Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -3 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -4 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -5 hours ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -6 hours ago

November saampraat

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Jan Meyer skop die maand af met sy verjaarsdag (wat toe 'n fout is). Vele meer word jou toegewens Jan (wat ek sal herhaal op 19 Nov). Mag jy vinnig volkome herstel na jou operasie.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 17/11/2025 - 19:19

Daardie oggend toe die leeus by Grootkolk se suiping kom besoek aflê het, het ons die pad noord geneem na Unie-end - ons vierde besoek aan hierdie mees-noordelike punt in die park waar Suid-Afrika, Botswana en Namibië mekaar ontmoet.

Kgalagadi

Kgalagadi

Daarvandaan het ons teruggekeer tot by die mees-noordelike piekniekplek in die park - ook bekend as Unie-end piekniekplek. Hier sien ons 'n spierwit (wat lyk soos 'n) valk. My voëlboek kon niks oplewer om dié voël te eien nie. Maar so vlieg die wit valk later weg. Ons was besig om ons padkos te eet toe 'n Land Rover Defender ook daar stilhou. Die twee manne wat uitklim kom dadelik nader en stel hulself bekend - die bestuurder van die LR (sou ek later uitvind) is 'n pediater van Durbanville - wie se naam ek vergeet het. En sy passasier is die bekende natuurfotograaf - Hannes Lochner. Hulle vra toe of ons nie dalk die wit bleeksingvalk in die omgewing gesien het nie, want Hannes wil graag 'n foto daarvan neem vir sy volgende koffietafelboek wat handel oor die Kgalagadi. Of hy uiteindelik daarin geslaag het om die besonderse voël af te neem,  weet ek nie. Ek het maar eers later besef dat ons inderwaarheid 'n unieke "sighting" gehad het. Bleeksingvalke is algemeen in Kgalagadi, maar 'n spierwitte is uiters raar. Ongelukkig kon my ou selfoonkameratjie nie ons geluk afneem nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/11/2025 - 19:47

....gewees as ek so na die fotos kyk. 

As Kgalagadi so droog is, sien mens seker makliker en meer[?] diere. dis nou by watersuipings.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/11/2025 - 10:03

Sommer vir die wat ook wonder, die breedte van 'n pad se ryvlak kan wissel;

die minimum is 2.5m

2 rigting enkelbaan pad so min as 5.5m [totaal]

Dit kan natuurlik wyer wees, 3m of verkieslik 3.7m 

Dit plaas 'n ander "nou" perspektief op die breedte van 'n woonwa. Skielik is daar min beweegruimte vir 'n 2.4m wa, as die baan slegs 2.5m wyd is. Veral as daar van hierdie normale groot N1 trokke van voor kom.   

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 18/11/2025 - 14:10

Ons 2 nagte in Kalahari Tented Camp was fantasties. Die uitsig vanaf ons tenthuis oor die droë Auobrivier met die wildsuiping reg voor die kamp, is iets besonders. Reg deur die dag kom en gaan wild. Jy kan amper net op jou stoep sit en kyk as jy 'n verkyker het. (Wie gaan dan in elk geval sonder 'n verkyker Kgalagadi of wildtuin toe).

Kgalagadi

Die tente is lekker ingerig. Jou slaap-"kamer" met privaat badkamergeriewe is apart van jou kombuisgeriewe.

Kgalagadi

Kgalagadi

Kgalagadi

Voor die kombuistent is jou braaiplek. 'n Lae "sandsak"-muurtjie is die enigste skeiding tussen jou en die ongediertes aan die anderkant. Daar is oral waarskuwings (selfs op jou besprekingsbewys) dat hiënas soms 'n probleem in dié kamp is wat nie omhein is nie.

Agter die dik paal (in die voorgrond) is die skottelbraai net-net sigbaar. Langs die braai staan 'n groot houtstomp - seker 'n kapblok vir hout.

Kgalagadi

Ek kan nie onthou of dit die eerste of die tweede aand was nie. Met die gedagtes aan moontlike hiënas net anderkant die muurtjie, braai jy maar met so ietswat van 'n "jittery" gevoel. Die volgende oomblik sien ek net 'n skielike beweging in die hoek van my oog. Ek skrik my boeglam - maar die volgende oomblik sien ek die muskeljaatkat wat vir my op die kapblok sit en kyk.

Daarvandaan is ons na Urikaruus vir 'n enkele aand. Dit is 'n unieke kampopset wat geheel-en-al op stelte gebou is. Maar ek het dit die "Creaking Camp" gedoop. Elke tree wat jy gegee het, hetsy binne die slaapgedeelte of die kombuisgedeelte, op op die trappe en "boardwalks" het gekraak. Jy kon selfs hoor as jou bure beweeg.

Ons is meegedeel dat daar meeste aande 'n luiperd by die watergat voor die kamp kom drink. Die wind het egter redelik sterk begin waai daardie aand en dit was onplesierig om buite te sit met die hoop om die luiperd te sien. Ons het ook besluit om nie te braai nie a.g.v. die wind. Ons het toe in die kombuis/leefvertrek-area gesit en kaart speel nadat ons iets op die gasstoof aanmekaar getimmer het aandete. Ons het 'n tentdeur, wat na die balkon lei, op 'n skreef oopgehou ten einde kort-kort te gaan loer of die kollekat nie dalk opgedaag het nie.

Ralie het met haar rug na die opening gesit en ek het dit in my oog gehad. Die volgende oomblik sien ek 'n beweging by die tentflap en die volgende oomblik kom 'n muskeljaatkat ingesluip. Ek beduie toe vir Ralie om stadig oor haar skouer te loer. Wie die grootste geskrik het - die muskeljaatkat of my vrou - weet ek nou nog nie. Ralie het net 'n gilletjie gegee en weg is die besoeker. En ons het ook nie die luiperd gesien nie.

Urikaruus is 'n besonderse kamp, maar van die wilderniskampe wat ons besoek het sal dit die laaste een op my wenslys wees om weer te besoek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 18/11/2025 - 14:23

... hoe gaan dit met die mierprobleem op jou grasperk? Toe ek jou laaste inset op die forum lees, besef ek skielik dat ek chlorpyrifos beloof het. Ek het dit dadelik in die Hilux gaan sit om saam te neem. Ek moet jou net skakel wanneer ek volgende week by Ebb & Flow is om 'n koffie-afspraak te reêl. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/11/2025 - 16:53

....hê om so sonder omheining te kamp/bly.  Die tenthuisvesting lyk verskriklik netjies en luuks. 

Ek is oortuig dat die Strydoms se gene nie daarvoor ge-orden is nie. Hoe ontspan 'n mens,  as mens heeltyd op die uitkyk vir kieterkatte en ander derglike vleispape moet wees.

Van my huisvriende en oud studente maats, is net so versot op "wild camping" en het ook sulke lekker ervarings om te deel. Hoewel hulle Kruger geniet, verkies hulle geen heining omgewings. Gereeld gryp hulle die getroue kortgat Defender met daktent, maar deesdae ook opgegradeer na 'n boswa agter die Defender.   

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 18/11/2025 - 17:54

"hoe gaan dit met die mierprobleem"

Sukkel nog met die miere. Elke dag sien jy grondhopies langs die grasperk. Ook begin om in die huis plek plek in te kom. Beheer dit nog maar is maar 'n gesukkel. 

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 18/11/2025 - 19:42

Soos reeds genoem het die wind sterk opgekom tydens ons enkele nag in Urikaruus. Tot voor dit het ons die mees uitstekende weer in die park geniet.

Ons is in uiterste winderige omstandighede uit Urikaruus vir ons laaste twee aande in Kieliekrankie. Daar was die hoop weer groot om die bruin hiëna te sien wat klaarblyklik omtrent elke aand by die suiping voor die kamp drink. Maar helaas - tot vandag toe het ek nog nooit 'n bruin hiëna gesien nie.

Aangekom by Kieliekrankie, het ek besef dat my brandstof 'n bietjie min is as ons die volgende dag 'n bietjie wil rondry en die dag daarna nog Twee Rivieren met gemak wil haal. Nadat ons afgepak het, besluit ek toe om sommer nog dieselfde middag diesel te gaan opvul in Twee Rivieren. Die kampopsigter vra toe of ons nie vir hom 'n pakkie in Twee Rivieren kan afhaal nie - wat ons toe maar alte gewillig is om te doen.

Met ons terugkeer na Kieliekrankie gaan ek toe na sy blyplek om sy pakkie vir hom te gaan gee. Maar ek kry geen reaksie toe ek klop nie. Ek gaan toe in om die pakkie binne se eenheid neer te sit - en vind die man vas aan die slaap op sy bed, vroegmiddag. Ek maak hom toe met 'n groot gesukkel wakker - en sien dat hierdie ou baie beskonke is. Ek laat dit toe maar daar en keer na ons eenheid terug.

Op daardie stadium was ek nog redelik op polisiekoffie. Toe ek vir my 'n dop wil gooi is my brandewynbottel, wat baie naby aan vol was, bykans leeg. Ek het twee en twee bymekaar gesit en besef wat die rede vir die opsigter se beskonkenheid is. Maar dit was nie die einde van die verrassing nie. Ralie het graag Amarula gedrink, maar haar bykanse vol bottel was ook bykans leeg.

Die versoeking was groot om die vent die volgende dag te konfronteer - maar op die ou end het ek dit maar daar gelaat. Ek het egter die res van my drankvoorraad terug in die bakkie gepak voordat ons die volgende dag gaan ry het, om hom nie sodoende weer in die versoeking te lei nie.

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 18/11/2025 - 19:43

Dankie vir fotos.  Ek sien uit na n Kgalagadi-ervaring.

Maar my lus is nog nie geblus vir Kruger.  Ons het al begin praat om die binnelandse se toerkie te los 2027 en dit na kruger to te gaan eerder.

Wessel, dalk kamp ons mekaar dan weer raak.

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 18/11/2025 - 20:00

Goeie naand almal.

Ons begin sterdag weer alles reg kry vir die maand in Onrus.  OOOO pappie, nou raak ek weer opgewonde.

Saterdag is weer alles uitpak, seker maak alles is reg, ens ens.  My naweek kamp gadgets word weg gepak vir die lang staan.  

Sal julle op hoogte hou.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 18/11/2025 - 22:26

Gister kry ek ‘n helse pyn regs van my naeltjie en dit wil die hele dag nie die wyk neem nie. Vanoggend was dit beter, maar nie weg nie en het gesak na waar my blindederm moet wees. Gaan toe vanmiddag dokter toe en hy sê ek kan maar reguit Mediclinic toe. My blindederm is toe verwyder so 19:00 deur laporoskopiese prosedure. Sover ek kan sien is daar drie gaatjiies in my buik, een by my naeltjie. Lg is bietjie seer maar die pyn medikasie skop nou in en ek gaan probeer slaap.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 18/11/2025 - 23:53

Ai...wys mens, ons weet nie wat die dag vir ons inhou nie. Sterkte Wildehont 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 19/11/2025 - 01:30

Ek het nou ‘n paar ure geslaap en voel baie beter. Ek het vrek baie werk wat nou net verder agter raak, maar ek is baie dankbaar dat ek medies het. Ook dat dit gebeur het terwyl ek tuis was, nie in Namaqua NP, die Kruger wildtuin of selfs by Dwarswegstrand nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/11/2025 - 05:08

Môre Chris S, jy is baie gelukkig. As daai dermpie gebars het, het jy meer probleme gehad, en moontlik langer in hospitaal.

Lank gelede het artse nog gesny om dit te verwyder. Dan was elke beweging om op te staan baie seer, en plat lê vir week of langer jou voorland. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 19/11/2025 - 06:15

Dalk die pynmedikasie wat hulle nou-nou weer kom spuit het voor hulle nog antibiotika in die drip gesit het. Die dokter moet my nog kom sien maar ek hoop om voor middagete ontslaan te word. 

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 19/11/2025 - 07:05

Sterkte mater.

Sjoe, dit kon erger gewees het.

Ons vertrou vir n vinnige herstel.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus