LEKKER KERSKOEK RESEP
Bestanddele:
1 koppie water
1 teelepel koeksoda
1 koppie suiker
1 teelepel sout
1 koppie bruinsuiker
Suurlemoensap
4 groot eiers
Neute
1 bottel brandewyn (3 bottels as jou naam met ‘n S begin)
2 koppies droëvrugte
Metode:
Proe die brandewyn om gehalte te toets.
Neem ‘n groot mengbak en proe weer die brandewyn. Maak seker dis die beste
gehalte (As jy 3 bottels gebruik, is dit sekerlik KWV.)
Skink een koppie vol en drink dit.
Herhaal.
Skakel die menger aan. Klits een koppie botter in ‘n donsige bak.
Voeg ‘n teelepel suiker by. Klits weer.
Maak seker die brandewyn is sjteeds goed. Drink nog ‘n koppie … vir die
wis en die onwis.
Skakel die menger af.
Breek twee eiers, gooi dit en die droëvrugte by. Tel die vrugte van die
vloer af op.
Meng die skakelaar aan. As die droëvrugte in die menger vassjit,
sjkroewedraaier dit losj.
Proe die brandewyn vir gifterigheid.
Sif nou twee koppies sout by.
Proe die brandewyn.
Sif die suurlemoensap, dreineer die neute en gooi ‘n tafel by.
Dan ‘n lepel sjuiker, of sjo ietsj. Wat jy ook al kan kry.
Sjmeer die oond.
Draai die koekpan 360° en moenie Val nie.
Menger die afskakel.
Gooie die bak deurrie venster enne drunkie laasjte brandewyn op.
Gekersde Seënfees
Kers koek met n difference
Voortrekker ja die storie bly altyd n wenner . Ek kyk gewoonlik die tyd van die jaar na n oulike verhoog stuk "Dinner for one" Dit kom uit die vroee 60 ste jare maar lag nog steeds vir dit
Dinner for one…
Dinner for one
classic. Ek het dit lanklaas gesien?
Lekker gelag nou, ek wasj…
Lekker gelag nou, ek wasj verlore by die driede koppie gebrandewyn, my vinnigers vol blabse gemeng.
Hoenderpot
Klink amper soos my hoenderpot.
Jy begin met 'n heel hoender of so 2kg stukke.
Braai uie en greenpepper in die pot met so twee eetlepels olyfolie.
Skep uit en sit hoender en halwe bottel Brannewyn in.
Na so 15 min sit jy die hoender terug en gooi 'n bottel Rum by.
Na 'n uur behoort die hoender sag gekook te wees.
Gooi dan 'n bottel single malt Wisky by en kook net so 15 min.
Sit dan die groentetjies by en die oorblywende halwe botte Brannewyn.
So 10 minute verder gooi jy die hoender en groente weg en skep die sous op in sopborde.
Jy kan self besluit of jy broodjes saam wil bedien.
Geniet
2 koppies hoender
Klink amper soos my hoenderpot
Andre jy kan daai kerskoek resep maklik in 'n hoenderpot resep verander. Ruil net die 2 koppies droe vrugte mer 2 koppies hoender.![]()
Bo baas resepte
Andre en Voortrekker julle maak dat die resepte so heerlik lyk dink dat ek self daai hoender 1 gaan probeer .Ek sien hoeka my buurman het so hans Rooster wat my in die oggende dou voor dag wakker kraai .Se die ou hy kamp daar in Pofadder en dis warm hy haal sy gevriesde hoender uit die yskas en sit hom in die son om te ontdooi.So half uur later staan daai gevriesde hoender op en gaan sit in die koelte van n boom





Leke resjep daai....
Ek wietie vannie koeki ma ek is leke gaar. Viskoen my, ek gan nou sjlaap.