Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -1 hour ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -2 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -2 hours ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -4 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 21/04/2025 - 11:26

Met die dreigende reën het ons maar besluit om vroeg op te pak ten einde met droë kampgerei te vertrek. Vanaand, soos môre- en oormôre-aand kamp ons dus "bloots" - sonder stoeptent. Ons eerste opslaan is eers weer Donderdag by Klein-Kariba.

Die ergste stof is afgespuit van die Hilux af en ons gaan gou Beaufort-Wes toe ry om by die Engen Truck Stop te gaan opvul met diesel.

Vanaand "wine & dine" ons in Salt & Pepper - die park se restaurant. Môre sal ons waarskynlik by Travalia brekfis en sommer terselfdertyd bietjie opvul met hulle boerewors. Daar het alweer 'n paar "gaps" in die vrieskaste ontstaan.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/04/2025 - 11:54

....Kruger !!!!

Ek sou ook vroeg, droog afgeslaan het. Julle het mos 'n lekker sit/eetkamer voor in die wa. 

Veilig sleep verder. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 22/04/2025 - 10:03

Ons is 08:30 weg uit 'n sopnat Karoo Nas Park waar dit omtrent heelnag gereën het. Ons het gisteraand 'n heerlike ete in die park se restaurant geniet. Hulle lamspotjie is aan te bevole.

Tans sit ons hier by Travalia padstal om brekfis te eet. Ek is verstom oor hoe stil die N1 tussen Beaufort-Wes en Drie Susters was wat vragmotors aanbetref.

Travalia

Travalia

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/04/2025 - 10:24

.....;g'n wonder dit reën so nie.

Onthou Gariep is nog 300km verder, moenie te lank herkou daar nie.laughDalk begin trokke eers van 10hoo op pad sigbaar word, seker maar vir hulle ook gister 'n vakansiedag gewees.

Lekker sleep. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 22/04/2025 - 10:42

Sjoe....Travalia lyk na n netjiese plek. Geniet die brekkie en veilig verder sleep. Ek sien op facebook die Gariep loop mooi oor.....julle is gelukkig om dit te mag sien

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 22/04/2025 - 16:36

... by Travalia (en van hulle wors-aankope) was ons volgende stop 20 km noord van Richmond by Karoo padstal vir 'n koffie-breek. Mense - die Karoo is mooi. Al die pad van Beaufort-Wes af is dit grasgroen en plate water staan in die veld.

Karoo Padstal

Karoo Padstal

Daarvandaan het ons deurgedruk tot Colesberg Engen 1 Stop. Ek betaal toe "net" R3.32/liter meer vir diesel as waarvoor ek gister by Beaufort-Wes se Engen Truck Stop betaal het. Darem belaglik hoe die groter vulstasies langs die hoofweë jou rook met hul dieselpryse.

Ons kon sien dat dit in 'n noordelike rigting reën, maar ons kon nie voorsien in watse harde reën ons sou inry net nadat ons oor die (sterk-vloeiende) Oranjerivier gery het nie. Dit het so gesous dat die ruitveërs teen vinnige spoed gesukkel het.

Toe ons net na 15:00 by Gariep se ontvangs stilhou, het die reën eensklaps bedaar en ons darem kans gegee om die wa droogvoets te "level".

Die weer bly dreigend. Gelukkig braai ons nie vanaand nie. Ons staan by een van die sogenaamde luukse staanplekke met eie ablusie en kombuisie - alhoewel die kombuis slegs oor 'n skottelgoed-wasbak beskik. Ons kook vanaand 'n Roemeense aartappelbredie, genaamd Tocanița de Cartoff. Ons het dit in Roemenië leer eet en is baie lief daarvoor. Ons gebruik ons eie tweeplaatstofie daarvoor.

Gariep

Môre se skof neem ons tot Weltevrede by Parys. Ongelukkig blyk dit dat ons die grootste deel van die pad in reën gaan ry.

En die N1 was al die pad stil wat trokke aanbetref. Maar ons geluk sal seker nie al die pad hou nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/04/2025 - 17:13

ek moet tog probeer om die padstal raak te sien. Ons het 2022 gesoek na 'n eetplek, en maar deurgedruk tot by Drie susters, weens gebrek aan respektabele plek. 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 22/04/2025 - 19:38

Iemand, Vriende se familie het gevra ek moet op die afkom slag by Travalia, hulle sosaties vir hulle optel.  Het jy dit al probeer Chris B.  Blykbaar n kerrie sosatie.

 

Gariep se staanplekke met jou eie koshuisie is heerlik.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 22/04/2025 - 19:45

Ek het nog nooit hulle sosaties probeer nie - maar hulle het uitstekende vleisprodukte in die algemeen.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 22/04/2025 - 20:47

Het julle by die damwal gaan loer? Ek sien elders Gariep loop pragtig oor. 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 22/04/2025 - 21:31

Chris, ek het nou soos Wessel gemaak en dadelik gegorrel.

karoo padstal het fotos van rice krispies koekies.  My en my klein dogter se swakheid.  

Gaan daar stop.

Dankie

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 22/04/2025 - 21:37

Die damwal is iets anders.  2009 het ons mnr gehad wat ons deur gevat het.  Wat n belwenis.

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 22/04/2025 - 21:39

Jammer ek sukkel om fotos te laai.  Boosnte foto is die agterkant van damwal.  Mnr het ons deur gevat.  Leeus het nog teen bokke gespeel.  Later het hy n sluis oopgemaak en toegemaak./  Die geraas was astronomies.  Maar Navigator het gese hy het al ietsie geneem vir die bokke.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 23/04/2025 - 10:39

... dankie vir jou e-pos gister Rona. Ek het 'n SMS na jou nommer gestuur, maar is in kennis gestel dit is nie afgelewer nie. Dalk jou nommer verkeerd geberg - sal kyk.

Tweedens - ons doen 'n Wimpy-brekkie in Bloemfontein. Ons ry in dik-bewolkte weer, maar gelukkig nog niks reën gekry nie.

En al die vragmotors wat ons gister gespaar is, maak dubbeld op daarvoor vandag.

Praat later weer.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 23/04/2025 - 13:07

So jammer, my fout. My nommer begin met 082blush

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 23/04/2025 - 17:20

Watter netjiese oord. Maar watter nagmerrie-rit het ons vandag gehad van Kroonstad af. Die krane het behoorlik oopgemaak net nadat ons Kroonstad verby is. En die N1 se oppervlak tussen Kroonstad en die Kroonvaal Engen 1 Stop is in 'n haglike toestand. Ek wonder waarvoor word die tolgeld gebruik wat op hierdie pad ingevorder word. Is dit dan nie juis om die konsessieroete in stand te hou nie.

En die R59 tussen die N1 en Parys - slaggat op slaggat. Die Parys/Fochville-pad, tot by Weltevrede se afdraai, is ook maar vrot. Die ingang na Weltevrede, 'n verspoelde gruispad a.g.v. die baie reën is 'n nagmerrie. En môre moet ek dit weer aandurfcrying

Die netheid van dié oord maak nie naastenby op vir die horribale paaie om hier te kom nie. Gelukkig staan ons onder 'n lekker groot afdak op plaveisel. Die waaier-verwarmer loop voluit, maar nietemin sal daar vanaand ge-Smokey Joe word met Delico se hoender-skilpadjies en Travalia se boerewors. Ek behoort droog te braai onder die groot afdak.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/04/2025 - 19:38

Ai Chris, ek hoop julle is goed verskuil onder daai afdak. 

Ek sien nou dat baie slegte weer vir môre voorspel word, dis nou vir die hele Gauteng waardeur jy moet sleep. 

Ek vertrou dat julle veilig in Klein Kariba sal aankom.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 23/04/2025 - 21:27

...................jammer om te hoor van die slegte paaie tot by julle oornag-bestemming.

Dis hoekom ek verkies om maar eerder op ons nasionale- en hoofpaaie te sleep tot by ons bestemming, ten spyte daarvaan dat daar ook maar vrot stukke voorkom soos jy noord van Kroonstad ervaar het.  Die nadeel is natuurlik dat 'n mens soveel pragtige plekkies en natuurskoon mis.

Sterkte met môre se rit.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus