Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -40 seconds ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Chris Kanselleer Vakansiebeplanning 2026/27 Chris Boucher -1 hour ago
Baie waarskynlik Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago

Februarie 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende, daar het die 2de maand van die jaar aangebreek. In Brits met erge hitte die afgelope week en min reën.

Ek troos my daaraan dat ons volgende week in DA-land is. Hopenlik kan die Kapenaars toutjies trek vir lekker koel weer terwyl ons daar is.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 24/02/2025 - 11:00

Met die kampeerdroogte tans beplan ek maar vooruit. So kry ek ‘n e-pos dat ek ‘n R300 Lekkeslaap geskenkbewys ontvang het. Toe gaan bespreek ek sommer die hotel in Victoria-Wes vir 16 Julie oppad terug van die Krugerwildtuin af. Nou is al ons verblyf vir die toer bespreek en halfpad betaal. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/02/2025 - 12:14

....ek haal sommer my Kavango se wiellaers uit, en poleer elke bleddie balletjie met Braso blink, terwyl ek in Brits se son sit..wink

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/02/2025 - 07:01

Ek sien vanoggend die koste vir die sekuriteit/veiligheid opgradering aan die nuwe Prado's. Die firma verhard jou voertuig vir aanvalle met handwapens tot die kaliber van 'n AK47 en R1 geweer. 

Die modifikasie neem so 3 maande om aan te bring en sluit dan stywer suspensie in om die ekstra gewig te kan hanteer, asook sterker skaniere op deure.

Koste daarvan wissel van R740 000 tot MR1.2. 

Daar is seker persone wat 'n behoefte daarvoor het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/02/2025 - 07:39

...wat dit laat doen nie!!!!

Hier in ons dorpie is heelwat persone wat nie sonder sekuriteit begeleiding van hulle wonings beweeg nie. Dit het toegeneem nadat die twee skoolkinders verlede jaar hier ontvoer is. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 26/02/2025 - 08:04

Lees vanoggend die DA se begrotingsvoorstel.

Alhoewel my kennis in staatsbegrotings van Triljoene Rande nul is, lyk dit tog of die man ń plan het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/02/2025 - 08:22

...ek stem saam. die DA man het vir my geheel logies en beredeneerd oorgekom. Hy het sekerlik sy PhD in finansies of rekeningkunde verwerf. Indien nie, weet hy steeds hoe om met syfers te werk. 

Mens sal tog verwag dat die minister van finansies 'n ondersteunende span kundiges het wat kundiges is in finansiële beplanning, en finansiële wetenskappe.

Net soos wat ek verwag dat die minister van energie 'n span kundiges het wat weet van kernkrag, die opsies verbonde aan konvensionele kragreaktore [Koeberg] en nuwe generasie korrelbedreaktore. Ek verwag te veel, maar mens fokus op die beste tegnologie beskikbaar met onderhandelinge, en nie op polities gedrewe oortuigings nie. crying

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 26/02/2025 - 12:52

Wessel.  Ek verstaan nie hoekom dit nie gebeur nie.  Jy omring jou mos met kundiges voordat jy n voorstel of iets maak.

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/02/2025 - 07:33

Ek sien die Solidariteit en Afriforum ouens het lekker gekuier en gesels in Washington. Die lank en kort van hulle besoek is, dat VSA amptenare, beide Demokrate en Republikeine redelik teleurgesteld is in SA se skewe buitelandse beleid, veral aangaande Israel en Russiese aangeleenthede. 

Terselftertyd het Ramaphosa weereens in ope internasionale skryfstuk opnuut SA verbind tot deurvoering van Israelhofsaak, die arrestasie van Israel se premier, en verbod op hawe-aandoening van enige skepe wat wapens bestem vir Israel, vervoer.

Is die land se regering so uit voeling met buitelandse sentimente rakende Rusland, Iran ensomeer???.   

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 27/02/2025 - 09:47

Sien in vanoggend se Maroelamedia web blad dat onse prez reken hulle sal voortgaan met hulle aksies teenoor Israel. Dink die ou verstaan wat die impak op SA gaan wees nie. Niemand sê ons moet op onse kniege voor Trompie kruip nie maar mens moet darem ook slim genoeg wees om jou bakleie versigtig te kies. Sien darem dat as jy nou nie 'n Afrikaanse vlugteling is nie jy net $5m nodig het om 'n sg. "goue visum" met verblyfreg vir die VSA te koop! Powerball hier kom ons!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/02/2025 - 12:15

Julle ouens doer onder, naby Malmesbury moet kennis neem van die buitelug skou 7 tot 9 Maart op Môreson.

Sommer 'n lekker dag uitstappie, sonder om te veel stadsverkeer te trotseer.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 27/02/2025 - 12:39

Ek gaan nie my siel versondig deur ‘n buitelug skou te besoek nie. Ek het eergister my begroting hersien, en dit lyk nie goed nie. Ek sal moet begin gordel intrek, maar ek kan nie werklik nie.
 

35% van my totale begroting en 80% van my debietorders is lang- en korttermyn versekering. Lg is 20% van my debietorders. Eg styg almal 10% per jaar. Dit is ver bo die amptelike inflasiekoers, maar ek glo nie lg nie. Ek kan dus nie werklik sny aan die deel van my uitgawes nie, maar dit gaan vir my onbekostigbaar raak agv die volgehoue styging om vir inflasie voorsiening te maak. 
 

Die res sluit uitgawes soos skoolfonds, offergawes, sakgeld vir die kinders, huishulp, brandstof , skuld en kos in. Ek koop reeds die goedkoopste opsies by kruideniersware en ry steeds die waterkar. Die enigste ruimte vir vermindering van uitgawes is besteding aan vakansies. Dis die enigste bederf wat ek myself gun, so ek wil nie daaraan sny nie. 
 

Ek sal organe moet begin verkoop as ek nie permanent by die huis wil sit nie. 

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 27/02/2025 - 13:36

Hallo Wildehont.

Dit is ook die laaste area waar ek gaan sny.  Vakansies.

Maar ek oorweeg dit om Desember maand nie te gaan kamp in Onrus en dan Februarie maand in Onrus.  Dis dan die helfte goedkoper.  Weer is goed en daar is minder mense.  Maar Navigator wil nie skik.

Sterkte met begroting.  Ons hou maar ook die begroting dop.  

Mooi bly

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/02/2025 - 13:44

....gatslag jou tref. 

Dis wat hier by Strydoms gebeur het. Eers gee die Tv die gees, woeps weg is R9000. Miami kinders kom kleinding wys, woeps vlieg nog ~R20 000 uit beursie uit. Laaste strooi  was 2 nuwe bande van R5600 eergister. 

Gelukkig is Mei se Kruger besoek ook klaar betaal, en helfte van Namakwaland- Kaap -KarooNP besoek is halfpad betaal.

Net geldjie afknyp om einde Maart of vroeg April 'n week weg te breek Pilansberg toe, as dit koeler word.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus