Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -2 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -3 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -7 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/04/2025 - 16:39

....aikona, jy sal moet gaan preek as hulle daai wa met die Jimny gesleep het.

Gou gaan soek, 'n Jimny mag maks 1300kg geremd sleep. 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 11/04/2025 - 16:47

... hoe maklik sleep die Jimny daai Explorer!!

Nee - die Jimny is die buurvrou se ryding. Haar man het die Explorer met sy Ranger hiernatoe gesleep. Maar hulle woon hier in Hartenbos. Hy't die Ranger intussen huistoe geneem en sy motorfiets gaan haal om deel te kan hê aan die Buffalo.

Nog nie 'n enkele dolfyn gesien nie. Maar dit bly wonderlik hier.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/04/2025 - 17:48

....kan seker nie die Explorer veel verder as dit sleep nie. Daarom is Buffalo daar aangebieddevil

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 11/04/2025 - 18:38

Dat jy vandag dokter toe is, was sekerlik die beste besluit. Hoop die pille gee intussen verligting en dan hoop ons dat drs Maandag sommer die pyn permanent kan hokslaan. Geniet die kampery. Ek lees ook lekker saam

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 12/04/2025 - 08:20

Hi, goeie more Chris.  Baie sterkte man.  Hoop pm jou te sien in Krokodilbrug.

Daardie braaitjie is oulik en ek het ook een en gebruik hom net vir toer.  Hy hou al jare.

Een of ander rede kom daar nou baie advertensies by my gmail op van die R20 000 braaitjie.  Seker AI.

Voorspoed en ons bly biddend.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 12/04/2025 - 08:59

Dit brul hier in Hartenbos. Sommige van die Buffalo se "bikers" het ons tot in die vroeë oggendure "vermaak" deur hul ysterperde te "rev" dat dit klink of die enjins dalk enige oomblik kan ontplof. Verder moes ons maar luister na doef-doef musiek. Ek is verstom dat ATKV hierdie saamtrek kan akkommodeer. Die manne maak dit beslis baie ongemaklik vir vakansiegangers en permanente inwoners. En daar lê nog 'n nag van hierdie "vermaak" voor.

Daar lê 'n rustige dag van niksdoen voor vir die twee oumense. Ek mag nie eens gaan stap nie. Maar soos menige keer reeds genoem - ek ken van niksdoen. Gelukkig het ek baie leesstof saamgebring. Danksy die medikasie voel ek baie beter vandag. Dankie vir die beterskapwense.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/04/2025 - 11:19

Dalk moet jy maar rustig drentel en na die bikers en aanhangsels gaan loer.laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 13/04/2025 - 09:01

Dit is 'n koel oggend in Hartenbos. Die twee oumense lê knus in die bed. Volgens YR gaan ons glad nie son sien vandag nie en die termometer gaan maar tot 19°C styg.

Wonder bo wonder het ons 'n stil nag beleef. Ek dink die klomp "bikers" se fut was uitgefyf. I.p.v. van motorfietse wat sinneloos ge-"rev" word sedert Vrydagaand, hoor jy net fietse wat gewoonweg aangeskakel word en wegry. Ek dink hier sak weer stilte toe oor Hartenbos vandag.

Ek sien dat Wildehont maak melding van die kiewiete wat broei by die sportterrein. Ons het elke aand 'n dikkop wat kom bedel vir 'n stukkie kos. Hy/sy kom tot onder die stoeptent - beslis mens-gewoond. En nou maak dié ouballie hom maar skuldig daaraan om die dikkop 'n bietjie kaas te voer. Skiet maar, ek koes.

My vrou verbeel haar dat sy nie in die Mosselbaai-omgewing was as sy nie minstens een keer by die Punt was nie. Dit het toe gistermiddag gebeur.

Hartenbos

Hartenbos

Vanaand word 'n kerrie-skaappotjie aanmekaar getimmer met kleingesnyde lieslapblokkies, patat, aartappel en wortel.

Hopelik speel die weer môre mooi saam sodat ons droog kan afslaan (as die kardioloog môre sy stempel van goedkeuring gee) vir Dinsdag se rit oor die Robinsonpas, via Oudtshoorn, De Rust en Meiringspoort na Karoo Nas Park. As ek kyk na die foto's wat Armond Nel van die park op sy WhatsApp Updates plaas, wag daar iets prentjiemoois op ons.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 13/04/2025 - 12:02

maar moet net nie vir hom/haar te lief raak nie - troeteldiere word nie in die wildtuin toegelaat nielaugh

As ek reg onthou was dit so hittete of Geert het met 'n katjie van Natal by die huis aangekom. En o ja, Wildehont ry sommer 'n skerpioen (?) huis toe.

Watter tyd van die jaar is daar zebra-vulletjies in die wildtuin?

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 13/04/2025 - 12:10

Ons wag almal in spanning om môre te hoor wat die kardioloog gaan aanbeveel. 

Ek raai/hoop dat jy met medisynekas pille jou 4 maande toer gaan voltooi. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 13/04/2025 - 12:32

Hoop regtig dat soos Wessel sê, dat paar pille soggens en Skotse medisyne saans jou sal sterk hou vir die toer. 

Dikkop, is so lelike naam, nes die Engels, Thick Knee. Albei beskrywend korrek, maar arme dier se gevoelens...Kommando voël val reg op my oor. Hulle is snags bedrywig, ek hoor hulle hier, maar wragties nog nie een in die dag gesien nie. Hulle staan tjoepstil,  nes ń Kudu agter ń boom. Jy moet omtrent op hom trap voor hy vlug. En dan skrik jy jou amper vrek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 13/04/2025 - 19:38

... kom die een buurman hier aan en vra of ons krag ook af is. "Nee" seg ek, want ons ligte brand. Skielik besef ek dat die ligte kry hul krag van die karavaan se battery af. By nadere ondersoek vind ek ons krag is ook af.

Uiteindelik vind ons uit dit is ons tweeplaatstofie ("hot plate") wat almal (4 van ons om een kragpunt) se aardlek laat uitskop. Dit kos toe maar die krummelpap, wat saam met gisteraand se wors gegaan het, op die gasstofie maak.

Vanoggend gou die stofie oopgemaak, maar kon geen fout vind nie. Dit is slegs die regterkantste spiraalplaatjie wat die probleem veroorsaak. My afleiding is dat dit die spiraalplaatjie self is wat foutief is.

Toe maar gou 'n nuwe tweeplaafstofie by die plaaslike PnP gaan koop. Ek wil nie bure kwaadmaak nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 13/04/2025 - 19:54

....ingekry??? Iets het dalk stoom water, sous laat uitkook en dit veroorsaak 'n kortsluiting by die regter spiraal.

Voordat jy die stofie weggooi, sit in lekker son en kyk of probleem nie wegdroog nie. Dalk moet jy die stoofplaat se stelknop so bietjie lekker heen en weer draai, en kyk of dit nie help nie. 

Wat van goeie ou spanjard elektriese kontak reinerger??

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 14/04/2025 - 08:11

Ek is bly die bikers het julle net een aand gepla. Tog vreemd dat ATKV nie ander gaste wat op die datums bespreek het in kennis gestel het van die rally nie.

Ek en Salomien was gistermiddag by ‘n Led Zeppelin huldeblyk vertoning buite Stellenbosch, en ons hoor toe hoe mense by die tafel langsaan gesels oor die rally en dat hulle daar was. Dit het geklink of iemand wat hulle ken geval het en in die hospitaal is. Die een ou vertel toe dat die vleis op die persoon se arm “tot op die been afgeskuur is”. Gelukkig het ek my laaste motorfiets verkoop voor Chris Jnr gebore is.

Sterkte met die kardioloog vandag. Ek hoop medikasie sal voldoende wees om die kwaal te genees sodat julle soos beplan verder kan toer. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/04/2025 - 10:18

As alles, volgens dokters-orders later vandag, volgens plan verloop, is dit vandag ons laaste dag by Hartenbos. Ongelukkig het Hartenbos sy agterkant vir ons gewys, wat die weer aanbetref, oor die laaste 3 dae. Dit wil darem voorkom of ons, met 'n bietjie geluk aan ons kant, droog sal kan oppak. Ek wil egter nog nie begin wegpak nie - sê nou maar die kwak wil my hier hou.

Die lieslapblokkies-kerriepotjie het gisteraand knap afgegaan - murgsagte vleis gewees. Vanaand wag daar 'n pizza by Pizza & Vino in die strandfront-sentrum. Mammie kan in 'n wip gevang word met 'n lekker pizza - nie dat pappie ver agterweë is nie.

Ek sal hier 'n bietjie verslag doen oor die "outcome" van die kardioloog-besoek. Ek is vol vertroue dat ons wel môre die mooie groen Karoo Nas Park sal binne-ry.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 15/04/2025 - 06:15

Ek hoop dit was goeie nuus, en dat die hartklop weer so reëlmatig soos ‘n Ford se enjin loop. wink

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/04/2025 - 07:52

Ek het vanoggend met Chris kontak gehad, die man is besig om af te breek----die res van vakansie wag vir hulle!!!!!

Hy sal die detail met die forum deel, sodra hy tyd tussen sy niksdoen in KarooNP kan inruim. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus