6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -47 minutes ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Pathfinder dieselfilter probleem

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek het mos onlangs vertel met ons terugrit vanaf die Wildtuin dat die Pathfinder het "flat spot"  as ek vetgee om verby iets te ry.  Dit het erger geword en in Pretoria het 'n algemene werkswinkel my tehulp gesnel, Nissan Sinoville wou/kon my nie help nie  -  glo te besig. Die dieselfilter (deur Nissan Parow vervang volgens die diensfaktuur voor ons Wildtuin toe is) was verstop en die fitersensor was nie gekoppel nie en afgebind.   Die vermoede van die Pretoria werktuigkunige was dat die filter nooit vervang is nie en die afbinding van die sensor is gedoen om te voorkom dat die sensor aandui die filter is verstop.

Ek het vandag 'n afspraak met die diensbestuurder van Nissan Parow wat die aanvanklike diens gedoen het, gehad.  Hy was geskok om my storie te hoor en veral die fotos te sien van die ontkoppelde, afgebinde sensor.  Hy het onmiddellik aangebied om al my Pretoria-koste te vergoed hulle onvoorwaardelike verskoning aangebied.  Hy sal die saak verder intern hanteer en vermoed die filter is nooit werklik vervang nie, ten spyte daarvan dat ek ongeveer R2000 daarvoor betaal het.

Ek is tevrede dat hulle die fout erken het en my onkoste vergoed het.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/06/2024 - 17:02

.... goed vir jou, maar die Parow diensbestuurder moet ook die filter wat hulle jou laat betaal het [R2000], en nie gekry het nie, ook terugbetaal.

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 27/06/2024 - 17:06

Nou wonder ek wie het die R2000.00 ge- pocket?

Die werktuigkundige was in op die bedrogspul, hy het die sensor uitgeprop.

Dalk ń sideline "Nissan spares op special". tak daar in die "Hood"

Pretoria

Geert

Thu, 27/06/2024 - 17:27

Dis waar wat Neef Herman sê....daai ou moet aangekla word vir diefstal en ge-fire word. Ek werk relatief baie met Centurion hekmotors. Al n paar keer gekry waar boytjies my nuwe parte teen spotgoedkoop aanbied. Hulle ry natuurlik rond met baas se bakkie en sê hy moet foutiewe parte koop....wat nie foutief is nie. Baas invoice die kliente onbewus vir parte wat nie vervang is nie en sy werkers verkoop nuwes vir extra geld. 

So n ou kan n maatskappy soos Nissan groot skade berokken

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 27/06/2024 - 19:35

..........die skuldiges moet gestraf word, maar hoe Nissan dit gaan bewys, is hulle probleem - ek wil nie daarby betrokke wees nie.

Wessel, ek dring nie aan nie op die R2000 vir die filter waarvoor ek betaal het, en MISKIEN nie gekry het nie...let wel, miskien nie gekry het nie. Ek sal nie aandring op verder betalings nie want ek is nou in presies dieselfde posisie terug geplaas asof daar geen probleem was nie.

 

Irene

Grootwind

Fri, 28/06/2024 - 13:04

Bevestig my stellings van voorheen. En versterk my metodiek om sover moontlik goed waaraan die werkswinkel moet werk en/of vervang diskreet te merk. Doen al jare lank die ding waar ek sodra ek tuis stop nadat 'n voertuig gediens was ek alles nagaan om seker te maak die werk soos per dienskaart is wel na behore gedoen. Ek vertrou nie werkswinkels blindelings nie, punt. Wat hier met Len gebeur het is niks anders as bedrog nie....die individu verantwoordelik behoort krimineel aangekla word

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus