Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -7 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -10 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -15 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -21 hours ago

2024 Kamp beplanning?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Laat ek maar sien wat se reaksies hier gaan volg, hopelik is daar by lede baie beplanning vir die jaar.

Ons was Jan 2024 by Umfula buite Parys vir so week.

Bespreek en betaal vir 21/03/24 tot 27/03/24 by Zelpy Fishing Magaliesberg.

Bespreek, moet nog betaal, vir 24/05/24 tot 26/05/24 by Marula Oase naby Bella Bella, regoor Klein Kariba.

Sover is dit dit vir die jaar, ons kinders van Australia kom Desember 2024 tot Januarie 2025 vir ons kuier en ons moet nog besluit waar ons gaan om hulle hul land van herkoms te wys.

Tussen die twee tye is vir ons nog oop vir beplanning tot so omtrend September die jaar.

Wat is julle beplanning vir die natuur opsoek?

Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/06/2024 - 13:44

middag, ek antwoord sommer. Daar is 2 gespreklyne met opskrifte;

2024 kamp beplanning

2025 kamp beplanning 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 13/06/2024 - 16:43

Ek het op die Karoo Nas Park-draad genoem dat ek vir 2 weke in die park bespreek het, maar nie die presiese datums genoem nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 13/06/2024 - 16:46

... nee, daar is nog geen finaliteit dat ons wel in 2025 vir die ver kinders sal gaan kuier nie. Indien dit plaasvind moet die spreekwoordelike skip met die geld nog eers kom vasmeer.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 14/06/2024 - 06:36

moet die spreekwoordelike skip met die geld nog eers kom vasmeer.

Ja, dit gaan weer 'n paar rand kos. Sterkte met al julle beplanning. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 14/06/2024 - 11:47

Ons moet n dag vroeer terugkom vanaf wildtuin as beplan....so wil kyk of ons nie n dag vroeer kan gaan nie, om krediet te gebruik. Gedink om weg te spring met Malelane kamp. Ons het nog nooit daar gekampeer nie. Sommer kyk of ons ook daai luiperde daar kan kry waarvan ek altyd lees. 

Darem kanselasie by Malelane gekry. Daar was 2x dae beskikbaar....die verleiding was te groot om die ander dag te los, so het hom ook maar in die basket gegooi

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 15/06/2024 - 15:22

Ons seun kan nie volgende maand meer saam gaan wildtuin toe nie. Hy het n ruk terug n werk gekry wat hy deur sy swottings gedoen het, maar het vanoggend gehoor dat hy moet help met n groot projek wat einde Julie moet klaar wees. So dis net my vrou en ek. Jammer dit val nou in 30 dae penalty tyd as mens kanseleer, want ek sou graag diè hele trip nou buite skool vakansie wou doen.....tans sluit bespreking nog laaste deel in van vakansie.

Dis jammer hy kan nie meer saam nie....hy het vreeslik uitgesien, maar besef sy werk kom nou eerste. Werk is skaars en die vooruitdigte met huidige maatskappy lyk goed 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/06/2024 - 15:58

...daar kom 'n tyd vir alles het die Prediker gesê. Werkvooruitsigte vir jou seun is BAIE meer belangrik, as 'n wildtuin vakansie, vir hom.

Gaan julle twee grootmense maar alleen, alles is tog klaar betaal.   

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 18/08/2024 - 11:43

... het hulle toer deur KarooNP, Bergkwagga, Addo en Stormsrivier toe gebeur. ek kan nie onthou dat ek iets raakgelees het nie. Jy het nog vroeg in Junie geskryf dat dit oor 2 weke sou gebeur.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 18/08/2024 - 11:53

Ons planne is, was effe in die wiele gery. Een van die katte het  beroerte gehad en was afhanklik van Von om haar te voer. Sy is nou Vrydag na, op die veearts se voorstel , ń genadedood gegee. Is maar ń traumatiese besigheid.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 18/08/2024 - 15:00

...die weer verbeter mos nou, dalk moet julle tog ou Jurgie aan die rol sit. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 18/09/2024 - 12:14

Ons Kerk groep moes laasjaar stem wanneer hul wou kampeer....oor die lang naweek of die gewone naweek daarna. Gelukkig het meeste gestem vir die naweek van 27-29 September, want volgens weervoorspelling gaan dit maar mislike weer wees oor lang naweek 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 22/09/2024 - 19:45

... word môre van sy bokkies afgehaal. Dan eers na SupaQuick vir 'n vinnige "check" van die battery en sommer banddrukke nagaan. En dan die wasproses, want my tuin-ingenieur is hier.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus