More mede kampers
Sommer 'n vraag aan die meer ervare tegniese slepers;
hoe gereeld gaan julle na of die sleepstang nog stewig geheg is aan julle voertuie se onderstel?
By bakkies is dit nogal redelik maklik om by die hegpunte te kom, maar met SNV [nee nie sex nudity en violence nie] sport-nuts-voertuie , is dit soms versteek.
Ek het in verlede gevind dat veral met nuwe voertuie, mens soms nodig het om die moere vaster te draai
Groete
Wessel
Middag Chris en ander, ek…
Middag Chris en ander, ek verwyder ook my jockey wiel, omdat dit baie breë en groter is as die normale wieletjie. My vorige trippel wieletjie het so beskadig van die movers dat ek besluit het om 'n ordentlike ding te soek en eindlik een in Johannesburg op gespoor het.
Wat die wring krag van die wiel moere betref, ek torque myne op 100nm op aan beveling van Tiger Wiel & Tyre.
Nuwe soliede tipe
Middag vriende
Ek was vanoggend gou met 'n soekpatrollie Toyota toe. Ek kon hulle nuwe soliede sleepstang van nader beskou, gemonteer aan 'n Hilux. Ek het terstond besluit dat dit goed genoeg is vir my Kavango. Lekker stewig, en niks wat kan ratel nie.
Len: Lyk of mens darem 'n nuwe plastiekdop saam kry. Of dalk is dit andersom![]()
Ek neem my bakkie vir sy 10…
Ek neem my bakkie vir sy 10 000 km diens in Warmbad. Ek sal intussen met Hermanus Toyota skakel en hulle versoek om ook die Toyota-agent in Warmbad kontak te maak i.v.m. die ellendige trekstang wat op my bakkie opgesit is. Toe ek in Villiersdorp by die koöp stilhou om my donkiemedisyne te koop, was die verwyderbare gedeelte reeds weer los. Gisteroggend het ek die stelmoer weer behoorlik vasgedraai met behulp van 'n waterpomptang. As dit die tendens gaan wees met ons reis noorde toe, moet dit onverwyld in Warmbad reggestel word - hetsy om dit ordentlik vas te maak of andersins te vervang.
Wasgoedpennetjie???
Middag Chris B
Volgens Intertoy, die handelaar op Brits is die soliede stang nog effe goedkoper as die verwyderbares.
Jy het 2 opsies;
a] slaan hout wasgoedpennetjies tussen die male/female in
b] laat hulle boute insit soos op my fotos
Len: die tang was nog net ingespan op 'n subkomponent van 'n Hilux. Die sleepstange word vervaardig deur Bosal etc, en omtrent alle fabrikate word daarmee toegerus. Verkneukel jou maar in 'n ander se bemoerakheid gehoor![]()
Ek is opsoek na 'n "pin and…
Ek is opsoek na 'n "pin and ball" hitch wat so 3 tot 4 ton kan hanteer?
3 tot 4 ton
More Anton
Het jy 'n nuwe trokkie aangeskaf????? Jy weet mos die regulasies omtrent massas en waartoe jou voertuig instaat is![]()
2 ton, maar 'n mens wil mos…
2 ton, maar 'n mens wil mos so' n bietjie "over spec"?
Chris B---sleepstang
Middag Chris B
Hek jy reggekom vandag by Toyota met jou sleepstang? Wel, ek hoop so
Waarom ‘n verwyderbare sleepstang?
Mnr Boucher is nie die eerste wat kla oor die geraas nie. Waarom sou Toyota volhou met die installasie van die verwyderbare sleepstang? Ek moet sê, ek voel meer gerus om met ‘n soliede eenheid te sleep.
Verwyderbare...
Middag Chris S
Dit is egter 'n Bosal produk wat goedgekeur is vir gebruik op Toyotas ook.
Blykbaar is dit 'n voordeel om die ding af te haal as jy werklik erge "off Road" hindernisse ry. Ek sal nie weet presies waarom nie.
As mens nuut koop, hetsy jou bakkie of 'n sleepstang, het jy 'n keuse. Ek gaan beslis 'n soliede sleepstang laat opsit. Behalwe dat mens klaarblyklik minder moeite het, is dit ook goedkoper.
Ek glo egter nie dat daar enige risiko verbonde is aan die verwyderbare eenhede nie
Speel veroorsaak speling
voordeel om die ding af te haal as jy werklik erge "off Road" hindernisse ry
Dit is natuurlik waar want dit verbeter die hoek waarteen jy teen iets kan uitry. Maar waarom dit dan op ‘n bakkie sit wat nie ‘n viertrek is nie? Dit blyk egter uit jou inset dat die koper self kan kies watter tipe sleepstang hy/sy verkies. Dalk is daar mense wat nie so gereeld sleep nie, en bang is hulle stamp hulle maermerries daarteen as dit permanent gemonteer is?
Dit wil blyk of die ouens…
Dit wil blyk of die ouens hier by Waterberg Toyota 'n behoorlike "job" gedoen het. Ek dink die probleem is opgelos. Len sal dus nie met oop ruite hoef te ry om te hoor of die Boucher's aankom nie.
Ek het geen behoefte om die sleepstang te verwyder nie - en dit lyk asof ek dit in elk geval nie weer sal kan doen nie. Die sleepstang sal Vrydag tot Phalaborwa beproef word.
Hi Chris, bly om te hoor dat…
Hi Chris, bly om te hoor dat die sleep stang nou weer vas is, weet jy wat hulle toe gedoen het.
Lapskag ....
.... ek kon net sien dat die dwarspen nou vanaf die anderkant ingesteek is en weerskante daarvan met 'n dun kabel verbind is - nie meer 'n "circlip" deur die pen nie. En dan, wat ek nie kan sien nie, is daar blykbaar "shims" geïnstalleer. Ek moet sê dit voel vir my baie vas. Ek vertrou maar die probleem is opgelos.
Sleepstang ...
Ek vermoet hoekom hulle die ferwyderbare een gebruik is omdat die meeste 'n "drop plate" moet gebruik as jy sleep en daai ding hak orals vas as jy nie sleep nie ?
Chris, hoop hy gaan nou vas bly.
Bakkies en padwaens
Môre Willem
Dis nou 'n interessante opmerking. hoeveel persone wat padwaens sleep met bakkies, gebruik 'n sakplaat?
Ek het nie ene nodig nie, my Kavango en bakkie se wiele is presies dieselfde.
Hak oral vas----seker slegs net op rowwe terrain. ??
Hak oral vas ...
Sien dit gereeld as ek kamp as die ou sy bakkie skuif, geringste hobbel en hy ploek 'n sloot met daai sakplaat.





Neuswiel verwyder
Wessel
My Fordjie was mos bietjie slapgat tot ek die helpervere laat insit het. Heel moontlik sal die neuswiel onder normale pad sleeptoestande nie haak nie, maar ons besoek nogal plekke wat nie heeltemal so normaal is nie, so ek volg maar die vervaardiger se aanwysings en vermy kopseer. ‘n Boef gaan ook sukkel om my wa af te haak of my te saboteer sonder ‘n neuswiel.
Ek het ‘n foto gaan soek van die plakker langs my wa se deur en sien nou dat die voorgestelde banddruk daarop verskil van die op die plakkers bo die wiele (hulle lees 2.2 en dui die wringkrag aan waarteen wielmoere vasgedraai moet word).