Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Daarshy! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Voortrekker -16 minutes ago
bollie vraag gewees Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
Len, Len gaan weer Kruger Wildtuin… Johann L -1 hour ago
Antwoord op Wessel se vraag Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago
Dit is ... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Chris Boucher -2 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -11 hours ago

November saampraat

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Jan Meyer skop die maand af met sy verjaarsdag (wat toe 'n fout is). Vele meer word jou toegewens Jan (wat ek sal herhaal op 19 Nov). Mag jy vinnig volkome herstel na jou operasie.

Kaap

Goeie Hout

Tue, 25/11/2025 - 17:10

Mense mense, ek eis as ek moet dink my jongste kleinkind is nou amper 6 maande en ek wil nie die fooie sien nie.  Ek kry die ouers jammer.

Ek kan nie glo R15 000 fooie nie.  Jislaaik dis rof.

Op n ander nood van kamp in skool tye begin nou vir my sin maak.  Chris B, my swaer wat jy ontmoet het in Kruger kamp November en Feb vir n maand in onrus.  Die kamp is vol en dit kos maar R3000 vir n maand.  

Dit sal my laaste kamp oor Desember in Onrus wees.  Ek gaan eers vir n paar keer by my dogter in Strandfontein kamp oor Desember.  Dan is ek reg vir die kampe in skool tyd.

 

Mooi week verder.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 25/11/2025 - 17:58

Gepraat van kinders en kostes. Ons oudste kleindogter het vandag gr 12 klaar geskryf. Volgende jaar by Kovsies ingeskryf. Gelukkig bly die ander oupa daar, en sy deel ñ woonstel op hulle werf met ñ ander meisie student. So die is gecover. Maar wat die klasgelde, boeke, sakgeld, etc,etc deesdae gaan wees, laat my gril.

Op ñ stadium was altwee ons dogters by Kovsies vir ń periode van 4 jaar gelyktydig. Ai my vader.... dit was bitter rof. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/11/2025 - 19:54

....wat gaan sy studeer??? Hopenlik iets wat 'n goeie ROI inhou. 

ROI= return on investment vir ons wat nie rekenkundig en finansiële bestuur elke dag besig nie. 

My kinders het reguit gesê, hulle gaan nie wetenskappe studeer nie, hulle wil nie so arm as hulle pa uitdraai nielaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 25/11/2025 - 21:14

Wessel is korrek. Die pragtige berge wat Worcester omring sny ons af van die oseaan se matigende uitwerking op klimaat. Hier beleef ons uiterstes. Vandag was dit 41° sonder ‘n bries maar ek kla nie. Ons hitte is 95% van die tyd droeë hitte.
 

Dit is ‘n bietjie vroeg in die somer om so warm te wees maar hopelik kan ek Maandag weer swem nadat die sjirurg die steke en krammetjies uitgehaal het. Ons swembadwater is wel tans 30°, maar dit voel koel as dit so warm is buite. 

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 26/11/2025 - 07:35

Ek ken jou pyyyyynnn.  Ek het vir 34 jaar ook 2 op Stellenbosch gehad.

Dit was rof, maar ons is daar deur.  totdat die 2 mos besluit het om in dieselfde jaar te trou.  Weereens deur genade daar deur.

 

Ek en ma het gemoan oor die wond.  Toe wys spikes ons n ding gister.

Sterkte vir die manne wat daar warm kry.  My dogter op Van Rhynsdorp het gedraai laag in 40's.

Mooi dag.

Sterkte Chris S met stapels.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/11/2025 - 08:00

hoe bedoel jy nou----34 jaar, 2 kinders op Stellenbosch!!!!

Dit moes verskriklike kursusse gewees het, of jou kinders hakkel.  laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 26/11/2025 - 09:19

 Nou lekker vir Wessel se streke gelag. Ek dink wat Goeie Hout bedoel is wat baie waar is. Die eerste dertig jaar van kinders grootmaak is die ergste. Sodra hulle klaar geleer het, bly hulle ongelukkig vir nog ń tyd lank in jou sak. Dit is woonstelle en beter rygoed en nog sakgeld ook om die karige begin salarisse aan te vul. My geval was dit so, dalk nie by almal nie.

Kleindogter gaan B Com law studeer Wessel. Maatskappy wet etc.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 26/11/2025 - 09:34

Sodra hulle klaar geleer het, bly hulle ongelukkig vir nog ń tyd lank in jou sak. Dit is woonstelle en beter rygoed en nog sakgeld ook om die karige begin salarisse aan te vul

As dit by ons die geval is sal ek maar die huis moet verkoop en in die Kavango gaan bly. My ouers het ons egter nie so gehelp nie. Ek moes my ma se Mazda323 by my pa koop op skuld (met rente) toe ek begin werk het. Ek moes ook huur betaal aan my ouers toe ek klaar geswot het. My eerste blyplek uit die huis uit was ‘n “tuinwoonstel” (eintlik ‘n enkelmotorhuis wat omskep is) in iemand se erf in Triomf. Ek het self die huur betaal, en die laaste week van die maand spaghetti met pakkies pastasous (die poeier soort wat met water aangemaak word) geëet. My ma het darem die eerste ruk my klere gewas naweke en ek het daar geëet ook naweke. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 26/11/2025 - 10:24

... darem goedkoper uitgewerk as julle ander ouens s'n. My dogter was vir 3 jaar by destydse Kaapse Technikon Hotelskool (Voedseldiensbestuur) en my seun het net eenvoudig voet by stuk gehou dat sy matrieksettifikaat genoeg is vir wat hy beplan. Hy het op skool al besluit dat hy nie vir 'n baas sal gaan werk nie - hy wil sy eie baas wees.

Nadat hy my huis tydens 'n skoolvakansie vinger-alleen geverf het, het hy besluit dat dit die rigting sal wees waarin hy sy eie baas sal wees. Hy's gevolglik van net na sy skooldae 'n entepreneur met slegs 'n matrieksertifikaat en is op 46-jarige ouderdom baie beter af as wat sy pa kon droom om te wees.

Sy seun het ook besluit dat hy nie verder gaan studeer na skool nie. Sy kop staan in 'n ambagsrigting (loodgieter) en sal waarskynlik saam met sy pa in die besigheid betrokke raak.

My persoonlike opinie is dat jy nie kan fouteer met 'n ambag in die huidige SA nie. Die tekorte is enorm en buitelandse werksgeleenthede is volop. Ons ambagsmanne is in groot aanvraag in Australië, Nieu-Seeland en Kanada (om enkeles te noem).

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/11/2025 - 12:00

....is om met sy eie hande te werk, sal altyd kos op die tafel hê. 

Sulke ambagsmanne met 'n besigheidsin, vaar meestal finansieel baie beter as ons ouens met grade wat vir die staat gewerk het.

Ek het verneem dat daar tans veral 'n groot aanvraag na meulmakers is, of dan "millwrights". 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 26/11/2025 - 12:19

Daar was die storie van die brein chirurg in wie se huis 'n pyp gebars het. Hy kry toe 'n loodgieter om die nodige herstelwerk te doen. Toe die ou klaar is gee hy sy rekening aan die chirurg. Die ou kry amper 'n beroerte van skok toe hy sien hoeveel hy moet betaal. Toe hy sy misnoeë aan die loodgieter te kenne gee reken die toe mos: "Ek weet presies hoe jy voel Dok, toe ek 'n chirurg was het ek dieselfde gevoel", "het toe maar 'n loodgieter ambag gaan doen"

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 26/11/2025 - 12:23

Wessel, ek wonder oor die millwright aanvraag ding. Dis iets wat sy oorsrpong in die destydse Yskor gehad het. Hierdie mense het meestal hulle ambag in die staalbedryf be-oefen. Dis juis die bedryf wat op die oomblik met rasse skrede agteruitgaan. Die Mittal werke in Newcastle is besig om te sluit, so ook die Vereeniging aanleg, Saldanha is al lank toe, en en en..

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 26/11/2025 - 15:39

Dit moet 3 to 4 jaar gewees het.

Dog my spelling het verbeter.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 26/11/2025 - 15:48

My wereld.  Ek moes ook huur betaal Chris S.  Het al vergeet van dit.  Wat my ma toe gedoen het was om n gedeelte van die geld by UNITED BUILDING SOCIETY n spaar rekening te open in my naam.  Die dag toe ek trou toe gee sy dit vir my.  Wonderlike ouers.

Wys jou net.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/11/2025 - 15:50

.... met verwysing na " 3 to 4 jaar" aanvaar ek jou wiskunde en rekenkundige vermoë is veel sterker as jou spellinglaugh

Moenie bekommer, ek weet jy tik vinnig by die werkwink

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 26/11/2025 - 16:04

Ek moes ook huur betaal 

As ek reg onthou moes jy dit doen as jy mondig word (voorheen 21) en ‘n werk het. Die manier wat my ouers my grootgemaak het, het my ‘n verantwoordelikheidsin gegee (iets waaroor ek soms spyt is devil).

My pa het my ook geleer om vir niks behalwe ‘n motorkar of ‘n huis skuld te maak nie. As ek nie nou grootliks skuldvry was nie sou ek nie kon bekostig om geld weg te dit vir ons kinders vir na skool nie. Of dit nou studies, ‘n ambag of ‘n besigheid begin gaan wees. Hulle sal darem ‘n paar Mandela’s hê om te help daarmee. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 26/11/2025 - 18:24

Ons het toe gou vanmiddag gaan koffie drink by Jan & Elmarie Meyer in Sedgefield. Ons was verlede jaar Oktober bevoorreg om saam met hulle, Len &Annatjie asook Neef & Yvonne in Karoo Nas Park saam te kuier.

Watter twee aangename mense! Geniet julle kuier by jul Namibië-kinders wat eersdaags aanbreek. Bederf daardie kleindogter, wat môre by julle aankom, uit haar sokkies uit. Ons wens dit was ons ver kleindogter wat by ons kon kom kuier.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 26/11/2025 - 19:08

... maak 'n luigat-lamskenkelpotjie. Hier wil-wil so hier en daar 'n druppel reën val. En as die reën laf word kan ons maklik binnenshuis skuif. Die braaiplekkie by die log home is buitendien 'n bietjie hoog - wat dit moeilik maak om in die pot te loer en te roer.

Mensig!! Die tyd gaan vinnig verby. Alweer ons voorlaaste aand hier in hierdie rustige mooi park. Die bosbokke, kolganse en tarentale wat só mak is, is 'n bonus.

Maar daar lê darem nog 2 aande voor in die Bontebokpark - een van my hart se sagte punte.

Ebb & Flow

Ebb & Flow

Ebb & Flow

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 26/11/2025 - 19:50

Baie dankie dat julle by ons omstandighede aangepas het met die kuier en veral vir die miergif. 

Dit was weereens lekker om saam te kuier en ons het dit baie geniet. Ons lag nou nog oor daardie Kuger petalje met die broek. smiley

 

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 26/11/2025 - 20:21

My ou swaer se altyd.  Jy betaal die krag, so sit die dam pot op krag.  Hy het so n klein plaaikie van CLICKS wat hy sy poikie op maak.  Dan maak hy van kakkk  praat hout  n vuur sodat dit atmosfeer skep....

 

Neef Herman, geen 34 spelfoute......

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus