad se korrespondente.
Herman, ons wou ook waarborg gee want ons het goeie rente op die vorige huis se verkoop gekry. Absa neem egter lank om waarborg uit te ruik en ons tyd het uitgehardloop.
Gister laat weet dokumente…
Gister laat weet dokumente is nou by hulle Kaapstad se korrespondente.
Baie bly vir julle part. Die 10 werksdae is maar die maksimum tyd indien daar nie probleme met dokumente is nie. 'n Vriend van my se eiendom hierbo in JHB, se registrasie was nou binne 'n week afgehandel
Jan ....
... daar het so 'n kortgat outjie op Dwarswegstrand ingetrek - Alwyn Kriel en sy vrou Marinda. Ralie sien dit nou-nou toevallig op FB. Hy kamp met 'n Caravette 6B (soos myne) en ek dink hy ry nog met sy Fortuner (CEO registrasies).
Jy kan gerus gaan kennismaak - aangename mense. Alwyn was houtwerk-onderwyser op Grabouw (waar hulle steeds woon) en Marinda was (is?) orrelis in die NG Kerk.
Maurits se kort toer
Ek hoop Alwyn is nog die 12de Februarie op Dwarswegstrand.Ons gaan vie n week daar kampen dan Buffelsbaai toe vir n paar dae en verder nog so twee kamp , maar nog nie seker waar nie.Maurits
Alwyn ...
.... sê op FB dat hulle vir 'n maand by Dwarswegstrand staan.
Die kanse lyk dus goed of julle mekaar daar sal raakkamp Maurits. Dalk kry en Jan ook nog mekaar daar.
Die laaste wat ek vir Alwyn raakgekamp het was in Satara. Ek dink dit is die laaste plek wat ek en jy mekaar ook raakgekamp het Maurits.
Ekskuus Jan vir besoedeling van jou gesprekslyn.
Ebb and Flow…
Ebb and Flow.................................................is waar ons tans staan.
Gister Dwarswegstrand verlaat en kamp nou by Sanparke se Ebb and Flow noord kamp op die rivier. Die Suid kamp is te besig vir ons.
Pragtige kamp en lekker bome as jy gelukkig is soos ons. Vroeg oggend mis in die kloof maar die voorspelling is dat dit warm gaan word.
Hier is baie stap - wat ons nou gaan doen - en ook fietsry roetes. Die kampe is redelik vol en mense geniet die rivier waar jy lekker kan roei.
Sal later fotos van die kamp neem.
Ebb & Flow ...
... is een van ons gunstelinge in die Suid-Kaap. Lieflike wandelroetes en lekker om te roei met die gehuurde kano's op die Touwrivier. En dan is die Wildernis-omgewing sommer net pragtig.
Ons sou eerskomende Maandag daar ingetrek het (in die Suid-kamp) vir 16 aande, maar a.g.v. ons veranderinge om ons ver kinders in die wildtuin te gaan ontmoet gedurende Maart, het ons Ebb & Flow gekanselleer.
Jan ....
... jy laat my hart met 'n punt daarnatoe trek. Amper het ons mekaar raakgekamp as ek by my oorspronklike bespreking gehou het om eerskomende Maandag Ebb & Flow toe te vertrek.
Julle het seker al die Knysna loeries te siene gekry. Dit is die enigste plek waar ek nog die bosloerie (Narina Trogon) gesien het - toe ons eendag gaan roei het. My enigste "sighting" van die Nataljanfrederik was ook daar - in die suid-kamp. Ek was stom van verbasing, want volgens Sasol se voëlgids kom hulle nie só ver suid voor nie.
Op daardie pad na die waterval het ons groot geskrik vir 'n bosvark wat helder oordag die paadjie voor ons gekruis het.
Lekker kuier!
Nature's valley
Jan, ek aanvaar dat NV ook nog bestaan. Het julle al daar gaan inloer, en hoe lyk dit daar? Dit is mos ook 'n Sanparke kampplek.
Eb en Vloed laat my baie dink aan Swadini, met die rivier, waterval en stappaadjies.
Ek hou van daai koel voorkoms----gras en groot bome
Meyer se droom toer
Jan, as ek na die foto kyk lyk dit vir my of julle nog baie jonk is of jy het n jong vrou gevat. Ek ry die 12de Dwarswegstrand toe. Dalk sie ons mekaar langs die pad. Maurits





Ai tog, dat mens nou so moet…
Ai tog, dat mens nou so moet sukkel om weer lewendig verklaar te word na jou valse dood deur hul eie nalatigheid.
Sterkte Jan, jy sukkel nou al 'n ruk met die ding.