Ons beplanning vir 2025 Kruger trip is soos volg (ons eerste kamp trip in die Kruger):
- 8 Junie - Pretoria tot Malelane
- 8 tot 9 Junie - Malelane
- 9 tot 13 Junie - Skukuza
- 13 tot 16 Junie - Letaba
- 16 tot 19 Junie - Shingwedzi
Sal enige en alle raad waardeer - wat om te sien, watter paaie om te ry om wild te sien, ens.
Mover probleem
Hi Tevor. Kon jy toe die probleem uitsorteer tov probleem op movers? Hoe ervaar jy Malelane kamp?
Oee..Trev, die is moeilkheid…
Oee..Trev, die is moeilkheid soek. By ons werk dit eenvoudig nie. Ouma sal op ń blinde, of " blonde" kol gaan staan en beduie. Sy is ń baie slim mens, maar díe is waar sy die toets met lof druip.
My plan werk so. Kom so half in lyn. Stop, klim uit en maak die menoewir in jou kop. Trek ń streep of pak ñ klip waar daar geswaai moet word. Kry die wa in nuwe posissie. Klim uit, pak nog ñ klip vir die volgende paar treë. Dit vat dalk 5 minute langer. Ouma se plig is om te kyk vir die takke en braaiers wat so simpel raak.
Stetkte.
In KNP
Het vanoggend later as beplan uit Pretoria gery - kuier met familie het tot 22h30 geduur en het so 23h30 tuis gekom.
Ons het via Malelane gery en het tussen Malelane en Skukuza eers olifante en buffels tesame, daarna ‘n leeu, en daarna 2 olifante reg teen die pad gesien.
Het 14h39 by Skukuza aangekom en het so ruk gelede begin rustig raak.
Nie sooo rustig...
dat jy ons vorentoe vergeet nie, Trev
Julle het in 'n goeie tyd nog in die kamp aangekom en ek hoop dat julle 'n lekker staanplek kon kry. Vanoggend nogals baie aan julle gedink en gehoop dat die woeste wind julle gespaar bly op die pad. Hou duimvas dat julle vir die res van die tyd ook so gelukkig sal wees met die diere. Geniet dit!
Trev, bly julle...................
............is al veilig in die Wildtuin en dat julle verwelkom is deur leeus, buffels en olifante !
Dit was 'n uitstekende begin !
Dankie Trevor
Dankie Trevor vir die hout. Eks bly julle het veilig gesleep en al 3 van Big5 gesien....geniet die res van jul KNP trip
Geniet elke oomblik
Dit bly maar 'n voorreg om die wildtuin te besoek. Onsself het nie so 'n goeie besoek vanjaar gehad wat wildbesigtiging aanbetref nie. Maar tog het ons elke oomblik waardeer en geniet.
Ek vertrou julle't 'n wonderlike tyd in die wildtuin Trev.
Hamilton koppies
Sal enige en alle raad waardeer - wat om te sien, watter paaie om te ry om wild te sien, ens.
Skukuza omgewing: Ons was al redelik suksesvol in hierdie omgewing. Maar dit verskil baie....die een jaar krioel dit van diere op n sekere plek en die jaar daarna kan dit weer doodstil daar wees. Vir luiperd soek het ons al paar keer gegaan na daai paadjies om Orpen dam naby Tshokwane.....sommer n lekker roosterkoek daar eet
‘n paar fotos geneem tydens…
‘n paar fotos geneem tydens ons nagrit gisteraand.
Hiëna war pas geboorte gegee het met die kleinding





EEN SLAPIE!
Ek hou styf duimvas dat jy die probleem met die "movers" sommer gou uitgesorteer kry. Veilig ry môre en ek hoop dat julle 'n onvergeetlike lekker vakansie gaan hê in die wildtuin met 'n splinternuwe karavaan.