Laat ek maar sien wat se reaksies hier gaan volg, hopelik is daar by lede baie beplanning vir die jaar.
Ons was Jan 2024 by Umfula buite Parys vir so week.
Bespreek en betaal vir 21/03/24 tot 27/03/24 by Zelpy Fishing Magaliesberg.
Bespreek, moet nog betaal, vir 24/05/24 tot 26/05/24 by Marula Oase naby Bella Bella, regoor Klein Kariba.
Sover is dit dit vir die jaar, ons kinders van Australia kom Desember 2024 tot Januarie 2025 vir ons kuier en ons moet nog besluit waar ons gaan om hulle hul land van herkoms te wys.
Tussen die twee tye is vir ons nog oop vir beplanning tot so omtrend September die jaar.
Wat is julle beplanning vir die natuur opsoek?
Maurits...
middag, ek antwoord sommer. Daar is 2 gespreklyne met opskrifte;
2024 kamp beplanning
2025 kamp beplanning
moet die spreekwoordelike…
moet die spreekwoordelike skip met die geld nog eers kom vasmeer.
Ja, dit gaan weer 'n paar rand kos. Sterkte met al julle beplanning.
Kanselasie gekry
Ons moet n dag vroeer terugkom vanaf wildtuin as beplan....so wil kyk of ons nie n dag vroeer kan gaan nie, om krediet te gebruik. Gedink om weg te spring met Malelane kamp. Ons het nog nooit daar gekampeer nie. Sommer kyk of ons ook daai luiperde daar kan kry waarvan ek altyd lees.
Darem kanselasie by Malelane gekry. Daar was 2x dae beskikbaar....die verleiding was te groot om die ander dag te los, so het hom ook maar in die basket gegooi
Wildtuin trip
Ons seun kan nie volgende maand meer saam gaan wildtuin toe nie. Hy het n ruk terug n werk gekry wat hy deur sy swottings gedoen het, maar het vanoggend gehoor dat hy moet help met n groot projek wat einde Julie moet klaar wees. So dis net my vrou en ek. Jammer dit val nou in 30 dae penalty tyd as mens kanseleer, want ek sou graag diè hele trip nou buite skool vakansie wou doen.....tans sluit bespreking nog laaste deel in van vakansie.
Dis jammer hy kan nie meer saam nie....hy het vreeslik uitgesien, maar besef sy werk kom nou eerste. Werk is skaars en die vooruitdigte met huidige maatskappy lyk goed
Ons planne is, was effe in…
Ons planne is, was effe in die wiele gery. Een van die katte het beroerte gehad en was afhanklik van Von om haar te voer. Sy is nou Vrydag na, op die veearts se voorstel , ń genadedood gegee. Is maar ń traumatiese besigheid.
Lang naweek
Ons Kerk groep moes laasjaar stem wanneer hul wou kampeer....oor die lang naweek of die gewone naweek daarna. Gelukkig het meeste gestem vir die naweek van 27-29 September, want volgens weervoorspelling gaan dit maar mislike weer wees oor lang naweek
Mislike naweek weer....
klink na goeie nuus. Dan hoef ek nie buite en/of tuin te werk nie.![]()
Weervoorspelling die komende naweek
Die weervoorspelling vir Seepunt lyk heel aangeneem. Sondag lyk na ‘n goeie dag vir die kinders om by Clifton te gaan speel onder my toesig.





My 2025 beplanning vorder…
Wat gebeur met die oorsee beplanning.