Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -2 hours ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -7 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -8 hours ago

Trev se 2025 Kruger trip

Lyttelton
Submitted by Trev on
Forums

Ons beplanning vir 2025 Kruger trip is soos volg (ons eerste kamp trip in die Kruger):

- 8 Junie - Pretoria tot Malelane

- 8 tot 9 Junie - Malelane

- 9 tot 13 Junie - Skukuza

- 13 tot 16 Junie - Letaba

- 16 tot 19 Junie - Shingwedzi

Sal enige en alle raad waardeer - wat om te sien, watter paaie om te ry om wild te sien, ens.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/03/2025 - 17:49

... ek aanvaar jy het 'n Kruger padkaart boek.

Omgewing van Malelane:

S118 na Ampie se boorgat vir diere met af horings, en James watergat vir leeus.

S110 vir hoofsaaklik onthoringdes by watergat.

Shingwedzi:

S52 sirkel roete  en Red rocks vir mooi uitsig

Oppad na Letaba stop en eet by Tshkwane, lekkerste ontbyt "jaffels" in koolvuur berei. 

Ek weet die ouens gaan nog baie info byvoeg.  

Malelane kampie mag klein wees, maar sekerlik die netjieste kombuis en ablusie.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 17/03/2025 - 09:16

Shingwedzi is ons gunsteling ruskamp. Alhoewel die wild nie so volop is as in die Suide nie, is daar ook aansienlik minder toeriste en is dit nie ongewoon om lang ente alleen te wees en net ‘n paar ander voertuie te sien tydens ‘n wildrit nie. 

Die S56 Mphongolo loop is seker my gunsteling pad in die Krugerwildtuin. Veral die onderste (Suidelike) twee gedeeltes. Dis nou tussen die afdraai na die S56 naaste aan Shingwedzi en die S57. Die eerste 32km van die S50 Suid van Shingwedzi by die agterste hek uit die kamp uit is ook lieflik. Dis ‘n uit en terug pad, maar die moeite werd. Ons geniet ook Lamont watergat naby die kamp, en dis altyd lekker om met sononder op die brug oor die Shingwedzirivier uit te klim.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 17/03/2025 - 09:59

... Wildehont se siening oor die S56 en die S50. Ry met laasgenoemde vir minstens 25 - 30km, tot by die laaste watergate, waar die Shingwedzirivier wegswaai van die pad af.

Vir een of ander rede is ek ook baie lief om die rustigheid van Tshanga uitkykpunt te geniet (S52). Die ou kliptafel en boomstomp-sitplekke skep vir my sommer 'n gevoel van outydse wildtuin nostalgie. Meeste van die tyd is ons vinger-alleen daar. Synde dat jy dan ook by Red Rocks verbyry, waar jy ook mag uitklim, kan jy gelukkig wees om af te kyk op iets besonders. 'n Vriend van my het by geleentheid 'n luiperd gekry wat daaronder water drink. Hy sê hy weet nie wie't die grootste geskrik nie - hy of die kuiperd

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 17/03/2025 - 11:42

die rustigheid van Tshanga uitkykpunt

Ek en Chris Jnr het in 2023 tot daar gery to Salomien en Kara een oggend verkies het om in die kamp te bly. Ons het uitgeklim en tot bo op die koppie gestap. Ons kry toe daar twee field rangers wat op patrollie was. Ek vermoed hulle het tot daar gestap om selfoonsein te kry.
 

Chris Jnr het baie vrae vir hulle gehad en met groot oë na hulle gewere gekyk. Omdat mens hulle nie baie sien nie, vergeet mens van die mense wat basies ons wild oppas. Dink net hoe erg sou die stropery gewees het sonder hulle. 

0
Lyttelton

Trev

Fri, 21/03/2025 - 20:39

Het raad nodig rakende roete om te volg van Shingwedzi na Polokwane.  Ek sien daar is 3 roetes:

3 hr 55 min

260 km

via R81

Fastest route

Details

4 hr 11 min

283 km

via R81 and N1

4 hr 29 min

319 km

via R71

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 21/03/2025 - 21:46

Ek kan ongelukkig nie vir jou inligting gee tov die roete waaroor jy navraag doen nie. Wat ek wel vermoed, is dat wanneer jy eers in die wildtuin is, jy gaan wens dat daar geen roete "uit" is nie - of ek altans hoop dat dit ook jou ondervinding gaan wees. Selfs op 'n dag wat daar min diere is, is daar soveel meer om te geniet - die allermooiste bome, rustig te sit by 'n watergat of uitkykpunt, mooi voëls, stilte, naggeluide en vele meer. Ek dink vir 'n eerste besoek is jou bespreking perfek uitgewerk en ek toer al in gedagte saam. 

Net meer as twee maande!! Lekker beplan en droom.

Wanneer die ou omies môre opstaan gaan jy jou antwoord kry - baie sleep daardie roete laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/03/2025 - 06:23

...die ou omie se raad gaan bepaal word deur die vraag;

by watter hek wil jy die wildtuin verlaat??

1] Dit klink of jy bo by Punda Maria wil uitkom. Dan kan ek nie 'n aanbeveling maak nie.

2] Indien jy egter by Palaphorwa hek wil uitkom, kan ek voorstelle maak. Ek gebruik slegs die hek vir in/uitgang vir die Noorde gedeelte. Ons gaan Meimaand vanaf Tsendze uit by P.Borw en dan slaap ek eers daar in P.Borwa Safari Park [Aventura oord]. Dus maak ek laaste dag in wildtuin 'n rustige wildrit, en volgende dag kort in tyd terug huistoe.

Van P.Borwa af sleep ek R71 al die  pad tot by Tzaneen. Vandaar het jy drie opsies;

a] Bly op die R71 maar reguit by Tzaneen vir Heanertsburg met Georges valley pad.

b] By Tzaneen draai regs op R36 en na entjie draai links vir R71 om met Magoebaskloof deur na Heanertsburg te sleep.

Paaie a en b kom by Heanersburg bymekaar.

c] Ry op R36 tot naby Mooketsi om te draai op R81 vir Munnik na Tzaneen. Ek het nog nie solangs gesleep nie. 

Wat ry oppervlak en padgehalte aanbetref, is Magoebaskloof tans my keuse, veral terug want mens trek [berg op] die hele tyd. 

Laat hoor wat jy dink van voorstelle 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 22/03/2025 - 06:57

... ek het al die genoemde opsies gery. Maar die feit dat daar van tyd tot tyd "probleme" op die R81 is, ry ek die laaste tyd pal die R71 via Magoebaskloof. Ek gaan dit ook in Augustus ry wanneer ek van Eiland Spa af vertrek.

0
Lyttelton

Trev

Sat, 22/03/2025 - 07:11

Baie dankie Wessel en ChrisB - ek sal Magoebaskloof ry - hopelik sal 455kW en 740Nm genoeg wees om die Exclusive teen die bulte op te kry. 
Die beplanning is om tot in Polokwane te ry wanneer ons van Shingwedzi afgaan en daar by vroulief se eerste keuse hotel oor te slaap. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/03/2025 - 07:16

is mos reeds byderhand dan nie. ?? My idee van 'n Exclusivelaugh

Met al daai perde sal jy die handrem moet optrek teen Magoebaskloof

0
Lyttelton

Trev

Sat, 22/03/2025 - 20:44

is ‘n Range Rover SVAutobiography 5.0 Supercharged wat iemand ‘n towerstaffie (remap) oor geswaai het.  Dit kom uit die fabriek met 405kW en 680Nm - in VSA werk hulle glo die towerstaffie tot so ‘n mate dat omtrent 495kW en 855Nm gekry kan word. 

0
Lyttelton

Trev

Sat, 31/05/2025 - 08:42

8 dae ... dan is dit sulke tyd; maar kan eers van Maandag af karavaan kan pak want Grant sal die modifikasies sal eers vandag klaar maak.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 31/05/2025 - 08:45

...ek gaan die gesprek fyn dophou, het skoon vergeet van dit.

Ek het darem die tong in die kies raakgelees. Vrouens kan egter soms onvoorspelbaar wees, as dit by vakansie-inpak kom.wink 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 31/05/2025 - 10:59

Geniet die voorbereidings. Ons is laaste ruk wat jy in Letaba is by Satara, maar ons ry nie meer verder as Olifants kamp op dag trips nie. N lekker brekkie op Olifants kamp se deck is een van ons bederfies gedurende elke Satara besoek 

0
Lyttelton

Trev

Sun, 01/06/2025 - 09:06

Ek dink nou net daar aan - wat maak die manne met Exclusive karavane met die afloop water van die badkamers en kombuise?  

Die kampeerplekke waar ons tot duster was het in baie gevalle ‘n drein (drain) by die kraan gehad, maar dit lyk nie asof dit die geval by in die KNP is nie.  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 01/06/2025 - 11:05

Groot debat van tyd tot tyd oor sg. grys water! Wat julle ook al doen moet dit om vadersnaam nie net op die grond laat uitloop nie...dink aan die volgende ou wat in daai ongesonde gemors vol met g#t en toon jellie moet kamp. Vang dit op in 'n houer en raak ontslae daarvan in 'n drein. Dis wat verantwoordelike mense doen...hieronder 'n paar aanhalings van mense wat spesialiseer in die behandeling van water:

Grey water is affected highly by temperature.  In 4 hours in reasonable temperatures, say 25 to 30 degrees, you can have 4000 times more bacteria in grey water than in your black water (Bio Magic)

....there exists substantial evidence from analysis by micro-biologists showing the presence of bacterial organisms such as Staphylococcus aureus (causing skin infections), Shigella (causing diarrhea) and salmonella (causing gastroenteritis).

If you don’t have a holding tank or hose-

  • Let your dishwater or shower water collect in a bucket and then take it to a nearby plant
  • Choose a different plant every time you empty
  • Wipe off and dispose of any excess food or soap before washing to avoid animals & wildlife eating it
  • Be courteous to your neighbours and dump well away from their campsite
  • Be courteous to yourself and don’t dump to close to your campsite to avoid boggy and smelly areas
  • Consider buying a tote for times when you cannot dump on a plant, that way you can take it to the nearest dump point or suitable disposable location point

 

Mens kan ook 'n houer koop by bv Takealot of Adendorffs om die water in op te vang en op ander aanvaarbare plek te laat uitloop (kos sowat R200 tot R300 en het 'n 18l kapasiteit)

Addis - Sumpy Oil Drainer 18L

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/06/2025 - 11:48

...ons was ook skottelgoed by die woonwa, ongeag of daar opwasplekke is of nie. Ek gooi die wasskottel oor in 'n emmer en gaan gooi dit by opwasplekke weg. 

Ons het nog nooit ons stort in die wa gebruik nie, maar die mees aanvaarbare gebruik is om dit op te vang in emmer/houer en maar te gaan leegmaak by ablusie se inspeksie openinge.

0
Lyttelton

Trev

Sun, 01/06/2025 - 12:12

Baie dankie - ek sal 'n kan saamneem. 

Soos genoem, gaan ons by Malelane, Skukuza, Letaba en Shingwedzi kamp - sal waardeer as julle kan adviseer oor die ideale lengte elektriese kabel (ek het sowat 25 meter op die oomblik) en ideale lengte waterpyp (ek het huidiglik 20 meter).

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus