Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -4 hours ago

Oktober Karoo kuier

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagsê maters. Chris is al amper op pad en glo hy sal seker binnekort ń gesels begin oor sy trip.

Neef wil nou sy sy spotlight steel nie, maar gedink dat die ander "gate crashers" wat Chris se rustige stoepsit in die Karoo N P in ń impromptu saamtrek laat ontaard  het, die spesiale geleentheid hier deel. 

Vir die wat opdaag is daar vir elkeen een van die oorspronklike venstersplakkers van die Park. Dit het die Bakoor jakkals op, en... dit is nie meer beskikbaar nie. Armond het ń aantal van die by die vorige parkhoof gekry.

Vanmiddag laat Armond my weet dat hy vir ons ook van die epulette?? wat hulle oorspronklik gedra het gaan gee.

Hy is aan diens die naweek wat ons daar is. Ek het hom gevra of Saterdagmiddag hom en sy familie sal pas vir ń kuier saam ons. Hy is reg daarmee. Hopelik pas dit almal in ons groep. 

Ek sal paar ekstra biere en ń vleisie inpak vir hulle. En ek hoop Len stem in dat ons sy werf gebruik vir die kuier, Von het vertel hoe lekker hulle sit in en gesels het, in julle wa, toe ons Wessel dopgehou het waar hy in die reen sy slag met die skillies bewys het.

Groetnis.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/10/2024 - 05:05

....nou is ek sommer lekker jaloers. Ek voel sommer so aan my broek se gatnaat dat julle Karoo kuier iets spesiaal gaan wees.

Die vensterplakkers is op sigselwers 'n unieke bederf/voorreg wat Armond uit die hoed trek.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 02/10/2024 - 08:13

... na die kuiertjie. Oormôre skop ons die toertjie af. Die pakkery is grootliks afgehandel. Selfs die karavaanbed is gister al opgemaak. Die 'goeters' wat agter in die bakkie gepak moet, staan alles bymekaar. 

Mammie moet nog net vanoggend gaan vir die kameratjie in 'n ongemaklike plek, maar gelukkig kry sy 'n ligte narkose want sy is tog só selfbewus om daardie deel van haar anatomie vir die dokter te gaan uitstal.

Môre-oggend word Stoffel papegaai weggeneem vir haar vakansie by my seun en dan sal die inpakkery in die bakkie in alle erns begin. Sy het al as jong voël in die Karoo Nas Park gekuier, toe ons stout was en haar ingesmokkel het - waartydens sy amper muskeljaatkat-kos geword het. Maar dit is 'n stout-storie vir 'n ander dag.

Vrydagoggend is dit haak en sleep - eers net tot Dwarswegstrand en Maandag durf ons die Outeniquapas, Klein-Karoo en Meiringspoort aan tot by ons Oktober Karoo Kuierplek waar ons geduldig sal wag vir die ander maters.

Dankie Neef vir jou voorlopige reëlings met die Saterdag se saamkuier. Ek hoop dat ons hierdie keer droogvoets sal kan braai - alhoewel reën in die Karoo altyd welkom is. Volgens YR.no lyk dit of ons Maandag in die reën uit Dwarswegstrand gaan vertrek en in reënweer in die Karoo gaan arriveer.

Ek sal 'n aparte gesprekslyn begin wat handel oor ons toertjie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 02/10/2024 - 09:54

Môre oor twee weke klok ons in daar by ChrisB wat vir ons sit en wag  in Karoo Nasionale Park.  

Herman, gaan jy poog om op dieselfde plek as twee jaar gelede te staan ? Indien wel, parkeer jou kar op "ons" staanplek langsaan indien dit beskikbaar is.  Ons twee se staanplekke is weer iewat weg van ChrisB se gebruiklike een s'n, want ons wil mos nie sy rustigheid versteur nie.  Ek maak staat daarop dat jy my gaan help om my stoeptent op te slaan want Chris sal weer besig wees om te sit en niksdoen.  Hy sal ons weer soos laaskeer kan dophou van sy staanplek af en ek glo as ons die laaste tentpen ingeslaan het, sal hy 'n draai kom maak en hulp aanbied.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 02/10/2024 - 10:47

... dankie vir die paar wenke om presies te doen wat jy hierbo noem. Ek sal julle uitlos terwyl julle opslaan.

Ek sal heel waarskynlik 'n ander staanplek probeer kry - een wat dalk 'n kolletjie skadu het. Ek het nie lus om die draagbare lugreëlaar saam te ry nie - en volgens YR kan dit dalk volgende week warm word. Hulle voorspel vir volgende Donderdag 36°C.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 02/10/2024 - 12:07

Len, jy lees my gedagtes met die staanplekke. Ek wou voorstel dat Chris op jou staanplek opslaan, sy kar net links daarvan parkeer, en ń kampstoel op myne sit. devil

As die 17de nou regtig ń probleem gee, dan skuif ons jou wa in waar my kar staan, die staanplek is taamlik diep.

Jy het vergeet Jan Yster is ook daar met sy jong Elmarie.  Hy is so sening, hy kruip sommer self deur die gleuf met die tou agterna. So opslaan gaan is gesort.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 02/10/2024 - 12:25

... is ons maar aangewese om te vat wat ons kry, want dit blyk dat die park redelik vol is. Die dag wanneer ek daar arriveer is daar slegs 6 staanplekke wat nie bespreek is nie.

Maar ek hou Neef se voorstel in gedagte.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 02/10/2024 - 12:27

Dit is hoekom...............................................ons laaste in die Karoo aankom. 

Daar word nou sommer werk uitgedeellaughen gladnie van watse vergoeding aangebied word nie. cheeky

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/10/2024 - 12:38

....dalk moet jy jou telnr vir my gee. Daar is 'n paar dinge waaroor ek jou moet waarsku tov die samekoms met daai klomp rakkers.wink

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/10/2024 - 12:43

....julle voltallig is daar. Ek onthou Chris B trek al 7 Okt[?] daar in, tot 21 Okt. 

Is julle bespreek om vanaf 16 of 17 Okt almal daar te wees, tot na die naweek ongeveer 21 Oktober??

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 02/10/2024 - 12:54

Ek sien daar is nou slegs 2 staanplekke nog beskikbaar op die dag wat ons inklok (7 Okt) - wat dalk nog meer kan teweegbring dat ek sal moet vat wat beskikbaar is. Ek moet dalk maar die spreekwoordelike "gat skoonmaak" van Dwarswegstrand af om so vroeg moontlik daar te kom.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 02/10/2024 - 14:47

..............22 Januarie 2022 by Karoo Nasional Park. Links staan ChrisB saam met Ralie, sy vrou.  Hier voor staan ou banggat Johan (Lapskag, ons moet hom herdoop as Banggat) wat nie in 2024 wil saam kom kuier nie omdat hy hom skaam vir ons.  Links agter hom staan Neef Herman en regs agter hom staan Armond, veldwagter by Karoo NP. Die res van die geselskap, onder andere Wessel,  het gevlug toe 'n foto geneem gaan word ten einde gevrywaar te word van optrede deur SANParke.

.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 02/10/2024 - 17:15

... wat Len nou weer wakker maak.

Ek deel sommer hier dat Ralie se kolonoskopie niks snaaks uitgewys het nie. Die dokter reken dat haar pyne (party dae erg en ander dae amper niks) kan maar net toegeskryf word aan 'n spastiese kolon - wat sy inderwaarheid van kleinkinddae af het. Hy't sommer ook 'n sonar gedoen en kon soos die vorige drie sonars niks wys word nie. 'n Volbloedtelling dui ook aan dat alles normaal is. Hy't haar op ander medikasie gesit as dié wat sy al vir baie jare gebruik. Ons vertrou dat dit vir haar verligting gaan bring.

Dankie aan diegene wat WhatsApps gestuur het om te verneem na die uitslag en/of haar sterkte toegewens het.

Ons val Vrydag met 'n meer geruste hart in die pad en sien uit daarna om my forummaters in die Karoo te sien.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/10/2024 - 17:24

...ek moet jou darem reghelp, ons lot was in April 2022 saam daar. Die foto is seker geneem terwyl ek vir 'n wyle my onverdeelde aandag aan die skillis onder die Santam-sambreel moes gee.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 02/10/2024 - 19:06

... dat ek hierbo genoem het dat ek 'n aparte gesprekslyn sal begin oor ons komende toertjie o.a. Karoo toe. Maar ek het reeds sodanige gesprekslyn begin, te wete "Dwarswegstrand, Karoo & Montagu".

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 02/10/2024 - 21:31

Lapskag is glad nie bang nie en gaan die kuier baie mis, omstandighede maak dat ons nie daar kkan wees nie. Maar julle moet dit opreg gaan geniet. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 02/10/2024 - 21:52

goeie nuus om te hoor dat jou vrou se toetse niks ernstig uitwys nie. Dis baie lekkerder om sonder sulke bekommernisse in die pad te val. Nog net môre se paar draaie en julle is op pad....tyd het vinnig aangestap sedert jy die beplanning begin  het. Ontspan en geniet!

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 03/10/2024 - 14:15

Was vandag dorp toe vir inkopies, blykbaar raak dit more al naby 40°, dan is Oudtshoorn niks aangenaam nie.

Die kissie wyn is opgetel, sal net vir ouma moet dophou die volgende week dat sy nie," per ongeluk" een oopmaak nie.smiley. Bier is ń probleem, kon nie normale 330ml blikkies kry nie, net 500ml. Blykbaar is SAB uit voorraad ?? Jurgie se magasyn in die deurtjie vat 6 die 330ml blikkies, en dit is al spasie vir net myself. 

Kar vol diesel gemaak, sal band druk nagaan. Wonder of die enjin gewas moet word, netnou wil Len dalk inspeksie doen.wink

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/10/2024 - 14:18

...onthou die papwiel dokterskissie!!!. Sn..tstroppe ensovoortslaugh

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 03/10/2024 - 17:52

Die Cruiser het ń hele ammokis vol goete wat permanent plek vat. En die elektriese domkrak ook nog. Die kis het ń kompressortjie in, snotlappies met hulle tools, fuses, glimbaadjie, jumper kabels, driehoeke duct tape fuses, etc. Tot ń paar lappe en handcleaner. 

Miskien kort daar ń nippie brandewyn vir die senuwees waneer daar wiele moet geruil word in Leeuwêreld.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 03/10/2024 - 19:51

...............jy is darem haastig met jou voorbereiding !  Ek het nog niks gedoen nie, maar daar is darem nog 11 dae oor voor vertrektyd.  Maar ek sal nou my g@t inrat moet kry.

Bier : ek hou ook van 'n blikkie of bottel 330ml bier, die groter blikkies/bottels is te veel bier op 'n slag vir my.

ChrisB se lugversorger : goeie ding dis ingepak - die weer lyk kwaai warm vorentoe. Kaapstad se voorspelling vir môre is 34º  en minstens tot Saterdag nog in die 30's.  Ons huis geiser-sonpaneel het die geiser se hitte vandag opgestoot na 60º sonder enige elektrisiteit.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus