Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -2 minutes ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Chris Kanselleer Vakansiebeplanning 2026/27 Chris Boucher -1 hour ago
Baie waarskynlik Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 06/06/2025 - 09:13

Ja - dit lyk waarskynlik nie soos gewone "kamp" wat ons hier by Eiland Spa doen nie, maar ...

Eiland is maar 'n stowwerige plek. Jy kamp op kaal grond. Daarom poog jy maar om jou ou plekkie so gemaklik as moontlik in te rig.

Ons gebruik net die stoeptent (met sykante) en 'n gazebo. Die een helfte van die stoeptent word met 'n 95% silwer/grys skadunet (doelgemaak) toegemaak.

Onder die grys grondnet word daar eers plastiek "dropsheet" gelê om te verhoed dat stof en sand deurkom. Die oranje "vloerbedekking" onder die die gazebo is 100% skadunet (amper soos 'n digte grondseil) wat ook geen stof of sand deurlaat nie.

In sekere opsigte moet jy maar hare op jou tande hê om hierdie omstandighede vir 2 maande te verduur. My buurman, woonagtig in Malelane en dus nie 'n permanente karavaanbewoner nie, staan hier vir 6 maande (1 Apr tot 30 Sep). Ek weet nie wat sy rede is nie, maar die oorgrote meerderheid lankstaners is hier om hul permanente woonplekke se winterkoue te ontsnap (ons presiese doel ook). Eiland se slagspreuk is nie verniet "waar dit altyd somer is" nie.

Gevolglik rig jy jouself so gerieflik moontlik in - dit is ons huis vir 2 maande. Die skadunet-omheining (of soos ons daarna verwys - jou "lapa") is om 'n mate van privaatheid in jou "erfie" te verskaf. Sommige mense, veral die werkers, vat kortpaaie en het geen idee van kamp-etiket om nie 'n ander ou se staanplek sy gewone loopplek te maak nie. En veral tydens die komende vakansietyd, wanneer hier hordes kinders op fietse is en hulle deur jou kampplek ry, bied dit darem ietswat van 'n obstruksie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 06/06/2025 - 14:47

Ons is nou redelik ge-"settle". Nou begin ons die gewone Eiland-dinge doen soos twakpraat met jou omliggende bure, stap rond, lees, hark blare ens. Van blarehark gepraat - Eiland is mos amper in 'n mopanie-"woud" geleë. Hier's so hier en daar ander bome ook o.a. hardekool, huilboerboon, towerghwarrie en knoppiesdorings. Ek is gewoond aan bykans daagliks mopanieblare bymekaar hark en in die groot seilsakke plaas wat oral in die oord uitgeplaas word. My erf van vanjaar het seker nog die meeste mopanies versus enige vorige staanplekke. Maar die mopanies is vanjaar grasgroen en jy sien bykans nie 'n enkele mopanieblaar op die grond lê nie. Ek glo dit is te danke aan laat somer-reëns. Maar o wee, op die staanplekke weerskante van my is elk 'n groot knoppiesdoring. En kan hulle nou vir jou blare afgooi. Eergisteraand het daar net voor slaaptyd 'n ligte windjie gewaai. Toe die blaartjies val het dit geklink soos reën op die karavaan se dak. Gisteroggend was ons vloer omtrent besaai met knoppiesdoringblare.

Ek het dus vanoggend gepoog om soveel moontlik van die blaartjies bymekaar te hark. Maar met my gewone blarehark ('n standaard item op die inpaklys vir Eiland-vakansies) maak bykans nie hond haaraf met die klein blaartjies nie. Ek sien die manne gebruik sulke klein herlaaibare blareblasers vir dié doel. Die buurman het gesien hoe ek sukkel en toe sy blaser aangebied. Dit is ook nou op my inkopielys wanneer ons volgende week Tzaneen toe gaan.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/06/2025 - 16:10

....stofmaker.laughlaugh

Probeer 'n gewone besem op jou 10 skild Van Dyk tapyt.. Dir raas nie en maak ook nie stof nie.

Soos jy altyd seg----elke ou tel sy blare op sy manier op.wink

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 06/06/2025 - 16:25

Daai blasers en en ek is nie vriende nie, selfs by die huis. Boonop is my tuin enjineer verslaaf aan die verdomde goed. Al wat gebeur is dat stof en blare verplaas word van een plek na 'n ander..Ons was 'n klompie jare terug by die Eiland gewees maar in 'n chalet, het toe daai kampeerders jammer gekry, orals het mopanie wurms rondgekruip en getjorts, veral op die mense se tente. Daai gesig bly my by en sit my heeltemal af van die plek, maar dis seker 'n seisoens gebonde ding, die wurms? 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 06/06/2025 - 17:55

Dit is somermaande se ding - nie hierdie tyd van die jaar nie.

En wat die bladers aanbetref verpes ek ook eintlik die goed want sommige ouballies misbruik die goed. Ons vee die grondnette met 'n gewone besem. Die blaser is vir die magdom blare wat die res van jou staanplek vol lê en môre weer op jou grondnette lê.

Ons spuit maar almal eers liggies nat voordat ons hetsy hark of blaas om nie stof te maak nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 06/06/2025 - 18:19

Ons is baie lief vir ons blaser....hy gaan altyd saam. Veral handig as mens op paving staan om gou skoon te blaas. Mens gebruik hom natuurlik met kampeer bure in ag te neem....nog nooit gesien dat buurman irriteer met wyse van gebruik nie. Gebruik ook as hout nie lekker wil vlam vat nie. Het klompie ander gadgets wst werk met dieselfde battery soos stofsuier, boor vir steadies en penne, compressor vir bande

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 06/06/2025 - 19:27

Nee kyk, die gadgets en hulpmiddels is baie noodsaaklik vir gerief. Kan jy dink dat enigiemand met sy tone in die sand kamp!! ..

Neef hou van woestynsand tussen die tone. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/06/2025 - 19:48

....is sekerlik baie gerieflik, en maak die lang kampeerdery beslis aangenaam.

Vir een of ander rede het ek sowaar net nie nog plek vir meer katoeters nie. Die braaier, gasbraaier, graaf, ekstra tentpale, sonpanele, 2de vrieskas, kombuiskassies, stoele en elektriese neuswiel maak ou Grompie se laaibak styf vol. 

Wonder wat kan ek los, dalk die graaf, maar dit trek so lekker die gronseil se spykers uit. Boonop kan ek leivore grawe as dit erg reen. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 07/06/2025 - 08:29

Sommer net 'n paar foto's wat op verskillende plekke hier in die kampeerterrein geneem is. Op sommiges kan mens sien dat baie mense kom nie kamp in die ware sin van die woord nie - hulle kom tydelike huis opsit. Die karavaan is maar net die slaapkamer. Hier word selfs tuin gemaak.

Eiland

Eiland

Eiland

Eiland

Eiland

Eiland

Eiland

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 07/06/2025 - 08:53

... dit is nie elkeen se cup-of-tea nie, maar hier is 'n onbeskryflike gevoel van samehorigheid tussen die klomp "inwoners". Al ken jy dalk nie 'n enkele ander persoon hier in die oord nie - almal groet mekaar asof hul ou kennisse is. Met ons stappery deur die kamp gister, het ons 'n paar ou kennisse van jare gelede raakgeloop. Alhoewel ons 4 jaar gelede laas hier was, voel dit amper (spreekwoordelik) of mekaar gister nog gesien het.

Dit is ons 5de keer dat ons hier kom lank kamp - 2 - 3 maande. Ons het sedert 2015 elke ongelyke jaar hiernatoe gekom tot 2021. Die tussenin-jare het ons gewoonlik vir die ver kinders gaan kuier. Maar in 2023 het ons ook vir die ver kinders gaan kuier, met die gevolg dat ons een jaar oorgeslaan het. Noudat ons weer hier is, wens ek dit is ons nog 'n keer (of meer) beskore om in hierdie fantastiese oord te kom oorwinter.

Vandag is sommer weer net 'n lekker rustige dag. YR voorspel vir ons sonskyn, geen wind en 26°C. Wie weet, dalk gaan maak die ou tog later 'n dip in die warm water.

Gisteraand was daar 'n Kleinmond Superspar chicken espetada saam met Lebombo Slaghuis, Komatipoort, se boerewors op die spyskaart. Vanaand is dit my laaste skaaptjops wat ek saamgebring het. Dit beteken dat daar volgende week (dalk Dinsdag) beslis vleis aangevul moet word wanneer ons Tzaneen (68 km van hier) toe gaan.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 08/06/2025 - 11:16

Dit is nog 'n pragdag hier tussen die mopaniebome by Eiland Spa. Ek wens ek kon nou 'n klankgreep hier plaas van die mooi voëlgeluide wat ons vermaak - tans hoofsaaklik glansspreeus. Maar om vanoggend nog in die bed te kon lê en luister na 'n neushoringvoël wat klink soos 'n ou kar wat sukkel om te "start" en uiteindelik aan die gang kom - watter voorreg.

Ek het vanoggend iets gedoen wat ek jare laas gedoen het - 'n kerkdiens bygewoon in die grootsaal. En die klomp gryskoppe het die saal volgepak - ek was verstom. Die diens is gelei deur Dr Isak Burger, voormalige hoof van die AGS. Ek moet erken dat dit vir my lekker was om 'n slag in die kerk te kom. Ek en Ralie het mos vir etlike jare 'n interdenominale sangbediening gehad en dit was lekker om die liedere wat gesing was (almal bekendes) uit volle bors weer saam te sing.

Ons sal die res van hierdie warm dag net rustig wees. Môre lê hef-aan voor om die Hilux te was en veral binne-in van die wildtuin-stof ontslae te raak. Ek beplan om Dinsdag Tzaneen toe te ry en wil darem nie langer met die vuil voertuig ry nie. Ek sal eers na die was die voertuig-oortreksel oortrek. Ongelukkig het die glansspeeus geen respek vir jou voertuig nie.

Vanaand is weer vis-aand - maar die bevrore vis is ongelukkig kapoet. Gevolglik bak die ouballie weer viskoekies wat saam met kapok-aartappels en ertjies geniet word.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/06/2025 - 11:33

Is Dr Isak Burger ook 'n kampeerder daar, of was hy net op besoek??

As ek dus met volle begrip lees, moet ons met 'n volgende samesyn julle vra om bietjie te sing. Praat van verskuilde talente. !!!!!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 08/06/2025 - 12:09

Ek het die afleiding gemaak dat hy ook tans met vakansie by Eiland Spa is, want hy het verwys na verlede Sondag se diens en sy dogter wat die week na volgende week by hulle aansluit. Ek weet egter nie of hy kamp nie.

Nee Wessel - daardie seisoen in ons lewens is verby. Ek weet nie of Ralie nog weet hoe om haar klawerbord aan te skakel nie. En buitendien het my seun omtrent al my klanktoerusting al na sy huis toe karwei. Maar ons dink met groot verlange en nostalgie terug na daardie sowat 15 jaar.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 08/06/2025 - 14:04

Ek het al gesien op facebook hoe  populer Kerk dienste is by somige oorde. Desember was daar fotos van Weesgerus wat n erediens onder die bome gehou het.....baie mense. Bosveld Oase het ook n diens gehou onder die dak van hulle warm water swembad.....die area was te klein vir al die mense.

Kerk dienste is seker maar deel van ATKV se kalenders. Ek is besig om n pret kamp naweek saam met ATKV Buffelspoort te reel.....deel van hul program beplanning is ook dan om die naweek af te sluit die Sondag oggend met n Kerk diens

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 09/06/2025 - 11:48

Ons kry warm hier by Eiland. YR voorspel 31° vir vandag. Maar môre val die temperatuur tot 22° en vir die res van die week wys dit lae tot mid 20's.

Gevolglik het ek reeds vroegoggend die Hilux gewas en die binneruim so goed moontlik ontstof van die wildtuinstof. Ek kan nie met só 'n vuil voertuig môre die dorp aandurf nie. Die Hilux staan nou in sy "garage" - toegetrek met 'n voertuig-oortreksel.

Vandag sal die "aircon" weer sy bydrae moet lewer om die temperature meer gebruikers-vriendelik te maak.

Hier is vanaand (soos elke Maandagaand buite die skoolvakansie) 'n bring en braai waar pap en sous verskaf word. Maar dit begin reeds om 17:00 - wat heeltemal te vroeg is vir aandete vir ons en ek hou ook nie van stywepap nie. Maar jy vang my in 'n wip met krummelpap. Buitendien is ons ook nie "tropdiere" nie. Daarom word daar vanaand weer mac&cheese gemaak.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/06/2025 - 12:03

Ek gebruik ook tuis 'n oortreksel oor die Kavango, tog is ek altyd bedag vir skaaf. Ek was eers die wa deeglik, voordat ek dit toemaak. Dan bind ek daai oortreksel styf vas, om beweging tot minimum te beperk.

Ek vermoed daar vind tog oor die dak en skerpkante wel skawing plaas. Dit probeer ek maar periodiek uitpoleer. Die volgende eienaar kan die wa maar na Echo neem, om veselglas se glans te herstel. 

Ek sukkel nooit tydens vakansies om Grompie te was nie. Ek sal hoogstens die matte uitklop.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 09/06/2025 - 15:14

As daar nou ooit vir my 'n sleurwerk was, of is, is dit om kar te was. Tuis is dit my tuiningenieur se werk. Maar as jy vir 'n maand op die wildtuin se gruispaaie gery het, en jou voertuig staan onder bome waar die voëls geen maniere ken nie, is jy maar verplig om soms jou luiheid te laat staan en self die takie uit te voer. By my huis sny ek eerder gras as om voertuie te was. 'n Vriend van my is weer die teenoorgestelde. Hy weier om sy hand aan 'n grassnyer te slaan, maar sal sy en sy vrou se karre tweekeer per week was.

Ek is ook nie lief vir 'n oortreksel oor my voertuig nie. Maar hier by Eiland sukkel jy om 'n staanplek, wat nie deels onder 'n boom (lees: speeus se holle) is nie, te kry. Ek het vanoggend gesukkel om hulle mis afgewas te kry. Ek wonder of hulle dalk boomgom eet.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/06/2025 - 15:34

...het soms die geneigdheid om verf te verkleur, en selfs te "vreet". 

As ek myself vang, soek ek maar koelte vir trokkie en woonwa, en kerm dan oor die miskolle.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 09/06/2025 - 16:33

Heeltemal reg, die mis bevat 'n suur wat redelik vinnig sulke dowwe ringetjies op die verf kan veroorsaak wat moeilik uitpolitoer. Ek parkeer nie onder 'n boom as ek dit kan verhelp nie, en as ek 'n kol mis op die verf sien is ek daar met 'n nat lap. Boomgom is nog erger en kom ook moeiliker af met 'n nat lap

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus