Die karavaan is ge-polish, gepak en nou is dit nog net 3-daggies voor ons vertrek. Die wat ook op die pad gaan wees, kyk maar uit vir die een.


Goeie môre DK, wil eintlik…
Goeie môre DK, wil eintlik nie vra nie, maar is nuuskierig, waarvoor is die GK, is dit wat ek dink dit is, en hoekom is dit op die wa voor en agter, soos stuurboord en bakboord?
Dié Kant en Gat Kant is…
Dié Kant en Gat Kant is seker nie vanpas nie ![]()
Ek dink dit wys wie slaap…
Ek dink dit wys wie slaap aan watter kant. DK vir Dennis Kilia slaap aan die linkerkant en sy vrou G (Getruida, Gwen, Guppy?) Kilia slaap aan die regter kant.
Dit is om seker te maak as Dennis die dag nonsens aangejaag het en wraaknemers kom in die middel van die nag dat hulle weet aan watter kant van die wa die skuldige slaap en nie perongeluk sy vrou slaan nie.
Geniet Dennis
Dennis, julle moet mooi ry en geniet die kamp.
Groete vir Geraldine.
Johann L
Dankie, Johann. Definitief gaan ons dit geniet. Ons wag nou al hoe lank vir dit.
Weereens moet ek Weesgerus misloop agv te laat bespreking, maar nou dat ek alreeds klaar betaal het vir die ander oord, nou stuur hulle sms om te verwittig dat hulle weer staanplekke beskikbaar het
.
Intussen is ek nogsteeds besluiteloos watter roete ek moet kies, maar sal sien in watter rigting die X-Trail ry
.
My koppie raas somtyds nogals, destyds toe ons by daardie ''stink'' plek gekamp het, het ek eendag huis toe gegaan om te kyk of alles in orde is. Met my terugkeer na die ''stink'' plek, klim ek op die Vereeniging snelweg ipv om op die N3, Durban se rigting
.
Lekker kamp
Geniet jul kamp DK en GK. Mag die dae vir julle stadig verbygaan. Ry veilig.
Dankie tannie Freda
Dit is so, die horlosies moet anti-kloks draai instede van kloks gewys, alhoewel ek nie horlosie dra gedurende naweke en vakansie nie.
Werklik, na baie stampe en stote sedert 2016 en nogsteeds, verdien ons hierdie wegkom.
Eastco Magalies? Hoekom het…
Eastco Magalies? Hoekom het ek dan gedink julle is oppad Buffelspoort toe? Inelkgeval, ons het al een keer by Magalies gaan kamp. Vang jy vis? Ek hoop jou visstokke is ingepak.
Dinge klink darem beter
DK, jy klink vir my meer positief en ek is bly daaroor. Ek hoop die laaste probleme word weggestamp en weggestoot gedurende 2017. Die wegbreek sal julle goed doen.
Ek let sommer op die GP onder jou naam, staan natuurlik vir Gauteng Provinsie? Maar dit is toe sommer Geraldine se afkorting ook en selfs daar staan dit bo die DK. Wys net, jy kan nie wen nie!![]()
Nog net 60 minute
Die aftelling begin nou.
Ek noem eerder 60 minute eerder as 'n uur, omrede ure te lank klink na my sin.
Sodra ek hierdie ''Lelike'' het vanmiddag deurgaan, is die selfoon af soos in absoluut af.
DK! ek sien jy is aanlyn. …
DK! ek sien jy is aanlyn. Hoe lyk dit? Is al die tentpenne in? Brand die vuur?
Nou eers klaar
Nou eers klaar gepak. Die karavaan was alreeds lankal gepak gewees, maar agv NAG RONDLOPER KYKERS moes ons weer gaan koop en alles geberg in die huis.
Die Goed verskaf net ekstra werk en geen geld![]()





Dis lekker lekker!
Dis lekker lekker!