Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -2 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -3 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -3 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -4 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 19/07/2025 - 08:25

Die beraming vir herstelwerk beloop so effe Noord van R60 000.00 . 

My suster het baie jare gelede ‘n A4 gehad. Toe dit tyd raak om die tyd ketting te vervang het Audi haar R47000 kwoteer toe ruil sy dit maar in. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 19/07/2025 - 09:07

My inset van 5/6/25 op die gesprek verwys.

Volgens my persoonlike kontak binne FORD, is die nat gordels vanaf begin 2024 in die Rangers aangebring. Volgens hom het hulle werkwinkel nog nie een gehad wat gebreek het, of ander verwante enjin probleme gehad het nie. Die geheim is gereelde dienste, en die korrekte olie.

Dit bied gemoedsrus in die geval waar mens nuut koop, of 'n gebruikte ene met 'n volledige FORD diensrekord. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 19/07/2025 - 11:43

Groot is my verbasing dat in die geval van die Amaroks, geld die volgende;

ou Amaroks het kettings

nuwe V6 het normale droë band

nuwe 2l enjins het ook nat tyd bande.

Oeps, dit is nie net FORD nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 20/07/2025 - 14:56

....ek is nou totaal onkundig oor die onderwerp. As die "wet belt" dan al in 2019 in gebruik geneem is, waarom NOU skielik onlangs, word die groot hef gemaak???

Bloot omdat dit nou eers in die 2.0l Rangers, Amaroks ingefasseer is. 

Ondervind die Amaroks ook dieselfde negatiewe gevolge, of nie. Is die enjins in die Amarok en Ranger [2.0l] dieselfde in alle opsifte?? 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 20/07/2025 - 17:37

Jy het jouself geantwoord hier bo Wessel. Uit die diensplan, en so word die specs aangepas om dit meer bekostigbaar te maak. Goedkoper olie, rek die dienstydperk so bietjie en let nie op na die aanbeveelde vervangingstyd, afstand, vir die belt nie.

As die nat belde so swak presteer het, sou elke liewe voertuig wat daarmee toegerus word presies dieselfde probleme ondervind, maar blykbaar is dit nie die geval nie..... " I rest my case your honour"

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 20/07/2025 - 18:05

...lekker rus djou honor.

Ek ontspan ok oor die nat belde, dit is 'n annerdag so bepeinsing vir my .

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 20/07/2025 - 18:08

Goedkoper olie, rek die dienstydperk so bietjie en let nie op na die aanbeveelde vervangingstyd, afstand, vir die belt nie.

Koop die voertuig tweedehands en jy sit met die veranderlikes hier bo waaroor jy geen beheer gehad het nie. 
 

As die "wet belt" dan al in 2019 in gebruik geneem is, waarom NOU skielik onlangs, word die groot hef gemaak???

Dalk omdat die enjins nou die kilometers bereik waarop die probleme agv die ontwerp begin kop uitsteek?

Dis sedert die 2l enjins in 2019 die 2.2 en 3.2 vervang het wat hulle die wet belt het. Die 2l enjins is so ontwerp.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 20/07/2025 - 19:19

Chris S, jy mag 'n grondige punt beet hê, betreffende die kilometers gebruik.

Tog, ek is gewoond daaraan dat selfs droë bande vir my VW-Jettas en huidige stokou Corolla eintlik op ongeveer elke  90 000km interval vervang  moet word. Ek dink dis wat vir Grompie ook voorgeskryf word. 

Ek is dus geneig om te dink as mens dit ook met die nat belt doen, behoort mens nie probleme te verwag nie. Dis nou as mens die eerste eienaar is.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 20/07/2025 - 21:25

droë bande vir my VW-Jettas en huidige stokou Corolla eintlik op ongeveer elke  90 000km interval vervang  moet word. Ek dink dis wat vir Grompie ook voorgeskryf word. 

Ek is dus geneig om te dink as mens dit ook met die nat belt doen, behoort mens nie probleme te verwag nie. Dis nou as mens die eerste eienaar is.

Die geneuk met die vervang van ‘n nat band is dat die hele voorkant van die enjin moet afkom. Dit beteken duur arbeid. So as jy dit vroeër wil vervang as voorgeskryf gaan jy hoes. En dit gaan vir seker nie in die diensplan ingesluit wees - as jy een het nie. 
 

Die wat kan bekostig moet maar nuut koop en elke vier jaar inruil. Ek sal maar die Prado en Ranger moet hou. Die Fiesta se nat band moet een van die dae vervang word. Terwyl die enjin onder verdenking is moet Pierre dit maar nou doen en klaarkry. En so tuimel die Mandela’s in ‘n put af…
 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/07/2025 - 12:41

Vir die ouens wat belangstel oor die "wet belt" debat, gaan soek gerus die artikel op internet;

All things motoring 

en dan --Long term issues with ford ranger 2.0l turbo diesel.

Dit wil voorkom of daar tog gevaarligte kan flikker. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 21/07/2025 - 14:56

Ek plaas die skakel na die artikel waarna Wessel verwys hier. Dis ‘n goeie verduideliking. 
 

Ek weet toe Pierre Nolte die eerste keer Salomien se Fiesta (wat ook ‘n wet belt het) gediens het, het hy genoem dat hy die duurder olie by Ford moes koop omdat die enjin net daardie olie moet gebruik. Nou weet ek hoekom. Klink egter of nie alle werktuigkundiges dit weet nie, en ek - soos baie ander mense - laat diens nie my voertuig by ‘n agent as dit uit waarborg is nie.
 

So kan jou Ford onwetend die verkeerde olie inkry of jy een tweedehands koop wat dit ingekry het - met katastrofiese gevolge. In ‘n klein dorp soos Worcester kan jy maklik 95% van die tyd sulke kort afstande ry dat die scenario waarna die artikel verwys wat lei tot olie besoedeling ook maklik gereeld gebeur. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 31/07/2025 - 20:28

Krap ek in ń boekrak waar ou padkaarte en reisboeke stof opgaar. Soek iets om in die Stoffer se mossienes te sit wat gaan diens doen die dag as die Gps sateliete se seine verdwyn, ń padkaart. 

Kry ñ netjiese SA padkaart, al die ou Provinsies met bekende plekname, Warmbad, Nylstroom, Pietersburg, Badplaas. Selfs Witbank is daar waar ek tande gesny het. Nou dwaal ek af. In 1995 is ń trip gedoen Richardsbaai toe vanaf Knysna met my v8 Range Rover met die kaart langs my. Op die kant van die kaart, wat nou Stoffer sin word, was die brandstof aanvullings geskryf saam die kilometer lesing.  Het vandag gaan uitwerk en die gemiddelde, solo net ek en my aktetassie, was tussen 5,3 en 6km /liter. Those were the days...

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 03/08/2025 - 19:21

Vir Wessel antwoord omtrent die Duster se verbruik. Dit was nou die eerste keer diesel volmaak, die agentskap her vir my gegee met ń vol tenk. 

Op Hermanus volgemaak, tenk was net onder half, en die matesis het op 15km/ liter uitgekom.  Voordat ek besluit dit is slegte verbruik, gaan ek so paar tenks uitry, eers die kar mooi leer verstaan. Daar is baie eienaars wat  1000km op die 50l tenk kry. Ek behoort dit ook te kan haal, want netjies ry is in die 70"s geleer met die erge brandstof beperkings.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 03/08/2025 - 19:28

....ok maar "hard to please".  Vir al daardie berge en dale is 15km/l baie goed.  net van George af na jou huis, is reeds lekker berg opdraendes. Dalkies was agentskap se vol nie propvol nie. Elkgeval, dit kan net verbeter

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 20/08/2025 - 11:30

Ek sien Ford herroep nou nog ‘n klomp karre. Hoe meer ek lees en leef hoe meer raak ek oortuig dat ouer tegnologie beter is as dit by voertuie kom. 

Ek het nou gekyk en nie een van my Ford's is op die "herroep"nie.  Jy kan jou VIN nommer insit en dan bevestiging kry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus