Bespreking is gemaak vir volgende jaar se Kruger vakansie. Die program is;
Berg& Dal 5 tot 11 Mei
Satara 11 tot 17 Mei
Tsendze 17 tot 23 Mei.
Het gevra vir staanplek 28, 27 en 26 in die vogorde, maar 26 gekry. Het al daar gestaan verlede jaar, baie lekker, maar effe min son.
Sal nader aan tyd weer probeer vir nr 28, met meer son
Mooi so Wessel,...........
...............dit lyk of julle nou met wild beloon word.
Dankie vir die mooi fotos.
Ns. Die redelik nuwe S147 was vir ons nog altyd lonend wat wildbesigtiging betref, maar ek stem saam, sommige plekke baie kronkelrig en nou. Voorheen leeus. luiperd en olifante daar gekry.
Wessel dankie vir die…
Wessel dankie vir die verslag en fotos. Geniet dit verder.
Verlang nou na Satara
Dankie vir foto's Wessel. Ook pragtige koedoe! Ons geluk was laasjaar op die paar kilometers noord van Timbavati piekniek plek op R39.
Wat is die toestande van die grond paaie op die oomblik?
Satara 13 Mei
Vanoggend die bekende S100 deurkruis, maar die leeus het ons ontwyk. Daar was mense wat hulle wel gekry het. Bewolkte weer hier, son nou uitgekom, dalk rede vir swak wild besigtiging.
Die paaie is uitstekende toestand, word geskraap. Het rukkie agter padskraper gery op S90 .
My staanplek in die koelte met elektrisiteit. Satara is oorboek, of dis roof kampeerders, nie genoeg kragpunte nie. Party mense prop al by ander in. Ander het 100m verlengings in gebruik.
Sebra oorgang op teerpad
By gebrek aan katte, kyk ons ook voëls
Dis lekker
As die paaie so doeksag ry is dit darem maar ‘n lekker omgewing rondom Satara om wildritte te doen. Met ons laaste besoek in 2021 was al die grondpaaie erg sinkplaat. Dit was nie ‘n plesier nie.
Wat kragpunte betref wou ons skuif omdat ons ‘n aand langer gebly het maar net op ‘n staanplek sonder krag daarvoor kon plek kry. Mense oorkant ons sê toe hulle pak op en slaap by ouers in ‘n rondawel om vroeg te ry maar is nog bespreek die aand op ‘n staanplek met krag so ons kan maar bly staan. Ek vermoed daar is oneerlikes wat wel staan waar daar krag is maar nie bespreek is op ‘n staanplek met krag nie. Die ereveldwagters moet dit eintlik nagaan. By Shingwedzi gaan hulle na of mense wat teen die heining staan wel daar bespreek is.
Satara 14 Mei
Vanoggend was lekker rit, ons het S126 en S125 gaan ry/skud. Ons het op eie 4 Cheetahs gekry, die ma sonder stert. Op die S125 'n leeu mannetjie gekry wat gat omhoog water drink.
Nog sal volg
Satara 14 Mei
Die fotos laai baie stadig, dus breek ek maar eerder insette op.
Satara 14 Mei
Sommer vir die mooi,nog n paar. Kyk net hoe blok ek die pad, mooi by Ma geleer
Dan is daar ook vlakvarke, of is dit'n padvark
Met die ene moet julle help identifiseer, dalk 'n Blouvalk?
Kaalwangvalk
Mooi foto’s om ons lekker jaloers te maak. Die voël is ‘n kaalwangvalk. Nogal vreemd om dit so laag te sien sit. Hulle is gewoonlik in home besig om voëls se eiers en kuikens uit neste te probeer vis. Hulle lang bene is double-jointed. Ek het ook een keer een gesien wat ‘n eekhoring vasgetrek het uit ‘n skeur in ‘n boomstam. Hier is ‘n paar wat in Worcester bly. Een kom nou en dan agter die Europese spreeus in die palmboom voor ons huis aan, en ‘n ander vang kransduif kuikens by my kantoor in die middedorp.
Mooi so..............
............Wessel, beslis 'n lonende dag !
Dankie vir die fotos.
Satara stel selde teleur
Ek waardeer ook jou foto's en glo julle geniet die verblyf daar. 'n Verdere voordeel om nou in die wildtuin te wees is dat julle waarskynlik nie eens bewus is van beurtkrag nie
. Hoop die komende dae is net so voorspoedig.
Satara 15 Mei
Ons het voormiddag die S39 van Orpen teerpad, verby Timbavati, tot waar dit in Olifants teerpad aansluit, gery. Die pad is ook in goeie toestand, veral die boonste deel.
Geen katte, maar die natuurskoon en reuse bome vergoed daarvoor. Tot 'n vangs gesien!!!! Jakkals wat 'n rot gevang en met hare en al opvreet.
Baie olifante, sebras en blouwildebeeste ook te siene gekry. Terug teerpad langs groot trop buffels by Kgotso suid omgewing. Net te vêr vir my kamera se zoom.
Ek dink die wildtuin is oorbevolk van olifante. Elke trop wemel van piepklein aankomelinge deur al die ouderdomsgroepe, erger as orrelpype.
S39 - dis goeie nuus
Stem saam Wessel, die omgewing van die S39 is pragtig, maar ons was twee opeenvolgende jare baie teleurgesteld met die toestand van die pad. Baie in my skik dat julle die pad in 'n baie goeoe toestand gekry het.
Olifante : dis 'n bekende feit dat die olifantbevolking in Kruger by verre die drakrag daarvan oorskry. Dis werklik hoogtyd dat Sanparke weer begin met uitdunning want ander metodes van bevolking toename misluk eenvoudig.
Miskien moet ChrisS vir ons weer'n bietjie sy perspektief gee.
S39
Hierdie is my absolute gunstelingpad in die wildtuin. Ek kan net Wessel se woorde beaam, dat al is daar soms min wild "die natuurskoon en reuse bome vergoed daarvoor". Die enigste keer wat ons wel min ander wild gekry het, het Leeubron suiping sy naam gestand gedoen toe 'n leeumannetjie en wyfie daar verby beweeg het en nie soos meermale op die dag net lui rondgelê het nie. Wens ek was nou daar.... Ry die pad sommer môre weer vir my onthalwe ook.
Satara 16 Mei
Ons het vanoggend tot by Orpenhek gesoek, msst gee wildehonde gekry nie. Ons het egter 'n grooot trop buffels raakgery. 'n Foto laat nie reg geskied nie.
Ook twee bokke raak gesien, kyk die wit op horing punte. Help maar asb reg, maar dis seker 'n Njlala
Gister moes ons omdraai op die S126, olifante het berig ontvang dat laphoedjie oppad is. Aangesien die pad gister vars geskraap was, het ons vir laaste wildrit hier, dit gou weer gaan ry. Kry sowaar weer die 4 Cheetahs op dieselfde plek. Ek weet ou Herman sal seg, Cheetah is mos altyd Cheetah, maar kyk nou net die "pose".
Satara 15 Mei
Ek het mos genoem van die vangs wat ons gister aanskou het. Die volgende fotos is nie vir sensitiewe kykers nie.
Hier is die knaap bekvol besig met sy prooi
Nou eers bietjie rus, dan begin afbreek en oppak, môre skuif ons aan na Tsendze. Te lekker om te weet, jou staanplek wag daar, geen gesoek en stoei met ander vir koeltekol, of kragprop nie. Satara is chaos wat staanplekke en besprekings aanbetref.
Njalabul ...
... sonder twyfel. Klaarblyklik is die njala die grens vanwaar jy praat van bul/koei of ram/ooi. Na die manlike dier word verwys as 'n bul, maar die vroulike dier is 'n ooi. Groter as njalas is dit bulle en koeie en kleiner as njalas is ramme en ooie.





Renoster...
.... is in B&D omgewing gevind, sommer net gelaai vir mooigeit.