More mede kampers
Sommer 'n vraag aan die meer ervare tegniese slepers;
hoe gereeld gaan julle na of die sleepstang nog stewig geheg is aan julle voertuie se onderstel?
By bakkies is dit nogal redelik maklik om by die hegpunte te kom, maar met SNV [nee nie sex nudity en violence nie] sport-nuts-voertuie , is dit soms versteek.
Ek het in verlede gevind dat veral met nuwe voertuie, mens soms nodig het om die moere vaster te draai
Groete
Wessel
Dit laat my dink
aan die gedoente wat ek by Yzerfontein gesien het in Desember 2019. Dalk moes hy ‘n verwyderbare sleepstang gekry het.
Ten minste...
….ratel dit nie!!! Dis meer as wat party ander forumlede kan sê![]()
Chris B se hak
Middag Chris
Is jou sleephak se probleem nou 100% opgelos. Lekker sleep
Maak ‘n groot vuur
probleem nou 100% opgelos
Hy sou seker laat weet het as die sleepstang nog gelol het, maar dit klink of daar ‘n groot straatbraai gaan wees wanneer hulle by Tsendze is.
Gemene vrieskas
Middag Chris S en Chris B
Ek dink die beskikbaarheid van die gemeenskaplike vrieskas gaan die straatbraai idee, laat sneuwel.
Gemene of gemeenskaplike?
Eersgenoemde eet dalk self die vleis op
Geknakte sleep/koppelstuk
Ek sien die week 'n foto van 'n koppelstuk wat afwaarts geknak het. Dit is die komponent met die klou en indruk gedeelte wat die inlooprem aktiveer.
Dit was die koppelstuk van 'n Kavango, maar sekerlik kan dit met enige wa se koppelstuk gebeur.
Daar is 2 boute wat horisontaal deur die komponent is. By my hak is die agterste bout versteek met die konsertina rubber van die indruk gedeelte. Een van daardie boute, die voorste ene, amper onder die optrek hefboom het op 'n manier uitgekom. Die koppelstuk het toe geknak , en aan die agterste bout "gehang".
Wys mens net, dit is tog raadsaam om maar kritiese komponente periodiek na te gaan. Daar is meer om na te kyk as net die remme en wiellaers.
as
Koppelstuk boute
In aansluiting by my bostaande inset, die volgende;
My Kavango het nou so 6700km geloop na die vorige diens. Met die terug kom van ons Namakwa/KarooNP toer, kyk ek na die boute op die wa se koppelstuk. Wraggies die voorste ene, onder die opttrek hefboom is vinger voelbaar los. Ek het dit dadelik met my dun armpies veasgedraai, en sommer die ene bedek met die konsertina rubber ook nagegaan.
Die les hieruit----daardie boute kom vanself los, en moet gereeld nagegaan word.
Diens van Wiel Laers
Kyk ... ek het nooit my wiel laers vervang of skoongemaak op een van my woonwaens nie maar wel gesien op Bakkies Blad dat dit nogal dikwils gebeur dat iemand 'n wiel verloor en dan is die woonwa 6 maande terug gediens met nuwe laers etc, moenie krap waar dit nie jeuk was altyd my opinie
Ek sal wel die boute nagaan op die koppel stuk en dalk sommer vervang met nuwe boute net vir veiligheid, ek moet juis die veselglas cover afhaal vir klein herstelwerk op die a-raam nadat ek brieke gestel het want die handbriek het getrek tot teen die cover en nie die woonwa gestop nie. Kyk net hoe lyk die briekskoene, as alles mooi is maak toe en stel.
Locktite of Nylock moere
Is dit dan nie ń idee om ń nylock moer op te draai nie? Sou dit slegs ń bout is wat in ń getapte deel indraai, is locktite, dit is ń stroop wat jy op die draad smeer wat dit laat vasklou. Ek gebruik dit in enjins etc waar vibrasies is.
die bout...
was los toe ek nou gaan kyk. Trek dit uit, en vind dat bout morsaf gebreek het. Reg by die skroefdraad se begin, aan die moer se kant.
Ek is dankbaar dat ons ongedeerd die huis gehaal het.
Dankie vir die les
Ek is dankbaar dat ons ongedeerd die huis gehaal het.
Ons is ook. Sou die wa ontkoppel het sou julle waarskynlik nog veilig gewees het, maar dalk nou met ‘n Gecko op bestelling…
gewraakte bout...
....is vervang en die agterste ene uitgehaal, skoongemaak, ge-inspekteer en teruggesit. Ek het sommer 4 boute gekoop vir "spares".
Ewe tegnies windgat, in winkel staan en terme [geleen by vriende] rondgegooi, tot nyloc moere gekoop.![]()
Ek kan nou met gemoedsrus oor die koppie sleep, sodat Kavango gediens kan word. Die boute kan dan korrek vasgedraai word.
Goeie nuus Wessel. Jy moet…
Goeie nuus Wessel. Jy moet miskien waneer jy die diensafspraak maak vra of die werkswinkel ń Torque wrench het wat jou bout kan korrek vasdraai.
Wat is die bout specs wat jy nou gebruik. Vandag in die bout blik gekrap en gesien van die 88 wat gebreek het. Lyk nie op die oog af na ń sommer Pick/Pay bout nie, hulle het ń M op. Seker mild steel ??
Wringkrag sleutel
Nuuskierigheid het gemaak dat Torque wrench se Afrikaanse terme gaan soek is.
Wringkrag sleutel. Ai maar dit is ń mooi naam. En dit is twee woorde, of ek dink so. Die twee of een woord het Neef nie mooi opgelet in juffrou de Bruyn se klas nie. Haar kuite het my aandag afgetrek.![]()
Wringsleutel
Herman, volgens my tweetalige woordeboek, 1969 Bosman, Van der Merwe en Hiemstra is dit die korrekte vertaling. Google vertaling is 'n direkte woordelikse weergawe.
Dis nou sonder enige kuite se betrokkenheid.





Dit wat Willem hierbo skryf…
Dit wat Willem hierbo skryf het ek gereeld beleef toe my wa nog die 13"bande opgehad het. Ek moes noodwendig 'n "dropplate" gebruik. Ek gebruik ook 'n Tando wat nog laer as die "dropplate" se onderkant is. My sleephak het by die geringste hobbeltjie vasgehaak.
Noudat ek die 14" bande op die wa het, het ek nie meer 'n "dropplate" nodig nie, want my wa loop nou lekker gelyk agter die bakkie - en ek het geen probleme meer met vashaak van die sleepstang nie.