Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -36 minutes ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -2 hours ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -13 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -13 hours ago

Manyane

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Wie het onlangs by Manyane gekamp en sal julle dit aanbeveel?

google kaart
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 28/06/2018 - 04:16

Ongelukkig kan ek nie help met jou navraag nie, ek vertrou iemand sal wel kan.

Maar baie welkom op die forum, vertel ons asseblief meer van jou kamp ervarings.   Ons nooi jou om lekker saam te gesels.

0
Meyerton

Segekok

Thu, 28/06/2018 - 05:57

Welkom Wessels. Ek verkies Bakgatla en ken nie regtig die kamp plak by Manyane nie. 

Het lanklaas daar gaan draai. Dit is nou vir my te duur omdat ek elke dag moet betaal om in die park te kan gaan draai ry. Die voordeel van net eenmaal betaal vir die duur van jou verblyf is nie meer daar nie

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 28/06/2018 - 07:13

Welkom Wessels !

Omdat ek 1500km vanaf die kampplekke Bakgatla en Manyane (net buite Pilansberg Wildtuin) woon, was ek nog nooit daar nie en kan dus nie jou vraag beantwoord nie.  Ek bly egter wildlewe-mal en verkies altyd om binne-in 'n wildtuin te kampeer, iets wat nie by Pilansberg moontlik is nie.

Jy bly egter om die draai van Pilansberg en dit sal gaaf wees as jy beide kampeerplekke op die proef stel en ons dan van 'n lekker opinie gestaaf met fotos voorsien.

0
Pretoria

Slowstrike

Thu, 28/06/2018 - 07:29

Ek stem saam oor die toegang vannaf die twee kampplekke na die reservaat. Self lank laas daar gekamp maar om nou elke dag te betaal om die park binne te gaan is maar swaar aangesien dit voorheen `n gawe voordeel was.

Die park is ook nie deel van Sanparke nie so jou wildcard werk nie daar nie dis maar betaal of ....

Ek self gaan graag Pilanesberg toe vir `n dagtrippie. Ek weet dit is een van Willem se gereelde kampplekke dalk weet hy meer.

Groetnis

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 28/06/2018 - 11:01

Wessel welkom en gesels lekke saam solank jy kamp en geniet ken ook nie die plek nie maar verkies oom Paul se plek

0

Hello allle mede kampers.

Lank gelede deel gewees van "vorige" forum. Verskoon dus as ek nie alles teksboek korrek doen nie.

Intussen so bietjie Buffelsfontein olie aangesmeer en sleepgoete verander van Ford Territory-Palma na Hilux + Kavango. Gaan nou weer hopenlik weer van nuuts af kamplewe opneem.

 

Beplan om erens die maand die Kavango in Manyane te gaan aanpas. Het volle tent laat bymaak, dus gaan dit 'n uitdaging wees om alles op hulle plek te kry.

Wil nou graag weet by die manne [+dames] met aanboord storte---- wat is korrekte protokol in gewone karavaanparke aangaande stortwater? Vang mens dit maar in emmer op en gooi die naaste boom nat.

Groete

 

 

 

 

 

 

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 01/07/2018 - 17:56

Wessels, persoonlik het ek geen probleem om stort water na bome, beddings ens te her lui nie, maar paar mense voel weer sterk dat alle grys water behoorlik van ontslae geraak moet word.

As ek kan voorstel, kry maar vir eie tevredenheid die oord bestuur se gevoel van hoe hulle dit sou verkies.

Ons bly in 'n waterskaars land, ek hou nie van water vermorsing nie, maar wat vir my werk, werk nie noodwendig vir my buurman nie.

Hoe dit ook al sy, ek dink ons is dit almal eens, geen opdamming onder jou wa nie, dit vrot, en word die volgende kamper se probleem?

 

0
Meyerton

Segekok

Sun, 01/07/2018 - 18:31

Hier wil ek graag ook net vinnig iets hier seg...  Om die grys water teen die boom se stam te gooi doen niks vir die boom nie. Die wortels van die boom is ver om die boom verspry.  

Hier is elders n gesprek gevoer oor die gryswater ding.

0

Hello mede kampers

Het toe in Manyane gaan kamp, en;

1] die kamp en ablusie is steeds  in goeie toestand, skoon en alles werk

2] die staanplekke is te kies en keur, van gras tot rooi grond. 'n Boor is verkieslik om penne in te kry.. Gelukkig het ek maar 'n effe swaar kop ysterhamer byderhand gehad

3] Hektoegang na wildtuin is werklik gekoppel aan tydperk geboek in kamp. As jy kan bewys jy is ingeboek neem jy 'n konsessie permit uit. Dit het my slegs R180 gekos om van Vrydag tot Sondag toegang te kry, so effe afslag vir pensioenarisse[bo 60], en omdat ek met arme Hilux ry.

4] Geen fotos want die uwe het kamerasak met verkykers veilig by huis vergeet, in die haas om Kavango gepas te kry aan bakkie.

5] Kavango kamp baie lekker, die aanboord toilet en warm water is 'n bonus. 

6] In alle eerlikheid, 'n padwa soos 'n Palma is warmer as Kavango, veral as mens voor slaap in uitvou-tent gedeelte.

7] Die sleep van smaller wa met die byvoordele, laat die skaal swaai na Kavango ten opsigte van vorige Palma.

8] Ek het vir my die ekstra sypanele by Echo laat maak, en dit maak 'n koue kamp baie draaglik. Pluimpie aan verskaffer, alles pas perfek bymekaar.

Groetnis

 

 

 

0

Hello mede kampers

Weens die feit dat die uwe die kamerasak tuis vergeet het, moet ek nou maar weer volgende naweek by Manyane, Pilansberg gaan kamp.

Was verlede Vrydag daar met my seun en sy Poolse vrou, en vir die eerste keer vanaf 1997 die berugte buffels te siene gekry.

Hopenlik sal ek tog instaat wees om paar foto's te wys na volgende naweek.

Gegroet

Wessel

 

0
Pretoria

Geert

Tue, 25/06/2024 - 09:33

Het iemand al oor Kersfees by Manyane gekampeer? Is die reservaat oorvol van dagbesoekers? 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 25/06/2024 - 11:30

............ek kan nie help nie. Ek het nog nooit Pilansberg besoek nie want as ons die pad noorde toe aanpak hier van die Kaap af, is dit maar Kruger Wildtuin toe.  Maar op sosiale media het ek al verskeie positiewe maar ook negatiewe berigte gelees oor Pilansberg, Manyane en Bakgatla.  Wat ek wel weet is daardie geweste word hel-warm in Desember  -  my vrou kom vanuit daardie geweste en haar voorgeslagte het geboer waar Pilansberg nou is.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus