Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 minutes ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -12 minutes ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -22 minutes ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -1 hour ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Kgalagadi temperature Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago

Trev se 2025 Kruger trip

Lyttelton
Submitted by Trev on
Forums

Ons beplanning vir 2025 Kruger trip is soos volg (ons eerste kamp trip in die Kruger):

- 8 Junie - Pretoria tot Malelane

- 8 tot 9 Junie - Malelane

- 9 tot 13 Junie - Skukuza

- 13 tot 16 Junie - Letaba

- 16 tot 19 Junie - Shingwedzi

Sal enige en alle raad waardeer - wat om te sien, watter paaie om te ry om wild te sien, ens.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 07/06/2025 - 10:16

Ek hou styf duimvas dat jy die probleem met die "movers" sommer gou uitgesorteer kry. Veilig ry môre en ek hoop dat julle 'n onvergeetlike lekker vakansie gaan hê in die wildtuin met 'n splinternuwe karavaan.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 08/06/2025 - 14:09

Hi Tevor. Kon jy toe die probleem uitsorteer tov probleem op movers? Hoe ervaar jy Malelane kamp? 

0
Lyttelton

Trev

Sun, 08/06/2025 - 15:30

Is nog in Gauteng - moes planne verander - familie can Botswana wat ek lank laas gesien het onverwags opgedaag. Ry nou moreoggend KNP toe. 
 

Het nie reggekom met movers nie - sal maar my en die vrou se 36/37 jaar van saam wees beproeflaugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 08/06/2025 - 16:13

Oee..Trev, die is moeilkheid soek. By ons werk dit eenvoudig nie. Ouma sal op ń blinde, of " blonde" kol gaan staan en beduie. Sy is ń baie slim mens, maar díe is waar sy die toets met lof druip.

My plan werk so. Kom so half in lyn. Stop, klim uit en maak die menoewir in jou kop. Trek ń streep of pak ñ klip waar daar geswaai moet word. Kry die wa in nuwe posissie. Klim uit, pak nog ñ klip vir die volgende paar treë. Dit vat dalk 5 minute langer.  Ouma se plig is om te kyk vir die takke en braaiers wat so simpel raak.

Stetkte.

0
Lyttelton

Trev

Sun, 08/06/2025 - 16:17

Geert, ja ek ry regdeur Skukuza maar gaan oor Malelane ry

0
Lyttelton

Trev

Sun, 08/06/2025 - 16:19

Gelukkkig het ons seuns gister ‘n kamera agterop die karavaan gesit - behoort te help om die geselsies koelerig te houwink

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/06/2025 - 17:54

...dankie vir die klippe raat!!! Ek gaan dit beslis onthou

0
Lyttelton

Trev

Mon, 09/06/2025 - 20:31

Het vanoggend later as beplan uit Pretoria gery - kuier met familie het tot 22h30 geduur en het so 23h30 tuis gekom. 
Ons het via Malelane gery en het tussen Malelane en Skukuza  eers olifante en buffels tesame, daarna ‘n leeu, en daarna 2 olifante reg teen die pad gesien.
 

Het 14h39 by Skukuza aangekom en het so ruk gelede begin rustig raak. 
 

 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 09/06/2025 - 20:40

AAA geniet dit Trev.

Ek en Navigator het op klein dingekies gefokus.  Toe kom die leeus ens ens.

 

Geneit dit.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 09/06/2025 - 21:00

dat jy ons vorentoe vergeet nie, Trevlaugh Julle het in 'n goeie tyd nog in die kamp aangekom en ek hoop dat julle 'n lekker staanplek kon kry. Vanoggend nogals baie aan julle gedink en gehoop dat die woeste wind julle gespaar bly op die pad. Hou duimvas dat julle vir die res van die tyd ook so gelukkig sal wees met die diere. Geniet dit!

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 10/06/2025 - 02:37

Dankie Trevor vir die hout. Eks bly julle het veilig gesleep en al 3 van Big5 gesien....geniet die res van jul KNP trip

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/06/2025 - 06:20

...ek is 'n prentjie mens. As dit by diere gesien kom, moet dit met foto's gestaaf wordlaughlaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 10/06/2025 - 07:30

Dit bly maar 'n voorreg om die wildtuin te besoek. Onsself het nie so 'n goeie besoek vanjaar gehad wat wildbesigtiging aanbetref nie. Maar tog het ons elke oomblik waardeer en geniet. 

Ek vertrou julle't 'n wonderlike tyd in die wildtuin Trev.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 10/06/2025 - 08:26

Sal enige en alle raad waardeer - wat om te sien, watter paaie om te ry om wild te sien, ens.

Skukuza omgewing: Ons was al redelik suksesvol in hierdie omgewing. Maar dit verskil baie....die een jaar krioel dit van diere op n sekere plek en die jaar daarna kan dit weer doodstil daar wees. Vir luiperd soek het ons al paar keer gegaan na daai paadjies om Orpen dam naby Tshokwane.....sommer n lekker roosterkoek daar eet

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus