Wat is.....
....'n paar bottels. Teen R350/bottel kos 12 bottels R4200. Ek het ene vir my Kavango, maar wonder wat kos dit nou by Echo.
Dalk is dit onverkrygbaar want my en Chris S se modelle word nie mee gemaak nie.
Mnr Cooke bly seker in die WesKaap.![]()
Dankie Geert
Ek kan egter nie werklik die nut van ‘n neus kombers vir die Kavango sien nie. In Kgalagadi sal dit dalk help, maar andersins gaan dit eerder in my pad wees. Met ‘n padkaravaan wat bo die sleepvoertuig uitsteek en ‘n venster aan die voorkant het maak dit meer sin.
Neuskombers
Ek het wel 'n kombers op my Kavango, saam gekry met koop vanaf vorige eienaar.
Ek dink dit verhoed tog dat klippers die sagte dele aan voorkant beskadig en dat dit terug kan spat en agtervenster van die kappie kraak/breek.
Deesdae is paaie so vuil en besaai met tot klippers, dat selfs op teerpaaie dit klipskade kan verhoed. Ek was heel gerus op die grondpaaie die afgelope toer, omdat ek myne altyd op het.
Klippe wat terugspat
Dit was nog net in Kgalagadi vir my ‘n bekommernis. Daarom het ek met hoekyster ‘n raam prakseer wat aan die sleepvoertuig se trekstang vasbout, en waaraan ek flappe van vervoerband vasbout om te keer dat die klippe by die wa uitkom. Dis nie 100% effektief nie, maar afgesien van een gaatjie in die Kavango se veselglas het ek tydens twee toere tot diep in die Kgalagadi darem nie skade gehad nie. Maar dalk moet ek ‘n kyk wat kos ‘n kissie Pinot Noir…
Skokbrekers
Môre Chris S, het jou wa ook skokbrekers saam met soliede as en bladvere??
Ek vermoed my 1 skokbreker is pap, en of die sporing laat nou linkerband skeef afloop. Volgens Echo moet die sporing oorgestel word nadat skokbrekers vervang is. Dit beteken dat ek maar weer soheentoe moet gaan.
Begin nou effe gatvol raak vir my wa.
Wil nie stir nie,
Maar dit wil my voorkom dat een van twee dinge problematies kan wees.
1. Die ouens met die grondpad tipe waens kyk strenger na hul waens of,
2. Pad waens is minder sensitief vir probleme met sporing, skokbrekers en dies meer?
My Penta het nou al Suid Afrika deur kruis en die inloop skokbreker is een keer vervang, na die insident in 2019.
Wiel sporing is nog net gestel na dieselfde insedent.
My diep siklus battery het al 3 ure tydens krag onderbrekings alles op die Penta onderhou.
Ek stook nie nou nie, maar sit en dink maar net aan die verhouding van "klagtes" wat die twee groepe eienaars hier opper.
Soliede as met bladvere en skokbrekers
Dis waarmee my Kavango toegerus is. Die vorige stel bande het ek vervang omdat die een se sywand seergekry het, hulle het glad nie ongelyk afgeloop nie en was volgens die datum op die band tien jaar oud. Ek het nie eers geweet die wa se wielsporing kan/moet gestel word nie.
Oom Slot, ons manne met die boswaens is rof en onbeskof al dra party van ons laphoedjies. Ons vaar die wilderness in en ons voertuie vat baie meer houe as die besadigde padkaravane. ![]()
Johann....
...môre my vriend, jy kan maar roer, die gemoedere is nie lekker nie. Vanoggend met Echo gesels, en foon is nog effe aan warm kant.
Die een probleem met soliede aste is dat dit buig en sporing kan nie gestel word nie. Sporing gaan egter nie uit soos met onafhanklike vering nie, maar 'n GROOT slaggat kan dit buig.
Gesels vanoggend met tegnikus/werktuigkundige wat leeftyd by Brits woonwaens gewerk het. Ek vertel hom hoe band lyk, en sy 1ste reaksie was----die balansering is uit. Nie sporing of skokbreker nie, maar gewone balansering.
Sal daarmee begin, dis min moeite en goedkoop om te laat nagaan.
Gewig
My denke sê vir my dat die swaarder? Boswaens se gewig ook 'n rol speel in die onderhoud, en dan natuurlik soos Chris noem, die rowe paaie wat julle sleep.
Die Penta ken nie van verder as 5 / 6 kilometer grond nie en dit gebeur ook bitter min.
Sover ek bewus is, is boswaens swaarder as 'n pad wa?
Padwa boswa en onderhoud
Ek is nie seker of alle boswaens swaarder is as alle padwaens nie. Byvoorbeeld my Kavango se plaatjie BVM is maar 1500kg, en my Palma was destyds 1600kg. 'n Gecko se BVM is 1900kg, invergelyking met 'n Exclusive van 2000kg???
Wat in praktyk egter gebeur is iets anders, want ek het byvoorbeeld die afgelope vakansie begin met 120liter water in die tenk, 40l diesel agter op sy stert. Boonop was yskas propvol, en ons vloeistowwe soos koeldranke en bier vir omtrent al 22 dae was ook ingelaai. Dan praat ek nie eers van die jukskeie wat saam Karoo toe is nie.![]()
Verbasend is 'n groot Mobi Lodge se BVM maar sleg ongeveer 1700kg.
Ek moet têr versagting noem dat die Kavango met laphoedjie baas, nog nie werklik "off road" gebruik was deur sy baas nie. Die afgelope toer se grondpaaie, wat in goeie toestand was, is omtrent die totaal wat my wa grondpad geloop het. Ongelukkig weet ek nie hoe die 1ste eienaar dit gebruik het nie.
Miskien gesels ek en Chris S maar net meer oor die herstelwerk wat ons moet laat doen.
As ek sou kon kies sou ek…
As ek sou kon kies sou ek ons Fleetline met 'n konvensionele as met spiraal of blad vere en skokbrekers verkies. Die rubber suspensie van Al Ko wat meeste pad karavane die afgelope 30 jaar of so mee toegerus is werk goed maar noudat Al Ko landuit gaan wonder mens wat vorentoe gaan gebeur as die as herbou moet word of selfs vervang word met die dat die OEM nie meer in die land is nie. Wessel, as ek reg lees het jy omtrent die hele Pik & Betaal se voorraad saamgery? Dis iets wat ek glad nie doen nie, pak slegs die nodige in vir die eerste paar dae en daarna is dit P&P toe vir aanvullings, die Fleetline se watertenk is ook dolleeg, om (in my geval) 50l saam te ry is net moeilikheid soek, dis 50kg wat heen en weer geweeg en verseker 'n stabiliteits problem gaan veroorsaak as mens skielik moet uitswaai vir iets, in die Kavango se geval 120kg? (dis nou indien daar nie ingeboude "baffles" in die tenk is nie, in die Fleetline se geval is daar nie). Wat balanseer van die wa se wiele aanbetref doen ek dit so elke jaar of twee, ongeag die hoeveelheid km wat tussenin gery was. Mens voel nie juis in die sleepvoertuig as die wa se wiele uit balans is nie maar die wa se suspensie voel dit verseker met gepaardgaande slytasie op die suspensie en bande.
Bladvere met soliede as werk…
Bladvere met soliede as werk van toeka af, tot vandag toe. Meeste van die bakkies, toyota, Ford, het steeds soliede as met bladvere, tot vandag nog, en daar is niks mee fout nie. Die onafhanklike vering met stub axles, vir ń boswa, of grondpadwa,is in my boek ń total overkill, maar dit trek die koper se aandag. Neef is maar ou skool, en sal sy tyd daar klaarmaak.
Klink my regtig of die Kavango's erg baie onderhoud vereis. Die twee hier se probleem-insette is al ń lywige bundel...of dalk twee.![]()
Wessel, daai 120l water, dink daaraan asof jy twee en ń half sakke sement saamry. Ek sit so 10l in Jurgie se kannetjie, en ons vat 10l plaaswater saam, vir drink. Ons hou ook van net genoeg groc inlaai vir ń paar dae, dit is lekker om te shop in die omgewing, ouma sê dit is terapie vir haar.
Sporing stel van soliede as???
Die vraag is, kan 'n soliede as se sporing gestel word??
As ek Johann se inset korrek lees, kan dit wel gestel word
boswaens en soliede aste
Daar is weliswaar baie boswaens wat met ouskool starre aste gebou word. Behalwe vir sommige Kavango's, weet ek nie van ander wat ook onafhanklike vering het nie.
Ek is nie gaande om met vakansie winkels te besoek nie. Boonop is wildtuine se winkels baie duur. Ek het ook nie lus om na winkels net buite Kruger te gaan nie. Ons het wel Pik en Betaal in Graaff Reinet ondersteun.
Kavango onderhoud
Klink my regtig of die Kavango's erg baie onderhoud vereis. Die twee hier se probleem-insette is al ń lywige bundel...of dalk twee
Soos voorheen genoem het ek die Kavango al meer as 20000km gesleep. Toe ek dit in 2019 gekoop het was dit reeds 11 jaar oud en ek weet dit was hoofsaaklik deur die vorige eienaar gebruik om Kgalagadi (spesifiek Mabuasehube) toe te gaan.
In terme van onderhoud het ek nog net die inlooprem skokbreker en bande vervang. Ek het ook ‘n split pin in die een hoekstut vervang na erge sinkplaat tydens ons 2020 Kgalagadi toer. Ek wou verlede jaar voor Kgalagadi die linkerkant se bladvere vervang het, maar die nuwe stel was ligter in die broek as die oue. Ek het die nuwe pak nog, en sal dit saamry as ek weer bv Kgalagadi toe gaan - vir gemoedsrus. Daar was ook die spaarwiel se A-raam wat swak herstel was (deur Echo) en wat ek met Lapskag se virtuele hulp herstel en versterk het.
Die res van die onderhoud was goedjies soos pype wat gekraak het, ‘n kraan wat gelek het, 12V verbinding na die yskas wat nie lekker kontak gemaak het nie en die deur se knip om dit oop te hou wat uitgewerk was.
Ek het nog nooit ‘n padkaravaan gehad nie, so ek kan my nie uitspreek oor die onderhoud daarvan nie. Ek weet net die Kavango sleep soos ‘n droom, het alles wat ons nodig het behalwe ‘n spoeltoilet en ons kampeer vrek lekker daarmee.
Wildehont, ek skerts sommer…
Wildehont, ek skerts sommer. Alle waens het maar aandag en onderhoud nodig. Die Kavavango manne is net meer gefokus op die takie.
Moet sê, die foutjies wat ek lees, laat my terug dink aan die ou Series Landrovers, baie dieselfde.
Elektries, pypwerk, remme wat jou wil omdop, aste wat skuif, sideshafts, ag laat ek liefs ophou. Ou Landys.... nooit in my lewe weer nie.![]()
Alles reg
Wildehont, ek skerts sommer.
Ek was nie beswaard nie, het sommer hardop gedink en vir myself opgesom hoe swaar my Kavango op onderhoud is. Daar is ‘n gesegde in Brits; Offence is taken, not given.
Ek is heel tevrede met die Kavango en beïndruk met wat dit kan vat - veral na twee toere Kgalagadi toe. Ek het ook voorheen ‘n klomp goed in die wa gelaai met lang toere en die watertenk tuis volgemaak voor vertrek, maar ek het opgehou daarmee. Gelukkig het die Ranger genoeg plek en harde vere so die ekstra bier, wyn ens gaan daarin.





Die Kavango het nie ‘n afstandmeter nie
Ek hou nie boek van die afstand wat die Kavango gesleep word soos die grootmense op die forum nie so ek sal nie kan sê nie. Maar ek het 2 Mei 2021 vir die Kavango ‘n swaardiens skokbreker ingesit, en dit werk nog reg. Intussen was ons vier keer Dwarswegstrand toe, drie keer Krugerwildtuin toe, een keer Kgalagadi toe en een keer Hartenbos toe. Daar was baie naweke en langnaweke tussendeur wat ek nie nou gaan probeer onthou nie, maar tussen die toere hier bo het die wa reeds meer as 20000km afgelê. En dit het nog die remskoene waarmee ek dit gekoop het in 2019.