Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -2 hours ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -7 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -8 hours ago

Desember gesels

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Hier is 'n erge veld brand seker so 2 km vanaf ons huis. Net so anderkant die Kuilsrivier Gholfbaan. Die rook is nogal intens. Geniet julle laaste maand van 2024.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/12/2024 - 14:51

Sjoe, ek hoop nie die golfbaan en woonwapark brand ook nie. Ek wil nog daar kom oorbly volgende jaar September.
0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/12/2024 - 05:07

....ons is reeds in Desember maand.laugh

Ek is ook skuldig, want ek het op Geert se inset gereageer.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 02/12/2024 - 10:20

Die Prado en Fiesta se lisensies verval 30 November. Ek het verlede Maandag aanlyn op die Natis webwerf aansoek gedoen en betaal vir die hernuwing en Dinsdagmiddag is die nuwe lisensies afgelewer. Ek betaal eerder die fooi vir die aflewering as wat ek in die ry gaan staan om dit self te laat hernu.
 

Probeer dit gerus, afhangende van hoe ver jy moet ry om te gaan hernu kos die aflewering dalk nog minder as die brandstof en die gerief maak dit uit en uit die moeite werd. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/12/2024 - 10:35

Ek maak weer gebruik van 'n diensverskaffer in die dorp. Gee my papiere by hulle in, paar dae later kan ek lisensies gaan haal. kos ongeveer R100/transaksie.

Ek sien ook nie kans vir toustaan in Brits se hitte nie.  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 02/12/2024 - 12:00

Ek volg ok deesdae die roete wat Wildehont volg....R99 by jou huis afgelewer. Een maand is daar 2x voertuie....maar betaal steeds net R99 vir een aflewering

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 02/12/2024 - 12:00

Ek stem saam met ChrisS. Het presies dieselfde gedoen in Roodepoort. Die kostes vir die aflewering is dalk nog dieselfde as vir 'n diensverskaffer en dan moet jy dit nog vat en gaan afhaal. 

Ons moet egter wel ingaan na ons plaaslike kantore aangesien ons nog nie Doreen se voertuig herregistreer het nie. Sal dit volgende week doen. Gelukkig het my voertuig en die treiler ons slegs ongeveer 30min in totaal gevat. Dit was insluitende die wag.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 02/12/2024 - 12:23

Ons is gelukkig hier in 'n klein dorpie. Ek het vanoggend ingestap by ons verkeersafdeling om die Hilux se lisensie te hernu. Slegs twee mense voor my in die ry - en woert-warts (ek dink dit was nie 10 minute nie) stap ek R882 later daar uit.

Gister by my seun ernstig gesels oor 'n 4x4 vorentoe. Die een opsie was om ma se Honda te ruil vir 'n Suzuki Jimny (4-deur), waarvoor ek bietjie meer as R300k sal moet opbetaal. Die ander opsie is om my huidige bakkie te swaai vir 'n Hilux 2.4 4x4 waarop ek waarskynlik minder as R200k sal moet opbetaal. Ek was vasbeslote om vanoggend my Toyota-handelaar te bel. Toe Ralie vanoggend met 'n draadborsel in haar hand staan en sê dat sy die krapwerk sal doen, het ek maar eers herbesin.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 02/12/2024 - 13:10

Toe Ralie vanoggend met 'n draadborsel in haar hand staan en sê dat sy die krapwerk sal doen, het ek maar eers herbesin.

Die YARD voorman het gepraat.laugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/12/2024 - 13:29

....'n dapper muis, kyk hoe bel ek skelmpies vir Toyota.

Ek dink jou 2de plan is die beter plan. Daar skort niks met 'n 2.4 Hilux nie....... Dalk so paar gemaks-katoeters, wat ek nie mis nie, maar julle kan dalk. O gaats net so 150Nm vir woonwa sleeplaugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 02/12/2024 - 15:24

Ook by E natis geregestreer, hele paar jaar gelede. Nou stuur hulle die hernuwingskennisgewing per epos. Ek doen eft aan munisipaliteit se verkeerdafdeling met registrasie nommer as verwysing. 2dae kan jy kry by ń agterste kantoor. Vat net Id saam om eienaarskap te check. 5 minute. Geen koste nie. So ek sit die kollekteer op die, te doen lys vir Vrydae waneer ek ietsie vir die naweek gaan aanskaf. En dit is verniet. Sien die sin hier bo, jy het ń selfverdiende ekstratjie vir die inkopies.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 02/12/2024 - 15:39

So begin die Engel yskassie die naweek sukkel. Ons is in die proses om die kamp reg te kry vir Desember. Sonpanele gooi krag, batterye in plek, Engel loop lekker vir ń dag, en begin toe aan en af sit aanmekaar....

Bring skuur toe gister, haal die paneel agter af om die spulletjie te ontbloot. Niks op die oog af fout nie. My plaaslogika dink dit is die termostaat, bitter moeilik om te toets met die multimeter, maar dit lyk of die weerstande soos jy die verstelling draai, nie heeltyd selfde lesing op dieselfde verstelling gee nie.

Piepklein dingetjie, op ń bordjie vas gesoldeer. So voordat daar ń nuwe bordjie gesoek word, besluit neef om ń klein gaatjie versigtig agter in te boor. So gemaak, spuitgoed in gesit, so bietjie ge links en regs gewoel en daar loop die 20 jaar oue Engel soos nuut.

Termostaat

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/12/2024 - 16:27

....jy het daai boortjie seker bleddie styf vasgehou tydens boordery.

Jy moet nou daai gaatjie met spooksnot of maskeerband toemaak, om stof en goggas uit te hou.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/12/2024 - 17:04

Julle ouens wat gereeld vlieg en karre huur, wat beveel julle aan;

Hertz of Avis

Bespreek mens vooruit of as mens daar aanland.

hoeveel tyd laat mens toe vir kar teruggee.

Oupa en ouma gaan mos vlieg, voertuig huur en in gastehuis oorbly volgende jaar Februarie. Ek het jare gelede so-iets gedoen, en kan nie eers die detail onthou nie.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 02/12/2024 - 17:12

Ek het maar ge-"shop" vir tariewe by die verskillende maatskappye, maar die laaste paar jaar bykans uitsluitlik by Avis gehuur. Jy moet vooraf bespreek (daardie tyd verkieslik 'n voertuig met lugreëlaar). Teruggee is net 'n formaliteit. Gewoonlik iemand wat die sleutels ontvang en net seker maak daar's nie skade aan voertuig. Bekyk self die voertuig deeglik voor jy daar wegry. As enige skrapies ens. nie aangeteken is nie, kan hulle jou daarvoor verantwoordelik hou by terughandiging.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/12/2024 - 13:11

Chris B, ek lê eerder onder bakkie op gruispad in Namibië, as op die N1 tussen Randburg Grassmere tolhek en verder tot by Kroonvaal garage. 

Ek het my voorgeneem dat as ek 'n papwiel op bakkie kry, en die Kavango is ook byderhand, dan haal ek eerder Kavango se spaarwiel af, tot ek by veilige garage kom. Lekker maklik agter op sy stert.

As ek net weet dat Hilux se agterklap stewig genoeg is, dan laat monteer ek sy spaarwiel op sy stert.

wa

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 03/12/2024 - 13:28

Jammer die Hilux se canopy is so vol. Anders kon die spaarwiel vir die kamp trips hier binne teenaan die klap gestaan het. Miskien een van die twee spaar gasbottels en een van die twee ekstra roosters, net 2 sakkies hout ipv 4 en....devil. Toemaar Wessel, ek trek net jou been.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 03/12/2024 - 14:52

As ek net weet dat Hilux se agterklap stewig genoeg is, dan laat monteer ek sy spaarwiel op sy stert.

... met die kale klap soms. Wat nog te sê met die spaarwiel daarop gemonteer.

Met my laaste trip in Namibië (tussen Solitaire en Maltahöhe kon ek en my skoonseun gelukkig net die wiel afhaal wat besig was om pap te word en regmaak met 'n "plug" voordat ons dieselfde wiel weer teruggeplaas het. Dit het ons 'n lê in die stof gespaar.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/12/2024 - 15:55

....dis Ok, dit laat my dink wat kan rerig by die huis bly. Dalk is die beste opsie om 'n rak op die kappie te sit. Die lollery is dat as die spaarwiel daarop is, gaan dit nie deur die waenhuis se deuropening nie..

Daai wiele lyk klein aan die voertuig, totdat jy dit moet hanteer. Ek wonder soms hoe kry ouens hulle spaarwiele daar bo op die dakrak.

Ek het al gekyk, byvoorbeeld met 'n Land Cruiser bakkie waar dit op die bak is, is daar weinig laaiplek oor. 

Ek vermoed daar word 'n hele ekstra rak agterop die swaardiens ekstra buffers gemonteer. Dan swaai/skanier die hele gedoente sydelings uit die pad uit. Sodoende hoef mens nie die agterklap met spaar en al op te tel nie. 

Dis veel goedkoper om 2 blikkies "gatvol" saam te ry, vir noodgeval laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus