Daar hoor ek nou van 'n nuwe kampplek. Hopenlik sal Goeie Hout binnekort vir ons 'n resensie kan gee van Nuwejaarsrivier.
Ek het so vinnig gaan kyk op internet, en dit lyk na 'n netjiese plek. Dis net jammer dat die kampeerplekke ook in 'n groep bespreek moet word.
Ek is juis opsoek na oornagplekke naby Hermanus vir volgende jaar. Onrus is daar, maar Marie is nie baie lief vir die plek nie. My Miami kinders beplan om te kom kuier, en die skoonouers bly in Stanford.
So werk Nuwejaarsrivier
Ek het navraag gedoen vir 20-24 September maar hulle is natuurlik reeds vol bespreek. Hulle was gaaf genoeg om te laat weet hoe werk die minimum getalle wat moet bespreek:

Nuwejaarsrivier ...
... word besit deur baie aangename eienaars, maar ..
- dit is eerstens amper op my spreekwoordelike voorstoep (sowat 11 km van my huis af),
- en ons kamp nie in groepe nie.
Maar soos wat ek die mense ken, sal dit puik en netjies wees.
So uit soos...
koekies in 'n weeshuis vir my oorweging. Gelukkig het ek tyd om planne te maak.
Dit lees asog mens die chalets en woonwaplekke in totaliteit moet bespreek.
Dankie Chris S vir info.





Onrus(tig)
Ek is ook bly om te verneem van Nuwejaarsrivier. Ons het ‘n paar keer baie lekker by Onrus kampeer, maar ons laaste besoek in Oktober 2022 was nie so aangenaam nie. Ek het daardie naweek snuf in die neus gekry oor die sekuriteit en my boor en koplig is daar gesteel. Meer onlangse resensies op TripAdvisor bevestig dat mens nie meer rustig kan slaap daar nie. Selfs gasbottels word weggedra.