Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -3 hours ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -8 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -9 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 16/05/2025 - 18:37

... 'n namiddagrit ingepas gekry. En was dit nie lekker om met die Krokodilrivierpad te ry nie - dit is vandag geskraap. Ons het heelwat wild gesien - o.a. teeltroppe olifante, 'n enkele leeu (duidelik, maar net vir 'n paar sekondes) en die hoogtepunt, wat ek geglo het ons nie vanjaar sal sien nie.

Krokodilbrug

Maar dit was nie langs die S25 nie.

Vanaand is die wonderlikste aand - nie 'n briesie nie en kortbroek, T-hemp en plakkies-weer. Die Smokey Joe is aan die gang vir die varknektjops en Komatipoort Superspar se Ouma boerewors. 

Ja Len - ons was nou-al 3 keer in Komatipoort. Inderwaarheid moes vandag se besoek nie nodig wees nie, maar as 'n ouman sy bloeddrukpille óf weggooi of pak op 'n plek waar hy nie kan onthou nie, dan moet jy maar weer by 'n apteek uitkom. En Maandag gaan ons weer, want Lebombo Slaghuis sal dan my worsbestelling gereed hê om afgehaal te word. Ek het gevra of hulle hul boerewors in 'n dunner derm beskikbaar het. Hulle het dit beskikbaar, maar in groter pakkies klaar gevries. Hulle gaan spesiaal vars wors vir my maak en in 400g pakkies vakuumverpak.

As enigeen hier in Krokodilbrug kom bly kan hul maar met 'n geruste hart Lebombo Slaghuis besoek. Puik produkte en puik diens. En Komatipoort Superspar is ook 'n agtermekaar winkel. So ook Komati Apteek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 17/05/2025 - 14:25

Ons is net na 08:00 weg uit Krokodilbrug. Ek het my aanvanklik voorgeneem om "my" goeie paaie te ry, maar het sedert ek hier gekom het besluit om "my" swakker paaie weer 'n "go" te gee. Sodoende ry ons vandag die tweede keer Mpondodam toe - 'n roete wat my nog nooit "goed behandel" het nie. En vir die tweede keer die afgelope 2 weke, doen die roete my persepsie gestand - dit is 'n powere roete vir wild. Ons het 'n mooi trop olifante by Mpondodam gesien, maar andersins byna '"sweet blow all". En dan is die H5 plek-plek in 'n skrikwekkende swak toestand - sodanig dat dit vergelyk kan word met Kgalagadi se paaie. In sy peetjie in sinkplaat gery. Nou ry mense juis vinniger om die sinkplaat minder te voel - en sodoende foeter hulle dit nóg meer op. En natuurlik word die banddrukke nie afgebring nie. Maar die sogenaamde "jeep jockey" (die benaming vir die oop safari-voertuie op Sanparke se forum) is na my mening die grootste sondaars. Hulle ry jou onder stof om by "sightings" uit te kom waarvan hul kollegas hul per radio laat weet het.

Krokodilbrug - lekker ou kampie! Maar ongelukkig is daar 'n paar negatiewe dinge wat my 'n bietjie afpiepie daarvan. Die grootste hiervan is die aantal dagbesoekers wat hier instroom en die groot getal "jeep jockeys".

Ek sal my hiervandaan maar weer toespits op "my" bekende goeie roetes. Maar verstaan my mooi - ons kuier lekker.

Vanaand braai ons 'n ons 'n paar stukkies dooie hoender saam met Komatipoort Superspar se Ouma Boerewors.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 17/05/2025 - 16:14

.................foto : was dit 'n witte of 'n swarte ?  Ek aanvaar seker maar 'n witte.

Dis nog 'n lang tydjie 1 Junie toe en dit blyk dat julle nie gelukkig is met wild nie -  ook dat daar irritasies by Krokkies is wat pla.  In die lig daarvan, gaan julle dalk probeer om elders heen te skuif ?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 17/05/2025 - 17:38

... jy's reg met jou aanname - dit was 'n witte.

Nee wat Len - ons staan ons staan. Mens kan nie kla oor swak wildbesigtiging as jy nie veel rondry om hulle te soek nie. Dit is darem slegs die "specials" wat grootliks ontbreek, maar hulle is hier.

Tans geniet ons elke oomblik van ons verblyf hier in Krokodilbrug. Gelukkig is my dae van sukses meet aan roofdiere lankal verby. As ons hulle sien is dit net 'n bonus.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 17/05/2025 - 22:16

Ek dink Krokodilbrug is goed vir julle - behalwe vir die swart roet. Jy het darem al vertel van heelwat diere. Met diè dat julle so lank met vakansie is is goeie winkels binne bereik, en so was ook die spesialis in Nelspruit. Hoop dit gaan goed met die hart en dat jy lekker verder sal niksdoen (doctor's orders)laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 18/05/2025 - 15:18

Ons het pas teruggekeer van ons dag se "game drive". Ons het maar eers na 08:00 vertrek, want hierdie twee oumense slaap tot wanneer hulle wil. Dit is net die ou klomp raasgatte, wat hulle verbeel hulle moet teen hek-oopmaaktyd ry, wat ons vroeër as wat ons graag sou wil wakker word, wat ons wakker raas.

Toe ek vir die eerste keer vanoggend my gesig buite die karavaan wys, kom my buurman al terug vanaf sy oggend "game drive" - en vertel met groot fanfare van die leeus wat 'n kwagga sowat 7 km vanaf die kamp, langs die pad platgetrek het. Maar in dieselfde asem vertel hy dat die voertuie in vier rye langsmekaar in die pad staan. Dit het my my lus ontneem om daarnatoe te ry. Hy vertel ook dat toe hulle hek-oopmaaktyd vertrek was daar minstens 20 "jeep jockeys" wat voor die wildtuinhek gewag het. Hulle het die pad toegestaan by die leeuvangs.

Ons het vooraf besluit om met die S28 gruispad na Onder-Sabie te ry - wat ons toe terstond gedoen het om die "traffic jam" van leeu-verskriktes te vermy.

Sowat 5 km voor die Nhlanganzwani-afdraai staan toe 'n paar voertuie. Ons word toe meegedeel daar lê 'n jagluiperd sowat 70 meter van die pad af. Maar al wat ons kon sien is die punt van die stert wat twee keer bokant die gras gepiets het. Dit is dus nie aangeteken as 'n jagluiperd "sighting" nie. Ek het gevoel om een van my pa se uitdrukkings te gebruik. Hy het altyd gesê, as die geluk hom ontwyk: 'My luck het gaan skyt'. Maar die 'skyt' is vervang met ietswat van 'n growwer woord wat rym met 'luck'.

Nietemin het ons 'n goeie dag beleef met baie wild.

Ek het aanvanklik beplan om vanaand net boerewors "rolls" te maak, maar die boerewors word nou vervang met gerookte "cheese grillers" wat ek in Komatipoort by Lebombo Slaghuis gekoop het. Ek kon lekker vars "rolls' by Krokodilbrug se goed-toegeruste winkel koop.

O ja - ons het weer 'n lekker vroeë middagete by Onder-Sabie se M&B geniet terwyl die rivieroewer krioel het met olifante, kameelperde, buffels en seekoeie.

Krokodilbrug

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 18/05/2025 - 17:29

Die wildbesigtiging is ongetwyfeld baie beter daar vanwee die klimaat en plantegroei, maar dit lok ongelukkig ook die skares. Gelukkig werk julle rondom dit. Geniet die bosveld. Dis die beste plek om te wees. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 19/05/2025 - 13:33

Die beste drie woorde wat ons wildbesigtigingsrit van vanoggend kan beskryf is: byna hoogs onsuksesvol.

Skaars 2km uit die kamp loop ons onsself weer vas in die roofdier-verskriktes. 2 jagluiperds lê plat op hul sye sowat 100 - 150 meter van die pad af onder 'n boompie. Ons kon hulle glad nie sien nie, maar die verskriktes staan die hele pad vol. Na 'n lang gesukkel is ons daar verby.

Ons het met die S130 (Gomondwane Loop) gery tot by die pad wat die S130 en S28 (verby die oorlede Duke-suiping) met mekaar verbind. Sedert Duke gesneuwel het gaan daar absoluut niks aan nie.

Daarvandaan weer hoopvol tot by Nhlanganzwani (waar dié dam, heeltemal verstaanbaar weens blou-groen alge gebreek is) - een van die beste areas vir jagluiperds volgens my ervaring. Maar vir die 4de keer die afgelope 14 dae lewer dit niks op. En as ek sê niks, bedoel ek nie niks jagluiperds nie. Ek bedoel heeltemal niks.

Op die S130 het ons enkele rooibokke en vlakvarke gekry. Maar die hele S137 (Duke ingesluit) het niks wild opgelewer nie. En die S28, terug Krokodilbrug was ook teleurstellend stil. Maar dit was vandag. Gister het die S28 heelwat wild opgelewer en môre dalk ook weer.

Met die terugkeer kamptoe staan die pad steeds geblok deur roofdier-verskriktes om na 2 jagluiperds, wat skaars sigbaar is, te staar. Dit voel vir my ek sal ook na dese die suide vermy.

Nietemin - kuier ons lekker in Krokodilbrug. Na my mening die bes-versorgde (lees dalk eerder: bes-bestuurde) kamp in die wildtuin.

Len het al die mening uitgespreek dat dit klink of ek meer in Komatipoort is as Krokodilbrug. Wel - vanmiddag gaan ons weer Komatipoort toe om wors by Lebombo Slaghuis te gaan afhaal en die Hilux met R2.65/liter goedkoper diesel te gaan vul. En o ja - hier in die wildtuin betaal ons R31 per 5 liter winkelwater. Ek het verlede week R37.50 vir 25 liter water by Oasis in Komatipoort betaal. My kanne (waarvan slegs 2 op hierdie stadium leeg is) gaan vanmiddag uiteraard weer daar volgemaak word.

En vanaand word daar weer pizzas in die Smokey Joe gebak. Terloops, Maurits sê dat hy net sulke lekker pizzas in syne bak. En hy braai galjoen in die wildtuin. Darem twee simpel Kapenaars hier bymekaar. Toe ek gisteraand daar by hom gaan inloer was die ou besig met 'n "mean" potjie wat watertand-lekker gelyk het.

Tot môre.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 19/05/2025 - 20:09

................dankie vir jou moeite om ons 'n bietjie te vertel van hoe julle dag verloop het.

Ten spyte van jou meermale verwysing na Krokodilbrug as die "die bes bestuurde kamp", dink ek ek is stadigaan oorreed om my liefde vir hierdie kamp en die onmiddellike omgewing op my ranglysie af te skuif.

As ons persoonlike omstandighede dit tog vorentoe toelaat dat ons weer Wildtuin toe kan gaan, is my gevoel op hierdie stadium dat ons weer middel langs tussen Sartara en Tsendze sal gaan kamp.

Dan kan Orpen-hek 'n lekker toegangshek wees met Maroela as eerste oornagkamp. Daarna kan Satara of Balule aan die beurt kom, dan Letaba en daarna Tsendze en weer uit by Phalaborwa.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 19/05/2025 - 20:48

... as ek weer beskore is om hierdie gunsteling vakansieplek van my te besoek, sal Shingwedzi baie hoog op prioriteitslys wees. Ek sou wat wou gee om lekker lank in Tsendze te bly, maar ongelukkig is ek nie ingerig daarvoor nie.

Ten spyte daarvan dat ek Krokodilbrug as kamp baie geniet, is ek na hierdie vakansie dalk grootliks "genees" van die suide. Ek moet my dalk by die "Wildehont-brigade" aansluit en maar noord gaan. Ek het nog altyd die noorde geniet.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 20/05/2025 - 07:56

As ek Mnr Boucher so luister, is hy weer lus vir so ‘n toer. Ek blameer hom glad nie. Hoe minder mense en voertuie hoe beter. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 20/05/2025 - 13:51

Ons was 12:45 terug by die kamp na 'n redelik suksesvolle rit - maar geen roofdiere nie. As ek gereeld gewone wild sien is ek baie gelukkig. Ons het weer die S130 (Gomondwane Loop) geneem op pad Onder-Sabie toe. In teenstelling met gister het ons heelwat wild gesien - o.a. 'n mooi trop buffels (100+). Kwaggas, kameelperde, blouwildebeeste, olifante, rooibokke en veral baie vlakvarke het die rit tot Onder-Sabie baie lekker gemaak. Die terugrit was via die S82 (Mativuhlungu Loop) en het maar min opgelewer. Dalk moet ek ingedagte hou dat dit oor die middagure was en die wild dan moeiliker gesien word omdat hul skadu soek en selfs platlê. Toe ons 12:45 by die kamp arriveer, het die Hilux gewys die buite-temperatuur is 34°C. Gevolglik skuil ons nou in die wa teen die hitte met die lugreëlaar natuurlik aangeskakel.

Ek hoor wat Len sê op 'n ander gesprekslyn oor die aantal nagte per kamp en die "pro's & cons" daaromtrent. Die 28 nagte in een kamp is vir ons 'n nuutjie, maar ons geniet dit terdeë. Ja - jy ry roetes oor en oor, jy ry minder ens., maar ons is hier om af te skakel. Ek let op dat Maurits en Martie is ook baie rustig.

En nee Wildehont - ek beplan nie 'n toer vir volgende jaar nie. Daar's te veel ander "faktore" wat 'n stokkie daarvoor steek. Eerstens beplan ons nog heelwat kampe tot en met Jan/Feb. 3 Weke in Karoo Nas Park in Okt/Nov gevolg deur 'n maandkamp by Dwarswegstrand gedurende Nov/Des en nog 'n maandkamp by laasgenoemde gedurende Jan/ Feb. Dan wag daar nog die Oppiwater kunstefees op die boot in April en die moontlikheid van kuier by die ver kinders in Roemenië. Daar sal dus nie tyd wees om 'n wildtuinvakansie volgende jaar aan te pak nie, maar VERAL nie fondse nie.

Ek het lam-sosaties by Lebombo Slaghuis in Komatipoort gekoop wat vanaand in die Smokey Joe beland. Op die oog af lyk dit baie lekker. Ek vertrou dit sal wees.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 20/05/2025 - 20:02

......het julle nog 13 dae oor tot by Orpen vir een nag en daarna is dit Eiland toe waar julle wildkyk wil gaan verruil vir jukskei speel en sokkie.

Trek maar die krane oop tot dan en geniet die laaste klompie dae.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 20/05/2025 - 20:13

... jy's 100% korrek.

Ons oorweeg om, ter wille van verandering dalk môre met die Krokodilrivierpad tot B&D te ry en dan met die N4 terug te keer. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 20/05/2025 - 20:38

Ek aanvaar julle gaan naby die H3 aansluiting ook 'n draai maak by die Gardenia Skuiling op die S119.  Ek sien op my kaart aantekeninge dat toeriste al meer as een keer die Groot 5 in die Gardenia omgewing gesien het.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 20/05/2025 - 21:44

Ek hou van daardie pad (S119) en S118. Ek sal my maar laat lei hoe gatlam my boude teen daardie tyd gery is.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 21/05/2025 - 07:00

Ons het nog nie die Big5 hier gesien nie, masr wel goeie wildsbesigtiging gehad. Laas jaar was dit anders gewees...bittermin gesien en die skuiling het niks water ingehad nie....kurkdroog. Foto vanuit skuiling geneem 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 21/05/2025 - 16:20

Ek het toe totaal afgewyk van my normale doen en late t.o.v. wildsritte in die wildtuin. Ek wil nie ritte doen wat meer as 'n maksimum van 75km (uit en tuis) behels nie. Ons het toe die pad B&D toe aangepak. Die S25 (Krokodilrivierpad) ry heel lekker nadat dit verlede week geskraap is - en ons het baie algemene wild gesien. O.a. die mooi troppie rooibokke wat by die Bume-laagwaterbrug water gedrink het.

Krokodilbrug

Ons het vandag besonders baie groterige troppe rooibokke gekry. Maar ook mooi koedoes en bontkwaggas gesien.

Voordat ons afgedraai het op die S119 wat verby Gardenia-skuiling gaan, het daar 'n ongekende wind (vir die Laeveld) opgekom. Ons kon nie meer waag om met oop ruite te ry nie, want die stof het die hele pad vol gedwarrel. Dalk het die wind 'n rol gespeel, maar dit was die teleurstellendste rit wat ek ooit op die S119 en S118 beleef het.  Ons was só hoopvol om renosters te sien - hulle "middens" was oral. Maar op die totale lengte van die S118 het ons net 2 rooibokke gesien - verder nie 'n lewende ding in sig nie.

Die teerpad tot B&D was ook teleurstellend. In B&D het ons sommer 'n "garage pie" by die winkel gekoop en voor by die dam gaan eet. Ek maak die afleiding dat dié dam nie weer  "operasioneel" gaan wees nie. Dit is amper tot by die bokant van die betonwal toegeslik. Dit was 'n jaar gelede al só. Ons het in die verlede sulke wonderlike tye langs dié dam beleef. In my opinie - hartseer.

Krokodilbrug

Terwyl ons daar was het ons agtergekom dat die wind intussen tot bedaring gekom het. Ons het teruggery met die N4 tussen Malelane- en Krokodilbrughekke. Eers is daar weer papajas by die vrugtesmouse by Malelanehek se afdraai gekoop.

Hier in Krokodilbrug aangekom, kon ons sien dat die wind hier ook amok gemaak het. Waar die Hilux altyd staan, was net takke waar jy kyk. Dit sou alles op my voertuig geval het. Voor my en langs my staam twee Quantum Comfort de Luxe karavane. Beide het skade opgedoen aan hul "awnings" se pale wat gebuig het. Dié manne is nou aan die spartel om te sien wat hulle kan doen om die situasie te red.

Ons sal darem (lyk dit) vanaand kan vuurmaak. Die Bouchers braai Delico se hoender-skilpadjies en Joey's Boerewors.

My suster stuur die volgende foto aan. Toe hulle vanoggend na die kantoor in Pretoriuskop stap, ruk my swaer haar skielik eenkant toe. Byna trap sy toe op hierdie kalant.

Krokodilbrug

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 22/05/2025 - 15:36

Dit was vandag teerpad-langs na Onder-Sabie en gruispad (S28) terug na Krokodilbrug. Op die teerpad het ons geredelik wild gesien, maar op die gruispad weinig. Ek dink dit was die 5de keer wat ek gedurende die afgelope bykans 3 weke ingedraai het na Nhlanganzwsni, maar elke keer nog 'n "hele niks" gesien.

Dit lyk my ek bly op die verkeerde paaie. Ek is een van daardie mense wat nie net op soek is na roofdiere nie. Maar dêmmit, dit is darem lekker om so-iets soms te sien. Sedert 4 Mei het ons al heelwat algemene wild gesien, insluitende olifante en mooi buffeltroppe. Maar behalwe vir Wagter, die hiëna langs Malelane-kamp se draad, 3 ver (maar duidelike) jagluiperds en 3 enkel-leeu "sightings" (wat elke keer baie blitsig verby is), bly die geluk, wat andere klaarblyklik geniet, die Bouchers ontwyk. 

Maar, ons bly lekker kuier. Ons geniet elke oomblik. Ons weer het ook bietjie afgekoel en is eintlik meer draaglik - nie dat ons die +30°'s nie geniet nie. Maar nou kan die lugreëlaar ook bietjie tot rus kom.

Vanaand word mammie weer bederf met een van haar gunstelinge - macaroni & kaas.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus