Goeie môre Kampforum-maters !
Dis seker tyd dat ek 'n bietjie van my laat hoor en daarom hierdie geselsie. Ek weet dit is ou nuus dat ek en Annatjie noodgedwonge ons lewensstyl moet aanpas na 'n karavaan-kamp leeftyd van 56 jaar. Dit was 'n moeilike besluit om te neem, maar in aggenome Annatjie se gesondheidtoestand was dit eintlik 'n besluit wat vir ons geneem is en ons gaan daarby aanpas. Annatjie is nou weer in haar 9de week in die hospitaal en sedert Kersfees 2024 was sy in totaal 190 dae gehospitaliseer. Sy is uiters swak en kan nie eers self op haar hospitaalbed draai of beweeg nie. Haar verstand is uiters skerp en sy praat darem weer normaal, maar soms tree 'n bietjie verwarring in. Die infeksie en pyn in haar liggaam word veroorsaak deur 'n abses in haar rugmurg wat nie verwyder kan word nie omdat sy nie 'n operasie sal kan deurstaan nie.
As haar infeksievlak teen môre (Maandag) nie gestyg het nie, sal sy moontlik Dinsdag ontslaan word om per ambulans na die versorgingseenheid ("frail care") by die aftree-oord in Durbanville waar ons 'n huis gekoop het, oorgeplaas te word. Ek het reeds vir haar 'n enkelkamer in dié eenheid gereserveer. Ons huidige huis word verkoop en ons trek formeel na die nuwe huis in die aftree-oord 'n bietjie later. Ek reël tans met die ambulans-mense om Annatjie eers op hul trollie-bed deur ons nuwe huis te stoot sodat sy kan sien wat ek gekoop het en daarna sal hulle haar op die trollie-bed na haar eie kamer in die versorgingdsoord, net oorkant die nuwe huis, stoot en daar besorg.
Gegewe die voormelde verwikkelinge, het die tyd ook aangbreek dat ek die punt van my hart vir die afgelope 20 jaar moet afskeur, en ons Jurgens Exclusive karavaan moet verkoop. Slegs twee potensiële kopers het kom kyk waarvan die eerste se finansiering eers einde November beskikbaar sou wees terwyl die tweede "kom-kykers" onmiddellik die wa gekoop het deur 'n 50% deposito neer te sit en die ander 50% word teen Vrydag betaal. My troos is dit is dierbare, ook bejaarde kampeerders wat die wa gekoop het en van hul "motorhome" ontslae geraak het - hulle wil minder toer en meer kampeer en soek ook die eie badkamer.
Omdat ons in die aftree-oord net een motorhuis het, het ek ook ons Merc (die ander punt van my hart) verkoop en behou net die Pathfinder.
Nouja, dis my storie tot dusver.
Jammer om te hoor
Jammer om te hoor oom Len...mag jy vertroosting by Hom vind
Baie jammer om van die groot…
Baie jammer om van die groot verlies te hoor. Baie sterkte daar vir jou, Len en jou familie.
Len
Goeiemôre Len,
Dit is 'n baie hartseer oggend vir ons om te hoor van Annatjie.
Ons gesels al vandat ek vir die eerste keer op die kampforums begin rondkarring het.
Ons kan net sterkte vir jou toebid en mag die Liewe Vader vir jou en julle kinders en kleinkinders dra in hierdie tyd.
Rus sag Tannie
Oom Len, dit moet die grootste seer wees om ‘n lewensmaat van soveel jaar so onverwags te verloor. Ek is dankbaar dat Oom se kinders naby is in die moeilike tyd. Baie sterkte.
Sterkte
Oom Len
Baie sterkte vir jou en die gesin. Al wat ek vir oom kan se is dit wat almal vir my gese het na my vrou sr beroerte ne haar latere afsterwe. Die tannie is nou op 'n baie beter plek, waar daar geen seer of pyn is nie. Oom is in my gedagtes en my gebede.
Mag die Here sy hand oor julle hou in die tyd.
Jaques
Sterkte Len
Ons innige simpatie Len en bid jou vertroosting toe.
Sterkte Len
My simpatie vir julle en mag God sy Hand oor julle hou en julle dra.
Shaun en Berdien sê ook dat…
Shaun en Berdien sê ook dat julle in hulle gebede is en betuig hulle simpatie. (Hy sukkel tans om op die forum aan te teken)
Goeie middag..................
............al my Kampmaters !
Twee weke is vandag verby na Annatjie se afsterwe en dit het haas tyd geword dat ek van my laat hoor. Eerstens, baie dankie aan elkeen van julle se meelewing met my groot verlies. Ek het elkeen se boodsappie weer vandag met sorg gelees en is baie dankbaar dat julle in hierdie tyd aan my en (voor haar afsterwe, ook aan Annatjie)p gedink het. Elke boodskap het trefkrag by my gevind.
Ons planne om na 'n aftree-oord te trek het toe skipbreuk gelei, miskien ook maar ten goede. Ons huis was nog nie verkoop nie en die verkopers van die aftree-huis het op die vevaldag van ons aanbod gweier om dit te verleng selfs nadat ek aangebied het om okkupasiehuur in die verlengde aanbod periode te betaal sonder dat ons sou intrek. Die bewering was dat hulle nie kans sien om voort te gaan nie omdat daar nou 'n boedel ter sprake kom ! Aan die ander kant het ons natuurlik nie meer dringend 'n "frail care" fasiliteit vir Annatjie nodig nie en ek het toe besluit vir die huidige bly ek in ons huis en het dit uit die mark onttrek. Ek sal maar mettertyd weer aan alternatiewe verblyf aandag gee as ek dit nodig ag.
Nouja, dis my storie. Intussen het ek heelwat tyd op hande om te lees wat julle almal aanvang.
Len...
...welkom terug by die forum. Die klomp ouens het die insette en saamgesels van 'n ervare kampeerder nodig.
Jy moet sommer daai Bos-lappie van die kinders leen, ek is seker dat jou Padvinder dit gesleep sal kry. Ten minste sal jy sorg dat die wiele rond bly. Hopenlik is dit 'n tipe sodat jy kan stop en bed is reg, net vir slaap, sonder om goete oop en uit te slaan.
Hou jou in ons gedagtes Len,…
Hou jou in ons gedagtes Len, sterkte. Sekerlik nie maklik om so 'n verlies te verwerk nie.
Goeie naand maters.................
..............(en goeie môre aan die maters wat eers Maandagoggende hier lees).
Ek kan ongelukkig niks nuuts oor kampsake gesels nie, maar Rona het my daarop gewys dat dit hoog tyd is dat ek weer hier van my laat hoor. Om weg te trek, dit gaan baie goed met my, ek is rustig, ontspanne en gelukkig. Dit mag snaaks klink om dit te hoor van iemand wat 'n maand gelede sy geliefde van 56 jaar aan die dood afgestaan het, maar ek is veral bly en dankbaar dat Annatjie van 'n geweldige, lang en uitgerekte lyding verlos is. Nie net is sy van haar fisiese pyn verlos nie, maar veral omdat sy deurgaans vlymskerp was en van alles om haar en van ons beplande huis-verkopery en trek bewus was en nie deel daarvan kon wees nie. Haar enigste uitsig was die plafon van haar hospitaalkamer.
Ek dink julle sal dus kan verstaan hoekom ek tans rustig,bly en gelukkig is.
Ek is tans besig om hier hier binne en buite-om die huis opknappinswerk te doen en te laat doen, omdat dinge maar die afgelope twee jaar agterweë gebly het. Ek geniet dit nogal om te sien hoe dinge weer een na die ander agtermekaar kom. Met ons aanvanklike plan om aftree-oord toe te trek, het my kinders my gehelp om van alle onnodige en surplus goed ontslae te raak. Toe die besluit geneem is ek trek nêrens heen nie en bly net hier in die huis, het my kinders gehelp om elke vertrek in die huis en veral die kombuis en motorhuis ook, op te ruim en meer minimalisties te maak. Meubels is geherorganiseer en vir my voel dit nou soos 'n nuwe en meer ruimer huis.
Ek kry net welwillendheid van oral af. Ek is so dankbaar vir my drie kinders en hul gesinne wat hier in 'n radius van 5km van ons bly vir al hulle hulp en bystand - ook ons bure wat gereëld vir my 'n bord kos bring en andere hier in ons kompleks, wat ek nog nie eers ontmoet het nie, stop en kom loer in of alles met my goed gaan.
Ek het so baie om voor dankbaar te wees en hoop nie my ou geselsie het julle te veel verveel nie.
Raak nou asseblief aan die kamp sodat ek lekker kan lees en saamkamp.
Len...
...môre ou maat. Goed om van jou te hoor.
Etlike jare gelede was ek ook gedwing deur omstandighede om van huis te verander, wat ook 'n moerse opruim aksie tot gevolg gehad het. Dis verstommend hoeveel goed [onnodig] vind lêplek en staanplek in vertrekke en garage. Ek het maar bakkie vragte sommer net vuilgoedgate toe gery.
Dis goed om te verneem dat jou huis nou ruimer is, die waenhuise amper leeg, dis seker nou beskikbaar vir kuiergaste uit die vêrre noorde wat met 'n woonwa rond kerjakker in die Wes Kaap??![]()
![]()
More Len,
Dit is goed om van jou te lees hier, veral die positiewe houding wat almal van jou leer ken het!
Jy is mos welkom om saam te gesêls, advies te gee em sommer in die algemeen net saam te kuier.
Ek weet ek is ook maar baie stil deesdae, maar ons ver kinders kom land hier op 16 Desember en vertrek weer 11 Januarie. Die opgewondenheid oorheers ons denke.





Bsie sterkte in hierdie…
Bsie sterkte in hierdie moeilike tyd.