Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -2 hours ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -7 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -8 hours ago

Natalse draai - Geert

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Natalse draai 

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 07/01/2025 - 06:27

Ons het ander staanplek geneem. Die bespreekre een het baie skaduwee gehad, maar meer grond. Omdat reen voorspel word vir res van week het ons maar geruil vir een met minder skaduwee en meer gras

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 07/01/2025 - 06:31

Bewolk en lyk soos bibbekort weer gaan reen, maar sit tans op strand en kyk vir see. See mooi rustig

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/01/2025 - 07:31

...ek verstom my om te sien met hoe "min" goed buite julle kampeer. 

Dis seker omdat julle kombuis en koelkas binne is. Ons sytent en/of kantdak met sypanele is altyd omtrent vol. Ons het egter nie 'n gazebo wat ons ook opslaan nie.  

Kan jy vir daardie "awning" kante aansit om toe te maak. Wil voorkom of jy nooit jou standaard voltent gebruik nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 07/01/2025 - 07:51

Ja...mens kry sykante vir awning, maar omdat hy nie om die rondings gaan van karavaan soos rally nie, verloor jy spasie...maar oorweeg om 1x sykant te koop om reen te keer wat met sy winde onder afdak inwaai. As ons 2 weke sou staan sal ons voltent gebruik, maar het 2 jaar laas gebruik toe seun nog saam gegaan het met add-a-room

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 07/01/2025 - 08:24

... jy's op my "bandwagon" met jou minimalistiese kamp met slegs 'n afdak, oftewel stoeptent, twee stoele, 'n tafel en dalk twee skinkbord-tafels. Selfs met my 2-3 maande kampe by Eiland Spa word slegs die stoeptent opgeslaan asook 'n gazebo.

Lekker kamp mater.

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 07/01/2025 - 08:40

More Geert en alle voorspoed vir 2025.

Is die awning nie te swaar as hy opgerol is vir die dun aluminium plaatjie wat die tent in gevoer is.

Ek oorweeg so iets, maar is so bang dat die awning te swaar is.

Groete

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 07/01/2025 - 17:58

Nee...daai afdak dink ek weeg iets soos 12kg.....en dit is dan versprei oor n afstand van 3,5m. Al gedink watse spanning moet daar op daai "rail" wees as daar tent, rally of afdak is in rukwinde....dink hy ruk baie hard daaraan

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 07/01/2025 - 18:02

Waar daar klomp waarskuwings was vir harde reen en oorstromings het ons vandag heeldag heerlik op die strand deurgebring. Die strand en oord is baie besiger hierdie tyd van die jaar vergelyke met ander jare. 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 07/01/2025 - 21:47

Ek lees dat van die Natalse kus oorde n goeie Desember ervaar het. Port o call het vir my genoem dat dit nog van sy beste Desembers ooit was. Blykbaar te danke aan die onrus in Mosambiek.....

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 07/01/2025 - 22:43

Ons ken drie groepe wat hulle planne moes laat vaar om Mosambiek toe te gaan. Hulle het ook op die nipper ander planne gemaak. Dit maak dan vir my sin dat die onrus daar tot groot voordeel was vir SA-vakansieoorde. 

Twee van die gesinne het eiendom daar en het gelukkig kontak met van die inwoners. Dit klink darem of hulle plekke tot dusver nie beskadig is nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 08/01/2025 - 06:53

... maak jy jou eie patties? Indien wel - resep? Ek is nogal 'n "sucker" vir 'n lekker pattie.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 08/01/2025 - 11:12

Dankie vir jou terug voer Geert.  Nooit gedink aan die stremming in wind toestande as rally/tent op geslaan is.

Ek is n sucker vir tuis gemaakte patties. Joune lyk heerlik.   Ons meng n kilo maalvleis met halwe kilo vark maar vleis.  mm Beter as Spur.

Groete uit Goodwood.

My Kruger trippie is eersdaags.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 08/01/2025 - 16:02

Ons het geen definitiewe resep vir patties nie....gooi maar bymekaar wat beskikbaar is. Riglyn wat ek volg.  1kg mince, opgekapte uie, 1x pakkie bruin uie sop poeier. Ons hou van bietjie brand, so gooi wit peper by. Soms ook bietjie Jimmy sous of woester sous

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 08/01/2025 - 16:07

Hierdie kat kom sedert gister by ons kuier....lê dan onder die tafel of karavaan 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 08/01/2025 - 16:48

My vrou is mal oor jou nuwe intrekker Geert! Ons is nou maar dier vriendelik, ons kieter-kater en 2 Jack Russels slaap saam met Ma en Pa...praat van bederf!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 08/01/2025 - 17:02

Sy/hy weet sekerlik waar om die lekkerste kos in die park te krylaugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 08/01/2025 - 18:13

Mooi Geert. Omgee vir die goedjies wys wat in ñ man se hart sit.  Ek moet sê, julle Natal travels is puik!! Hoop dit hou nog lank aan, of minstens tot by Kosi baai.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus