Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Rona Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -1 hour ago
Goeie nuus Rona Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -9 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago

Sleepstang

Brits
Submitted by wessels on
Forums

More mede kampers

Sommer 'n vraag aan die meer ervare tegniese slepers;

hoe gereeld gaan julle na of die sleepstang nog stewig geheg is aan julle voertuie se onderstel?

By bakkies is dit nogal redelik maklik om by die hegpunte te kom, maar met SNV [nee nie sex nudity en violence nie] sport-nuts-voertuie , is dit soms versteek.

Ek het in verlede gevind dat veral met nuwe voertuie, mens soms nodig het om die moere vaster te draai

Groete

Wessel 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 29/04/2021 - 11:34

Dit wat Willem hierbo skryf het ek gereeld beleef toe my wa nog die 13"bande opgehad het. Ek moes noodwendig 'n "dropplate" gebruik. Ek gebruik ook 'n Tando wat nog laer as die "dropplate" se onderkant is. My sleephak het by die geringste hobbeltjie vasgehaak.

Noudat ek die 14" bande op die wa het, het ek nie meer 'n "dropplate" nodig nie, want my wa loop nou lekker gelyk agter die bakkie - en ek het geen probleme meer met vashaak van die sleepstang nie.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 29/04/2021 - 12:25

aan die gedoente wat ek by Yzerfontein gesien het in Desember 2019. Dalk moes hy ‘n verwyderbare sleepstang gekry het.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 04/05/2021 - 15:47

probleem nou 100% opgelos

Hy sou seker laat weet het as die sleepstang nog gelol het, maar dit klink of daar ‘n groot straatbraai gaan wees wanneer hulle by Tsendze is.  

0

Middag Chris S en Chris B

Ek dink die beskikbaarheid van die gemeenskaplike vrieskas gaan die straatbraai idee, laat sneuwel.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 02/11/2024 - 09:08

Ek sien die week 'n foto van 'n koppelstuk wat afwaarts geknak het. Dit is die komponent met die klou en indruk gedeelte wat die inlooprem aktiveer.

Dit was die koppelstuk van 'n Kavango, maar sekerlik kan dit met enige wa se koppelstuk gebeur. 

Daar is 2 boute wat horisontaal deur die komponent is. By my hak is die agterste bout versteek met die konsertina rubber van die indruk gedeelte. Een van daardie boute, die voorste ene, amper onder die optrek hefboom het op 'n manier uitgekom. Die koppelstuk het toe geknak , en aan die agterste bout "gehang".

Wys mens net, dit is tog raadsaam om maar kritiese komponente periodiek na te gaan. Daar is meer om na te kyk as net die remme en wiellaers.  

  as  

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/09/2025 - 11:57

In aansluiting by my bostaande inset, die volgende;

My Kavango het nou so 6700km geloop na die vorige diens. Met die terug kom van ons Namakwa/KarooNP toer, kyk ek na die boute op die wa se koppelstuk. Wraggies die voorste ene, onder die opttrek hefboom is vinger voelbaar los. Ek het dit dadelik met my dun armpies veasgedraai, en sommer die ene bedek met die konsertina rubber ook nagegaan. 

Die les hieruit----daardie boute kom vanself los, en moet gereeld nagegaan word.     

0
Centurion

Pontius

Sun, 28/09/2025 - 13:34

Kyk ... ek het nooit my wiel laers vervang of skoongemaak op een van my woonwaens nie maar wel gesien op Bakkies Blad dat dit nogal dikwils gebeur dat iemand 'n wiel verloor en dan is die woonwa 6 maande terug gediens met nuwe laers etc, moenie krap waar dit nie jeuk was altyd my opinie

Ek sal wel die boute nagaan op die koppel stuk en dalk sommer vervang met nuwe boute net vir veiligheid, ek moet juis die veselglas cover afhaal vir klein herstelwerk op die a-raam nadat ek brieke gestel het want die handbriek het getrek tot teen die cover en nie die woonwa gestop nie. Kyk net hoe lyk die briekskoene, as alles mooi is maak toe en stel.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 28/09/2025 - 15:40

Is dit dan nie ń idee om ń nylock moer op te draai nie? Sou dit slegs ń bout is wat in ń getapte deel indraai,  is locktite, dit is ń stroop wat jy op die draad smeer wat dit laat vasklou. Ek gebruik dit in enjins etc waar vibrasies is.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/09/2025 - 15:59

...ek gaan môre kyk, maar ek is amper seker dit is tans nie 'n nylock moer nie. 

Dankie, dit gaan 'n moerse verbetering en gemoedsrus gee. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 28/09/2025 - 17:19

was los toe ek nou gaan kyk. Trek dit uit, en vind dat bout morsaf gebreek het. Reg by die skroefdraad se begin, aan die moer se kant. 

Ek is dankbaar dat ons ongedeerd die huis gehaal het.  

0
Worcester

Wildehont

Sun, 28/09/2025 - 18:37

Ek is dankbaar dat ons ongedeerd die huis gehaal het.  

Ons is ook. Sou die wa ontkoppel het sou julle waarskynlik nog veilig gewees het, maar dalk nou met ‘n Gecko op bestelling… 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/09/2025 - 16:16

....is vervang en die agterste ene uitgehaal, skoongemaak, ge-inspekteer en teruggesit. Ek het sommer 4 boute gekoop vir "spares". 

Ewe tegnies windgat, in winkel staan en terme [geleen by vriende] rondgegooi, tot nyloc moere gekoop.laugh

Ek kan nou met gemoedsrus oor die koppie sleep, sodat  Kavango gediens kan word. Die boute kan dan korrek vasgedraai word.   

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 29/09/2025 - 17:36

Goeie nuus Wessel. Jy moet miskien waneer jy die diensafspraak maak vra of die werkswinkel ń Torque wrench het wat jou bout kan korrek vasdraai. 

Wat is die bout specs wat jy nou gebruik. Vandag in die bout blik gekrap en gesien van die 88 wat gebreek het. Lyk nie op die oog af na ń sommer Pick/Pay bout nie, hulle het ń M op. Seker mild steel ??

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/09/2025 - 17:56

Ek het weer 'n high tensile 8.8 gekoop. Kon ongelukkig nie Zn plateerdes kry nie. Darem nie duur nie, R40 vir die 4 , tesame met 4 nyluc moere.

Jy lees my soos 'n oopboek betreffende die "wrench".  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 29/09/2025 - 18:55

Nuuskierigheid het gemaak dat Torque wrench se Afrikaanse terme gaan soek is.

Wringkrag sleutel. Ai maar dit is ń mooi naam. En dit is twee woorde, of ek dink so. Die twee of een woord het Neef nie mooi opgelet in juffrou de Bruyn se klas nie. Haar kuite het my aandag afgetrek.devil

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/09/2025 - 19:47

Herman, volgens my tweetalige woordeboek, 1969 Bosman, Van der Merwe en Hiemstra is dit die korrekte vertaling. Google vertaling is 'n direkte woordelikse weergawe.

Dis nou sonder enige kuite se betrokkenheid.laugh    

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus