Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -3 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -4 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -8 hours ago

Strydoms in Kruger 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Bespreking is gemaak vir volgende jaar se Kruger vakansie. Die program is;

Berg& Dal 5 tot 11 Mei

Satara       11 tot 17 Mei

Tsendze    17 tot 23 Mei. 

Het gevra vir staanplek 28, 27 en 26 in die vogorde, maar 26 gekry. Het al daar gestaan verlede jaar, baie lekker, maar effe min son.

Sal nader aan tyd weer probeer vir nr 28, met meer son

Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/05/2025 - 14:21

.... is in B&D omgewing gevind, sommer net gelaai vir mooigeit.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 12/05/2025 - 14:25

...............dit lyk of julle nou met wild beloon word.

Dankie vir die mooi fotos.

Ns. Die redelik nuwe S147 was vir ons nog altyd lonend wat wildbesigtiging betref, maar ek stem saam, sommige plekke baie kronkelrig en nou.  Voorheen leeus. luiperd en olifante daar gekry.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 12/05/2025 - 22:16

Dankie vir foto's Wessel. Ook pragtige koedoe! Ons geluk was laasjaar op die paar kilometers noord van Timbavati piekniek plek op R39. 

Wat is die toestande van die grond paaie op die oomblik?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/05/2025 - 14:18

Vanoggend die bekende S100 deurkruis, maar die leeus het ons ontwyk. Daar was mense wat hulle wel gekry het. Bewolkte weer hier, son nou uitgekom, dalk rede vir swak wild besigtiging. 

Die paaie is uitstekende toestand, word geskraap. Het rukkie agter padskraper gery op S90 .

My staanplek in die koelte met elektrisiteit. Satara  is oorboek, of dis roof kampeerders, nie genoeg kragpunte nie.  Party mense prop al by ander in. Ander het 100m verlengings in gebruik.

plek

Sebra oorgang op teerpad

sebra

By gebrek aan katte, kyk ons ook voëls

voel1

voel2

arend

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 13/05/2025 - 14:41

As die paaie so doeksag ry is dit darem maar ‘n lekker omgewing rondom Satara om wildritte te doen. Met ons laaste besoek in 2021 was al die grondpaaie erg sinkplaat. Dit was nie ‘n plesier nie. 
 

Wat kragpunte betref wou ons skuif omdat ons ‘n aand langer gebly het maar net op ‘n staanplek sonder krag daarvoor kon plek kry. Mense oorkant ons sê toe hulle pak op en slaap by ouers in ‘n rondawel om vroeg te ry maar is nog bespreek die aand op ‘n staanplek met krag so ons kan maar bly staan. Ek vermoed daar is oneerlikes wat wel staan waar daar krag is maar nie bespreek is op ‘n staanplek met krag nie. Die ereveldwagters moet dit eintlik nagaan. By Shingwedzi gaan hulle na of mense wat teen die heining staan wel daar bespreek is. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/05/2025 - 13:27

Vanoggend was lekker rit, ons het S126 en S125 gaan ry/skud. Ons het op eie 4 Cheetahs gekry, die ma sonder stert. Op die S125 'n leeu mannetjie gekry wat gat omhoog water drink.

oli

jag1

jag2

 

Nog sal volg

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/05/2025 - 13:51

Sommer vir die mooi,nog n paar. Kyk net hoe blok ek die pad, mooi by Ma geleer

oli

Dan is daar ook vlakvarke, of is dit'n padvark

vark

 

Met die ene moet julle help identifiseer, dalk 'n Blouvalk?

valk

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 14/05/2025 - 14:14

Mooi foto’s om ons lekker jaloers te maak. Die voël is ‘n kaalwangvalk. Nogal vreemd om dit so laag te sien sit. Hulle is gewoonlik in home besig om voëls se eiers en kuikens uit neste te probeer vis. Hulle lang bene is double-jointed. Ek het ook een keer een gesien wat ‘n eekhoring vasgetrek het uit ‘n skeur in ‘n boomstam. Hier is ‘n paar wat in Worcester bly. Een kom nou en dan agter die  Europese spreeus in die palmboom voor ons huis aan, en ‘n ander vang kransduif kuikens by my kantoor in die middedorp.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 14/05/2025 - 19:27

Ek waardeer ook jou foto's en glo julle geniet die verblyf daar. 'n Verdere voordeel om nou in die wildtuin te wees is dat julle waarskynlik nie eens bewus is van beurtkrag nielaugh. Hoop die komende dae is net so voorspoedig.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/05/2025 - 13:51

Ons het voormiddag die S39 van Orpen teerpad, verby Timbavati, tot waar dit in Olifants teerpad aansluit, gery. Die pad is ook in goeie toestand, veral die boonste deel.

Geen katte, maar die natuurskoon en reuse bome vergoed daarvoor. Tot 'n vangs gesien!!!! Jakkals wat 'n rot gevang en met hare en al opvreet.

Baie olifante, sebras en blouwildebeeste ook te siene gekry. Terug teerpad langs groot trop buffels by Kgotso suid omgewing. Net te vêr vir my kamera se zoom.

Ek dink die wildtuin is oorbevolk van olifante. Elke trop wemel van piepklein aankomelinge deur al die ouderdomsgroepe, erger as orrelpype. 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 15/05/2025 - 15:02

Stem saam Wessel, die omgewing van die S39 is pragtig, maar ons was twee opeenvolgende jare baie teleurgesteld met die toestand van die pad.  Baie in my skik dat julle die pad in 'n baie goeoe toestand gekry het.

Olifante : dis 'n bekende feit dat die olifantbevolking in Kruger by verre die drakrag daarvan oorskry.  Dis werklik hoogtyd dat Sanparke weer begin met uitdunning want ander metodes van bevolking toename misluk eenvoudig.

Miskien moet ChrisS vir ons weer'n bietjie sy perspektief gee.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 15/05/2025 - 15:26

Hierdie is my absolute gunstelingpad in die wildtuin. Ek kan net Wessel se woorde beaam, dat al is daar soms min wild "die natuurskoon en reuse bome vergoed daarvoor". Die enigste keer wat ons wel min ander wild gekry het, het Leeubron suiping sy naam gestand gedoen toe 'n leeumannetjie en wyfie daar verby beweeg het en nie soos meermale op die dag net lui rondgelê het nie. Wens ek was nou daar.... Ry die pad sommer môre weer vir my onthalwe ook.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/05/2025 - 13:50

Ons het vanoggend tot by Orpenhek gesoek, msst gee wildehonde gekry nie. Ons het egter 'n grooot trop buffels raakgery. 'n Foto laat nie reg geskied nie.

buffel

Ook twee bokke raak gesien, kyk die wit op horing punte. Help maar asb reg, maar dis seker 'n Njlala

bok

Gister moes ons omdraai op die S126, olifante het berig ontvang dat laphoedjie oppad is. Aangesien die pad gister vars geskraap was, het ons vir laaste wildrit hier, dit gou weer gaan ry. Kry sowaar weer die 4 Cheetahs op dieselfde plek. Ek weet ou Herman sal seg, Cheetah is mos altyd Cheetah, maar kyk nou net die "pose".

cheetah

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/05/2025 - 14:00

Ek het mos genoem van die vangs wat ons gister aanskou het. Die volgende fotos is nie vir sensitiewe kykers nie.

jak1

Hier is die knaap bekvol besig met sy prooi

jak2

Nou eers bietjie rus, dan begin afbreek en oppak, môre skuif ons aan na Tsendze. Te lekker om te weet, jou staanplek wag daar, geen gesoek en stoei met ander vir koeltekol, of kragprop nie. Satara is chaos wat staanplekke en besprekings aanbetref.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 16/05/2025 - 14:22

... sonder twyfel. Klaarblyklik is die njala die grens vanwaar jy praat van bul/koei of ram/ooi. Na die manlike dier word verwys as 'n bul, maar die vroulike dier is 'n ooi. Groter as njalas is dit bulle en koeie en kleiner as njalas is ramme en ooie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus