Na die " onbeplande in die pad val" gesels van nou die dag, is daar so paar trips wat ek kan deel wat dalk nie die normale Badplaasvakansie avontuur gevolg het nie. Maar net as die makkers die afgesaagde detail wil hoor.
Wat ek vir nou in gedagte het, was ń trip na Madagaskar.
Op n dag toe die Getaway tydskrif nog jonk was, sien ek so klein advertensie agter in. "Ekspedisie na Madagaskar" Groep van uiteenlopende professies wat ń toekomstige ekotoerisme moontlikheid kan bevorder in ń afgeleê deel van Madagaskar. Kontak Prof F vir telefoniese onderhoud. So gemaak, en vir finale keuring is ek en Vonnels Kaapstad toe. Sosiale geleentheid, kyk of ons drank kan hanteer, nie veel meer nie.
Ons is in. Groep van n dosyn. Marine bioloog, komputor bof Plantkundige, Siviele engineer, dokter ,onderwyser, tydskrif redakteur, die uwe en dan Prof F en sy crew van dreadlock post grad studente.
Laat weet .
Gisteraand die ou 1994 foto…
Gisteraand die ou 1994 foto album van die trip uitgekrap. Wat n wonderlike ervaring was dit nie. Als, maar net mooi als het skeef uitgeloop. En dit het dit onvergeetlik gemaak.
Wat my bekommerd maak om dit te deel, is dat ek fotos met name wil plaas om dit die moeite werd te maak, maar... dit kan my dalk in die moeilikheid laat kom. Ek gee n voorbeeld. Die Botanis dame wat gladnie haar hare" getrim" of gewax het nie. Met haar kossie aan, het dit gelyk of sy Ghengis Khan se krulsnor probeer kweek op n vreemde plekkie. Die waterdruppeltjies wat so op die punte van die " snor" hang. Eish...
Net so Wessel, em om dan nog…
Net so Wessel, em om dan nog n foto te plaas ! Reguit hof toe met jou.
Onbe(skaam)de hare
As mens skuilname uitdink vir die mense gee jy mos niks weg van hulle nie? Die dame kan bv Snorlia genoem word.
Mense plaas goedsmoeds foto’s van hulself en ander op sosiale media sonder om vervolg te word.
Die snor vol waterdruppels laat my dink aan iets wat met my gebeur het naby Mission Rocks so ent van Cape Vidal af. Ek het ‘n Duitse wittebrood paartjie Cape Vidal toe geneem op ‘n dag uitstappie toe ek by ‘n lodge op die Wes-oewer van die St Luciameer gewerk het, en ons het naby Mission Rocks gestop om te swem.
Dis ‘n afgeleë stuk van die kus, en daar was niemand anders nie. Toe ek klaar geswem het gaan sit ek teen ‘n duin om droog te word. ‘n Rukkie later kom die paartjie ook uit die water, en kom staan naby my en afdroog, die man links van my en die vrou voor my. Hulle vra vrae, en goeie gids wat ek is antwoord ek hulle. Die dame staan effens laer as wat ek sit, en haar middel is so net onder my oogvlak. Sy was glad nie onooglik nie, so ek het nie omgegee nie.
Die volgende oomblik begin sy ontklee. Eers waai haar bostuk, en sy droog haar bolyf af terwyl sy aanhou gesels. Dis mos ongeskik om nie vir iemand te kyk as hulle met jou praat nie, so ek kyk maar na haar. Toe trek sy haar bikini broekie uit en omdat ek sit en sy staan is die boskasie amper in my gesig. Sy het steeds gesels, maar ek moes toe ongeskik wees en opstaan, na haar man draai en sê hoe pragtig die strand is. Hy het glad nie gelyk of hy dink dis snaaks dat sy nuwe bruid haarself ontbloot aan my nie. Dit was baie awkward. Ek weet nie of daar ‘n mooi Afrikaanse woord daarvoor is nie.
Stilte voor die storm?
Oom Neef swyg toe verder oor Madagaskar. Ek hoop nie dis my Goldilocks storie hier bo se skuld nie.
Ek sal graag wil hoor hoe Oom Neef Madagaskar ervaar het. Ons het net die deel Suid van Antananarivo getoer deur ‘n hele aantal reservate om lemurs, verkleurmannetjies (sommige moet manne genoem word - met ‘n opgekrulde stert so lank soos my voorarm ), voëls, insekte, reptiele en plante te besigtig. Daar was ‘n paar mooi landskappe, maar ongelukkig vrek baie erosie vanwee die landboupraktyke. Die kos het my ook nie werklik aangestaan nie. Hulle beeste (sulke klein modelle wat zebu genoem word) se vleis is nie baie lekker nie en verder was dit maar vis en hoender.
Wat half vreemd was, is dat alhoewel Madagaskar as ‘n eiland van Afrika gereken word (en natuurlik voorheen deel van die vasteland was) die mense nie soos Sub-Sahara Afrikane lyk nie.
Die ekologie is vrek interessant, want Madagaskar het van Afrika af weggebreek min of meer 60 miljoen jaar voordat soogdiere ontstaan het. Dis waarom daar net klein soogdiere is. Die wat daar is se voorsate het waarskynlik met natuurlike vlotte daar aangekom van Afrika af. Hulle het volgens teorie geklou aan goed soos stompe en ander groot stukke plantegroei wat tydens storms weggespoel is see toe in Afrika, en toe deur seestrome vervoer is tot in Madagaskar. Daarna het spesiasie plaasgevind. Dis wanneer lede van dieselfde spesie aanpas by verskillende habitat en omstandighede en oor tyd so verskil dat dit nie meer dieselfde spesie is nie. Maar wag, ek raak meegevoer - ek moet werk!
Inteendeel Chris. Ek sukkel…
Inteendeel Chris. Ek sukkel nou om my kop agtermekaar te kry met die storie en die karakters.
Ons instruksies na die " keuring??" Begin met dat jy n Rugsak moet gebruik vir jou bagasie. Dan ń dagsak vir snorkel, masker, kamera etc. Kikoi sonbrandolie. En ons kry n boekie met Malagasi woorde en frases. Boletsara is hello en Boletsari antwoord jy terug. Mahoon, hoe gaan dit.. en dan verstaan jy nie verder nie, maar was beleef.![]()
Die ekspedisie was na die Masoala peninsula, heel Noord oos in Madagaskar, en nogals half afgesonder. Regtig nog pragtig, dun bevolk en redelik ongerep. Prof , ń ekoloog ,het al paar plekke in die wêreld echo toerisme probeer instel, met die hoop dat die inkomste wat die mense sal genereer, hulle dan die omgewing sal beter bestuur as wat die geval in ander dele van Madagaskar is. Hy was eek keer tevore daar, en het ń recce gedoen. Ons groep was die proeflopie om te sien of dit kan werk.
Ons vlieg tot in Tana, die local woord vir Antannanarivo, en slaap eerste aand in die Anjari hotel. Die linne was vuil, soos in ongewasde menselywe se vlekke. Ons lê op ons kikois en handdoeke bo op die beddens. Die ekspedisiedokter se bagasie het weg geraak en nie by Tana uitgekom nie. Hy het net n dagsakkie. By die lughawe kry hy so klein plastiek tassie soos graad r size skooltassie, wat n kort tandeborseltjie , klein buisie tandepasta, tampon,kondoom en ń klein wit T hempie in het.Dit moet hom deursien. Christo is n groot fris man. Ek kan sy naam noem. Ons het dik pêlle geraak, en vandag een van my naaste vriende.
Gelukkig was daar nie baie klagtes nie, Christo se vrou,Nelie, was effe bekommerd oor haar gesigroom wat by Christo ingepak was. Hyself was min gepla. Die volgende oggend het hy aangemeld met ń pienk drafbroekie van Nelie, piepklein en styfgespan, en die wit T hemp wat lyk of dit aangeverf is. Die het tot by sy naeltjie gekom het.
Brekfis was warm Baguette, die kón hulle bak, mooi by die Franse geleer.
Ons is daar weg met padvervoer van etlike dae n gehawende bussie en bakkies met al die bagasie en voorrade. Ek sal later fotos plaas.
Klink lekker
Dit klink na ‘n lekker uitstappie. Proefkonyne vir vakansie. Ons het ongelukkig nie die noordelike deel besoek nie maar op foto’s lyk dit pragtig daar.
Proeflopie
Foto van ons transport. Bussie met die 2 Toyota Stouts. Wil net kyk of die foto van ń foto nie weer dwars lê nie.

Wat ń gesukkel, maar hier is hy.
Kremetarte
Op die laaste foto lyk soos kremetartbome in die agtergrond. As ek reg onthou is daar agt spesies in Madagaskar. Daardie lyk egter soos Adansonia digitata (as ek nou die botaniese naam reg onthou) wat ons op die vasteland ook kry.
Dit lyk na ‘n vrek lekker avontuur. Ek wonder hoe lank moet die ANC nog aan bewind bly voor ons bruë ook so met steierplanke gelap word…
Sover ek onthou, is daar nie…
Sover ek onthou, is daar nie Kremetarte in die Noorde nie. Die klimaat is baie tropies. Vanilla en naeltjies groei daar wild. Asook n hele klompie vrugte onder andere die Durian. So skurwe model groot soos n papaja wat ook wild voorkom. Die Durian stink iets afgryslik maar " somehow" is die smaak heerlik !! En daarvan kan ek getuig, dit ís heerlik, kry net jou neus se sintuig afgesluit.
Wildehont in die gebied is daar Ebony poachers. Hulle oes dit in die woude. Maak klein stapeltjies, op die strand, dan kom die makelaars snags optel. Die boom is beskerm in Madagaskar. Op die trip was ons vertel dat die kopers sl die pad van Mosambiek kom om due Enony te koop, vir uitvoer, seker die Ooste. Die hout was oorspronklik gebruik vir die swart klawers op ń klavier toe die wit klawers van ivoor was.
Die lokale bier, ek dink 3 Horse lager?, was heel lekker, en elke nedersetting kon ons kry. Tradisioneel het hulle " Betsa" bier gedrink. Nou Betsa word gemaak van n plant, hetsy wortels of iets, wat die spesifiek ouer dames gekou het, en dan in ń houer uitgespuug het. Na ń paar dae se gis, is dit gedrink. Ek het geproe aan die bitter besigheid, uit pure ordentlikheid, maar vreeslik gegril. Kry maar self n beeld van ou anties wat kou vir die gis-selle wat so in die gaterige tande sit. Jugh...
Kremetart en bier
Daardie tradisionele bier sal van my ‘n geheelonthouer maak. Ek onthou THB, die handgemaakte bordjie hier onder staan agter my kroeg. Ek het dit daar iewers gekoop.

Volgens Wikipedia (so dit moet waar wees
) is Adansonia digitata (die kremetart wat ons ken hier op die vasteland) ingebring in Noord-Wes Madagaskar deur Arabiese handelaars, en meestal geplant in dorpies/nedersettings waar dit vandag nog staan. Dalk is die een op die foto ‘n verdwaalde een.
Ek lees lekker Neef en wag…
Ek lees lekker Neef en wag in spanning vir die res.
Ek stem saam Wildehont, dit is beslis 'n kremetart in die agtergrond op daai laaste foto.
Waaghalse
Die mense op daardie foto van die blou bakkie wat amper oor die brug is speel lekker met die leeu se een en ander. Mens hoop darem die bruggies is sterk genoeg, en hulle ry waarskynlik met vragmotors ook daaroor. Maar ek sal eerder wag tot die voertuig oor is voor ek die brug betree. Ek glo nie daardie pale en steier planke is volgens ‘n ingenieur se spesifikasies gepak nie.
Ons het wel in Botswana sommer self bruggies gebou met teerpale oor kanale in die delta. Die dwarspale waaroor mens ry, het sommer los gelê tussen dikker pale wat lengtewys vas was aan die ankerpale weerskante en stutte tussen die ankers. Hulle kon dus effens heen en weer rol en dit het aardig geklink as mens daaroor ry.
Die man met die strepies…
Die man met die strepies hemp is ń ingenieur, kan nie onthou of dit meganies? Of siviel was nie. Ek merk op hy is op elke foto, en kyk aandagtig. Die bruggies het lelik geskommel en gewieg onder die rygoed. Nie trokke gesien nie, ek twyvel.
Stem saam oor die Kremetart. Dit was dan seker nog hier in die begin. Die Noorde is tropies, ek weet nie of Kremetarte van baie reen en vogtige klimaat sal hou nie. Het hier op die plaas al een geplant. Baie moeite gedoen met dreinering en sand by grond gesit. Het so 3 jaar geneem om te vrek.










Herman...
....ek sal beslis saamlees. Soos ek jou ken, sal die detail nie afgesaag wees nie. Ek bedoel met 'n terloopse opmerking "crew van dreadlock post graduate" !!!