As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:
5 - 14 April: ATKV Hartenbos
15 - 21 April: Karoo Nasionale Park
22 April: Forever Gariep
23 April: Weltevrede, Parys
24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba
4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin
5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin
2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin
3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa
4 Augustus: ATKV Klein-Kariba
Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.
Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak.
Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.
Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.
Foto,s wat ek nie gister kon plaas nie

Ons kamp-opset soos teen gisteraand. Vandag sal daar voortgegaan word om ons lekker in te rig vir die volgende 2 maande.
Dan ook sommer 'n foto of twee van ons Orpen-verblyf.


Die swembadarea by Eiland Spa lyk netjies soos altyd.



Die donnerse blou-ape is sommer vroegoggend lastig. Oral hoor jy net vullisdromdeksel val. Dit is iets wat die oordbestuur sal moet aanspreek. By Klein-Kariba (ook 'n ATKV oord) is al die vullisdromme bobbejaan/aap "proof".
Ons is vandag vanaf 08:00 tot 16:00 sonder water. Die bestuur het ons darem voortydig in kennis gestel. Groot waterdromme is by die ablusies geplaas vir toiletbehoeftes.
Die luggie is knyperig vanoggend, maar die voorspelling is darem vir 27° vandag. Môre kan ons (aldus YR.no) 'n klein bietjie reën verwag met 'n maksimum van 'n koelerige 18°.
Gisteraand, na 'n dag se harde werk en sweet aftap in die hitte, te moeg vir groot kosmaak. Daarom moes 'n tuna/mayonnaise/kaas/tamatie-roosterbroodjie (gemaak op die "sandwich press) die honger kolletjie vul. Vanaand maak ons weer 'n Roemeense dis, Tocanita de Cartoffe, waarvoor ons baie lief geraak het. Die vertaling beteken aartappelbredie, gemaak van gebraaide blokkies-spek (of enige gerookte varkvleis), fyngekapte uie, blokkies aartappels, tamatiepuree en 'n speserye, Legume en Marar (laasgenoemde fyn droë dille) wat ons van Roemenië af saambring. By die huis eet ons graag Ciabatta daarmee saam, maar vanaand sal gewone brood maar moet doen).
Dankie Chris
Dankie vir die opdatering. Lekker gelees. Rus nou sag en kry beter wifi sodat ons kan sien wat aan gaan.
Ek dog die kierie mense se mans speel muurbal.....
Groete uit n nat en koue Kaap.
Swaeltjies
Dis darem lekker. Kyk net hoeveel krimpies is daar in die swembad terwyl ons hier bibber. Daar waai nou al vir amper ‘n week amper aanmekaar ‘n snydende wind hier wat dit baie onplesierig maak hier. Geniet die matige weer daar.
ChrisS, jou verwysing.................
.................na "krimpies" aanvaar ek jy verwys na ons oues van dae. Pasop, ons watch jou !
Troetelnaam
Oom Len, dit is ‘n troetelnaam wat ek met alle respek gebruik. My laaste amper vier jaar in toerisme het ek uitsluitlik met mense bo 60 getoer. Die meerderheid van hulle was afgetree en heelwat ouer as 60. Van hulle was in hulle tagtigs. Amper almal was Amerikaners (daar was Kanadese op een toer. Een van hulle was ‘n Innuit vrou wat nog elke jaar alleen op die ys gaan jag het).
Ek het die toere baie geniet, en die gaste meestal net soveel. Hier en daar was daar een of twee wat bietjie moeilik was, maar die res was wonderlike mense by wie ek baie geleer het. En hulle was nie stereotiep Amerikaans nie. Wel belese en deurwinterde reisigers wat gewoonlik al die res van die wêreld gesien het en die donker kontinent vir heel laaste gelos het.
Om terug te kom na die punt; dis waar ek die troetelnaam vir ouer mense begin gebruik het om te verwys na my gaste. Altyd op ‘n mooi en respekvolle wyse.
Geen probleem nie ChrisS,..........
.................maar ons watch jou nogtans !
5 Junie
Uiteindelik is die Bouchers weer 'n slaggie rustig. Ek reken al die opslaanwerk vir die 2 maande se verblyf hier by Eiland Spa is afgehandel. Nou kan ek weer terugkeer na niksdoen.
Gister was maar 'n warm dag vir die harde arbeid wat verrig moes word. Ek het op 'n stadium vir Ralie gesê dat dit baie makliker is om by die huis te bly as om te kamp. Maar as ek luister na die verskil in die weer tussen die Laeveld en die Boland, is ek dankbaar om hier te wees. Vandag is darem ook 'n bietjie koeler hier - YR voorspel 18°. Dit is bewolk, maar tans nie 'n teken van 'n windjie wat roer nie.
Ek sal later 'n paar foto's neem van ons kamp-opset soos wat dit tans lyk en hier plaas. Ek is nou-eers te "bedrywig" met niksdoen.
Seker met ....
...niksdoen in die lou swembad![]()
Is die eiland vol. of nog nie.
Wanneer daag jou seun op in Laeveld. Hulle gaan mos B&D toe, en dan ook eiland toe. Gaan hy ook deur wildtuin ry na die Eiland??
Wessel ...
... nee, ek is nie juis 'n "fan" van openbare swembaddens nie. Die niksdoen geskied sommer hier by die karavaan, luister na die verskeie voëls, voer die mak njalas en duiker ens.
My seun vertrek 25 Junie uit Grabouw, slaap oor in Karoo Nas Park en by Aldam (in 'n chalet) en arriveer 27 Junie by Malelane-kamp. Dan vanaf die volgende dag vir 7 aande in B&D, dan 3 aande in Skukuza en 1 aand in Letaba. Uit by Phalaborwa tot Eiland waar hulle op 9 Julie arriveer vir 9 aande.
Oxtail, ...
... (of soos my pa altyd gesê het "koeistert", want hy glo nie daar word s0 baie osse geslag nie) is vanaand op die spyskaart. Aangesien die affêre so lank moet kook in 'n gewone pot, het ons klein drukkoker spesiaal vir daardie doeleindes saamgekom. Kan jy glo - dit is reeds my derde aand by Eiland Spa sonder dat daar vuur aangesteek word. Seker maar 'n "af" kamper in sommige se oë.
Eiland
Genugtig Chris, daardie is niks anders as 5-ster weelde nie !
Wel gedaan, tot die voetpaadjie asblik toe is uitgelê met grondnet !
Jou windskerm-afskortings is 'n treffer, want dit lyk of jou buurman redelik naby aan jou staan, eerste foto.
Geniet nou julle verblyf. Wanneer begin die jukskei-spelery ?
Len ...
... dankie vir die kompliment.
Terwyl ek gister nog met my sleurwerk besig was, het die ouens verbygestap met hul skeie om te gaan jukskei speel. Ek het toe gewens ek is al klaar om te gaan saamspeel. Ek moet nog uitvind watter dae daar onderskeidelik gespeel word, maar ons sal beslis volgende week begin saamspeel.
Ek sal maar my inkopietog Tzaneen toe daarmee korrelleer. Ek moet beslis in volgende week by 'n apteek uitkom om my nuwe hartmedikasie-voorskrif te gaan kry. En ons mikrogolf (wat eintlik amper nooit gebruik word nie) het die gees gegee. Ek sal maar 'n nuwe gaan koop en eers los saam karwei totdat ek dit weer sal laat inbou (as ons eers weer by die huis is).
Chris B
Jislaaik, gedog ek is goed maar jy raak nou hoofseun Chris. Jy het tot n warm stasie waar jy kos warm/gaar maak. Het jy dalk n vis stasie ook waar vis skoon gemaak word ens. (Grappie)
Ai dit lyk lekker. Geniet dit Chris.
Oxtail is lekker, veral met Jan Braai se Oxtail sous. En vroeer jare was dit nie geet nie by ons nie.
Nou maak "niksdoen" sin
Nadat ek hierdie kampopset bekyk het kan ek uiteindelik verstaan waarom rustyd so noodsaaklik is tydens kampering. Dit moes 'n massiewe werk gewees het. Vat dit maar kalm voordat julle die skeie aantree.
. Baie netjies en lyk gerieflik ingerig Chris.
Laer trek.
Hierdie manier van " kamp" is seker ń modernisering van " Laer, of is dit Lager?? trek" soos my oupa se pa gedoen het waneer nagmaal bygewoon is op Machadodorp. Ek dink dit was elke 3 maande ń instelling. Vir paar dae met die osse getrek dorp toe. 15km per dag tot by die dorp. Saans gebraai en behoorlik uitgehang op die Kerkplein waar almal saam gekamp het met tente en katels en als wat ingepak kon word. Die kleinveë moes saankom vir ietsie op die kole. Jonges het gevry en oupas het mampoer geproe. Jukskeie gegooi....
Na die sondes bely, belei?? is met die nagmaal, is kamp afgebreek en almal het huiswaarts gekeer. Reg vir nog ń kwartaal. Goeie ou dae.












Dankie Chris, bly julle................
..............is veilig by julle nuwe kampplek.
Sterkte met die opslaan van die laaste paar goetertjies.