Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -5 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -6 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -8 hours ago

Nog net 3-Daggies

Pretoria Tuine
Profile picture for user DK
Submitted by DK on
Forums

Die karavaan is ge-polish, gepak en nou is dit nog net 3-daggies voor ons vertrek. Die wat ook op die pad gaan wees, kyk maar uit vir die een.

s1s2s3

 

Pretoria

leeu

Wed, 19/04/2017 - 07:55

Goeie môre DK, wil eintlik nie vra nie, maar is nuuskierig, waarvoor is die GK, is dit wat ek dink dit is, en hoekom is dit op die wa  voor en agter, soos stuurboord en bakboord?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 19/04/2017 - 08:56

Ek dink dit wys wie slaap aan watter kant.  DK vir Dennis Kilia slaap aan die linkerkant en sy vrou G (Getruida, Gwen, Guppy?) Kilia slaap aan die regter kant.

Dit is om seker te maak as Dennis die dag nonsens aangejaag het en wraaknemers kom in die middel van die nag dat hulle weet aan watter kant van die wa die skuldige slaap en nie perongeluk sy vrou slaan nie.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Wed, 19/04/2017 - 09:57

Dankie, Johann. Definitief gaan ons dit geniet. Ons wag nou al hoe lank vir dit.

Weereens moet ek Weesgerus misloop agv te laat bespreking, maar nou dat ek alreeds klaar betaal het vir die ander oord, nou stuur hulle sms om te verwittig dat hulle weer staanplekke beskikbaar hetangry.

Intussen is ek nogsteeds besluiteloos watter roete ek moet kies, maar sal sien in watter rigting die X-Trail rylaugh.

My koppie raas somtyds nogals, destyds toe ons by daardie ''stink'' plek gekamp het, het ek eendag huis toe gegaan om te kyk of alles in orde is. Met my terugkeer na die ''stink'' plek, klim ek op die Vereeniging snelweg ipv om op die N3, Durban se rigtingblush.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 19/04/2017 - 10:32

Geniet jul kamp DK en GK.   Mag die dae vir julle stadig verbygaan.   Ry veilig.

0

Dit is so, die horlosies moet anti-kloks draai instede van kloks gewys, alhoewel ek nie horlosie dra gedurende naweke en vakansie nie.

Werklik, na baie stampe en stote sedert 2016 en nogsteeds, verdien ons hierdie wegkom.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 19/04/2017 - 11:00

Eastco Magalies? Hoekom het ek dan gedink julle is oppad Buffelspoort toe?  Inelkgeval, ons het al een keer by Magalies gaan kamp.  Vang jy vis?   Ek hoop jou visstokke is ingepak.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 19/04/2017 - 11:04

DK, jy klink vir my meer positief en ek is bly daaroor.   Ek hoop die laaste probleme word weggestamp en weggestoot gedurende 2017.     Die wegbreek sal julle goed doen.

Ek let sommer op die GP onder jou naam, staan natuurlik vir Gauteng Provinsie?   Maar dit is toe sommer Geraldine se afkorting ook en selfs daar staan dit bo die DK.  Wys net, jy kan nie wen nie!laugh

0

Voortrekker, nee Johann L is by Buffelspoort. 

Ja, die visstokke was heel eerste op die inpak lys, stroppe is verlede naweek gemaak ens. So kweek ek ook nou al vir 'n week lank aan erdwurmslaugh

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 19/04/2017 - 18:31

Julle moet veilig ry en dit grensloos geniet.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Fri, 21/04/2017 - 13:51

Die aftelling begin nou.

Ek noem eerder 60 minute eerder as 'n uur, omrede ure te lank klink na my sin.

Sodra ek hierdie ''Lelike'' het vanmiddag deurgaan, is die selfoon af soos in absoluut af.

0
Pretoria

Dylan

Fri, 21/04/2017 - 18:42

Geniet dit en veilig reis! Volgende week is dit ons beurt!

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Fri, 21/04/2017 - 20:05

Nou eers klaar gepak. Die karavaan was alreeds lankal gepak gewees, maar agv NAG RONDLOPER KYKERS moes ons weer gaan koop en alles geberg in die huis.

Die Goed verskaf net ekstra werk en geen geldangry

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus