Natalse draai
Heerlike oggend
Bewolk en lyk soos bibbekort weer gaan reen, maar sit tans op strand en kyk vir see. See mooi rustig
Geert...
...ek verstom my om te sien met hoe "min" goed buite julle kampeer.
Dis seker omdat julle kombuis en koelkas binne is. Ons sytent en/of kantdak met sypanele is altyd omtrent vol. Ons het egter nie 'n gazebo wat ons ook opslaan nie.
Kan jy vir daardie "awning" kante aansit om toe te maak. Wil voorkom of jy nooit jou standaard voltent gebruik nie.
Wessel
Ja...mens kry sykante vir awning, maar omdat hy nie om die rondings gaan van karavaan soos rally nie, verloor jy spasie...maar oorweeg om 1x sykant te koop om reen te keer wat met sy winde onder afdak inwaai. As ons 2 weke sou staan sal ons voltent gebruik, maar het 2 jaar laas gebruik toe seun nog saam gegaan het met add-a-room
Geert ...
... jy's op my "bandwagon" met jou minimalistiese kamp met slegs 'n afdak, oftewel stoeptent, twee stoele, 'n tafel en dalk twee skinkbord-tafels. Selfs met my 2-3 maande kampe by Eiland Spa word slegs die stoeptent opgeslaan asook 'n gazebo.
Lekker kamp mater.
Goeie Hout
Nee...daai afdak dink ek weeg iets soos 12kg.....en dit is dan versprei oor n afstand van 3,5m. Al gedink watse spanning moet daar op daai "rail" wees as daar tent, rally of afdak is in rukwinde....dink hy ruk baie hard daaraan
Lekker dag op strand
Waar daar klomp waarskuwings was vir harde reen en oorstromings het ons vandag heeldag heerlik op die strand deurgebring. Die strand en oord is baie besiger hierdie tyd van die jaar vergelyke met ander jare.
Onrus in Moz
Ons ken drie groepe wat hulle planne moes laat vaar om Mosambiek toe te gaan. Hulle het ook op die nipper ander planne gemaak. Dit maak dan vir my sin dat die onrus daar tot groot voordeel was vir SA-vakansieoorde.
Twee van die gesinne het eiendom daar en het gelukkig kontak met van die inwoners. Dit klink darem of hulle plekke tot dusver nie beskadig is nie.
Geert
Dankie vir jou terug voer Geert. Nooit gedink aan die stremming in wind toestande as rally/tent op geslaan is.
Ek is n sucker vir tuis gemaakte patties. Joune lyk heerlik. Ons meng n kilo maalvleis met halwe kilo vark maar vleis. mm Beter as Spur.
Groete uit Goodwood.
My Kruger trippie is eersdaags.
Patties
Ons het geen definitiewe resep vir patties nie....gooi maar bymekaar wat beskikbaar is. Riglyn wat ek volg. 1kg mince, opgekapte uie, 1x pakkie bruin uie sop poeier. Ons hou van bietjie brand, so gooi wit peper by. Soms ook bietjie Jimmy sous of woester sous
My vrou is mal oor jou nuwe…
My vrou is mal oor jou nuwe intrekker Geert! Ons is nou maar dier vriendelik, ons kieter-kater en 2 Jack Russels slaap saam met Ma en Pa...praat van bederf!
Slim katjie
Sy/hy weet sekerlik waar om die lekkerste kos in die park te kry![]()
Daai kat het....
...net ogies vir Geert. Die man kan kosmaak, en is so vrygewig![]()
Mooi Geert. Omgee vir die…
Mooi Geert. Omgee vir die goedjies wys wat in ñ man se hart sit. Ek moet sê, julle Natal travels is puik!! Hoop dit hou nog lank aan, of minstens tot by Kosi baai.





Lekker staanplek
Ons het ander staanplek geneem. Die bespreekre een het baie skaduwee gehad, maar meer grond. Omdat reen voorspel word vir res van week het ons maar geruil vir een met minder skaduwee en meer gras